Deur : Skriba  /  July 28th, 2013

KERKRAADSVERKIESING 19 AUG 2013

Die volgende wyke is vakant: 

Ouderlinge:  7, 8, 13, 14, 18, 19, 20, 21, 25, 26, 29, 30, 32, 34, Spruitrivier, Laer-Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Bordeaux, Blouvlei, Groenberg, Krommerivier, Patatskloof, Les Huguenote B, Dukes

Diakens:  1 Noord, 7, 8, 11, 12, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 24, 27, 28, 30, 31, 33, Spruitrivier, Uitsig, Laer Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Onder Berg & Dal, Blouvlei, Les Huguenots A, Les Huguenots B, Groenberg, Dukes, Hertzog

Dit is elke wykslid se verantwoordelikheid om ‘n ouderling en diaken te nomineer waarmee u kan saamwerk sodat ons gemeente optimaal kan funksioneer.

 

VERLOF

Ds Jan is nog met langverlof tot 31 Julie.

 

WILDSMARK 8 & 9 AUGUSTUS

Ons noem dit nou die Wildsmark i.p.v. Wildsfees.  Donderdag kan u “hamburgers” en “hotdogs” met Middelburg se wors en “patties” kom koop v/a 17:00 by die “Drive Thru” by Die Sentrum.  Vrydag v/a 09:00 kan u wild en nog vele eetgoed kom koop en geniet.  Sien ook die ingeslote pamflet en ons webwerf.  Nanvrae Danie Theart 021 873 1275.

 

40 DAE / 6 WEKE VAN SAAMWEES OM DIE WOORD

U kan deel wees deur:

  1. Die eredienste by te woon
  2. Elke dag ’n dagstukkie te lees
  3. Weekliks deel van ’n kleingroep te wees
  4. Weekliks saam met ’n groot groep in die kerk na ’n DVD te kyk wat daarna in kleiner groepe verdeel.  (Begin Sondag 4 Aug om 17:30 en daarna op Donderdagaande om 19:00 in die kerk)  Bediening aan kinders is ook op dieselfde tye beskikbaar.

Die 6 temas is soos volg:

  • Ken jy die groot ontferming van God?
  • Hoe om vir God te gee wat Hy soek
  • Laat God jou verander!
  • Ontdek jou ware self tussen ander
  • Gemeenskap:  ’n Nuwe lewe voor die Here!
  • Oorwin die bose

Die koste vir die dagboek en groepsboekie is R40-00.  Inskrywings en boekies (en gratis DVD vir kleingroepe) is na die oggenddiens by Elize in die voorportaal beskikbaar of by die kerkkantoor.  Gratis DVD’s is ook beskikbaar vir kleingroepe in die voorportaal of by die kerkkantoor.

 

UITSTAANDE T-HEMP GELDE

Ons herinner u vriendelik daaraan om uitstaande gelde vir T-hemde (kerk se 40ste verjaarsdag) wat reeds geneem is, asb by die kerkkantoor in te betaal.

 

HUWELIK MET VONK

4 Huweliksverrykingsgeleenthede word aangebied v/a 7 – 28 Aug op Woensdagaande v/a 19:00 – 20:00 in Die Sentrum.  Die temas is die vlg: (1) Net ek en jy (2) Grotman of Droomman/Droomvrou (3) Panado asb (4) Die klein jakkalsies (5) Praat jy? Hoor jy?  Toegang is gratis en die aanbieder is ds Jan.  Inskrywings by die kerkkantoor voor of op 31 Julie.

 

KLEREBANK BY KERK

Ons het netjiese klere by die kerk wat gratis beskikbaar is (of u kan ‘n donasie gee indien u wil).  Ons benodig tans aandklere wat vir bv ‘n Matriekafskeid/koshuisdinee geskik sal wees.  Indien u self klere nodig het of weet van iemand of indien u aandklere wil skenk, skakel die kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Gevangenes kan oor Kersfees baie broos en afgesonder voel van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie.  Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke ge- vangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur.   Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons te help deur ‘n kaartjie of meer te maak.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie dankie by voorbaat!  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

KINDERBANKE

Die agterste 3 banke in die kerk is asb vir ouers met kinders.

 

DEUROFFER

TOERUSTINGSBURO VIR INTERKULTURELE WERKERS rus lidmate, gestuurdes in gemeentes en die gemeenskap omvattend toe met toepaslike kursusse om optimale diens in interkulturele kontekste binne en buite RSA te lewer.  Belangrike sake soos dienslewering en samewerking in onbekende gemeenskappe, die uitdaging van interkulturele kommunikasie, hoe ons taal aanleer, kruiskulturele verkondiging van die evangelie, bediening in informele nedersettings en sinvolle gesprek en besluitnemning in interkulturele konteks word byvoorbeeld aangespreek. TIW se toerusting neem die spesifieke behoeftes, situasie en verwagte uitkomste van betrokke gemeentes of lidmate in ag.  Skakel gerus die direkteur dr Ryk van Velden by 082 857 4368; tiw@hugenote.co.za

 

NG GEMEENTE LA ROCHELLE BIED AAN

Ekerk se Stephan Joubert en Mynhardt van Pletsen bied op 15 Aug ‘n opwindende leer geleentheid aan by La Rochelle Gemeente, Bellville. Die tema is “Nuut gedink oor menswees vanuit die Bybel”. Die dag sal spesifiek wees vir enige leraars en gemeentebestuurders, asook enige besigheids- of bedieningsleiers wat met of in spanne funksioneer. Sien al die inligting by pierre@ekerk.org om meer uit te vind.

 

ENGELS-ONDERWYSER IN SUID-KOREA GESOEK

Ds (Rev) Johnny Chun van Suid-Korea, leraar by ’n onafhanklike Presbiteriaanse gemeente onderneem, as deel van hulle uitreikprogram, om ’n Engels-taalskool en benodig dus mense wat Engels kan onderrig. Dit hoef nie iemand met ’n Engels-kwalifikasie te wees nie, solank die persoon ’n graad het.  So ’n aanstelling geskied op ’n jaar tot jaar basis.  Ds Chun (uitgespreek “Tjan”) se e-posadres is mijohnny@daum.net.

In die Nuus