Deur : Skriba  /  August 14th, 2013

KERKRAADSVERKIESING 19 AUG 2013

Die volgende wyke is vakant: 

Ouderlinge:  7, 8, 13, 14, 18, 19, 20, 21, 25, 26, 29, 30, 32, 34, Spruitrivier, Laer-Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Bordeaux, Blouvlei, Groenberg, Krommerivier, Patatskloof, Les Huguenote B, Dukes

Diakens:  1 Noord, 7, 8, 11, 12, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 24, 27, 28, 30, 31, 33, Spruitrivier, Uitsig, Laer Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Onder Berg & Dal, Blouvlei, Les Huguenots A, Les Huguenots B, Groenberg, Dukes, Hertzog

Dit is elke wykslid se verantwoordelikheid om ‘n ouderling en diaken te nomineer waarmee u kan saamwerk sodat ons gemeente optimaal kan funksioneer.

 

40 DAE / ROETE 12:  U kan deel wees deur:

  1. Die eredienste by te woon.  2. Elke dag ’n dagstukkie te lees.  3. Weekliks deel van ’n kleingroep te wees.  4. Weekliks saam met ’n groot groep in die kerk na ’n DVD te kyk wat daarna in kleiner groepe verdeel.  (Dinsdae 10:00 en Donderdagaande 19:00 in die kerk)  Bediening aan kinders is ook op dieselfde tye beskikbaar.  Die 6 temas is soos volg:
  • Laat God jou verander!
  • Ontdek jou ware self tussen ander
  • Gemeenskap:  ’n Nuwe lewe voor die Here!
  • Oorwin die bose

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID

Augustus is Diens van Barmhartigheidsmaand en die diakens/ dienswerkers deel koevertjies uit in die wyke.  Die fondse is tbv ons gemeente se noodfonds en ons sinodale bydrae vir ouetehuise, kinderhuise ens.  Die koevertjies kan in die kollektebordjies geplaas word.

 

4X4 DAG 7 SEPT

By Porseleinberg en is tbv Diens van Barmhartigheid.  Vir verdere inligting  kontak Bennie Smith  083 651 3305 / info@kfcf.co.za

 

FIETSTOER

Die jaarlikse fietstoer vind weer plaas v/a 20 – 22 Sept.  Hou hierdie spasie dop vir meer inligting.

 

MIRIAM

Sondagaand 18 Augustus sal sy terugvoer gee aan die gemeente.   Op die stadium sal sy nie by kleiner groepies optree nie.  Sorg dus dat julle daar is om te hoor.   Haar nuusbrief van 26 Julie 2013 is nou beskikbaar by die kerkkantoor of by carina.t@ibits.co.za.  

 

FAMILIENUUS

Bydraes vir die 3de kwartaal se Familienuus kan nou aan die kerkkantoor of direk aan Christa van Rooyen by christa@safj.co.za gestuur word.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Gevangenes kan oor Kersfees baie broos en afgesonder voel van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie.  Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke ge- vangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur.   Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons te help deur ‘n kaartjie of meer te maak.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie dankie by voorbaat!  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

KLEREBANK BY KERK

Ons het netjiese klere by die kerk wat gratis beskikbaar is (of u kan ‘n donasie gee indien u wil).  Ons benodig tans aandklere wat vir bv ‘n Matriekafskeid/koshuisdinee geskik sal wees.  Indien u self klere nodig het of weet van iemand of indien u aandklere wil skenk, skakel die kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

ENGELS-ONDERWYSER IN SUID-KOREA GESOEK

Ds (Rev) Johnny Chun van Suid-Korea, leraar by ’n onafhanklike Presbiteriaanse gemeente onderneem, as deel van hulle uitreikprogram, om ’n Engels-taalskool en benodig dus mense wat Engels kan onderrig. Dit hoef nie iemand met ’n Engels-kwalifikasie te wees nie, solank die persoon ’n graad het.  So ’n aanstelling geskied op ’n jaar tot jaar basis.  Ds Chun (uitgespreek “Tjan”) se e-posadres is mijohnny@daum.net.

 

RITMEJAAR POST MATRIEKS 2014

Die plek waar post-matrieks toekomsplanne maak!  Is jy hierdie jaar in matriek?  Onseker oor wat jy in 2014 wil doen?  Die Ritmejaar is ’n unieke voltydse jaarlange program vir enige post-matrieks, wat aangebied word deur die Noordelike Sinode van die NG Kerk.  Van die opwindende aktiwiteite wat beplan word is Road Trip, Afrika uitreik,see wegbreek en verskeie kampe.  Vir alles wat jy moet weet, stuur epos aan info@ritmejaar.co.za of kontak Teodor by 072 433 0034 of Anru 083 469 6783.

 

DEUROFFER – VROUEBEDIENING

Die Sinodale Taakspan vir Vrouebegeleiding het nuut gedink oor God se roeping vir vroue.  In hierdie geloofsonderskeidende proses is Vroue met Vlerke gebore.  Tydens die geloofsreis help ons vroue om weer opnuut na God se stem te luister.  Hierdie reis sluit aan by Communitas se geloofsreis.  Ons taakspan is dankbaar vir die seën wat vroue ervaar in hul deelname aan die reis, asook die seën wat dit in gemeentes bring.  Skakel ons gerus by tel 021 808 9060, e-pos: ngkvroue@sun.ac.za om deel te neem aan hierdie opwindende reis.  ‘n Kwartaalblad, Interaksie, word uitgegee en vroue- en egparekampe gereël.  Besoek gerus ons webwerf by www.vroueweskaap.co.za

In die Nuus