Deur : Skriba  /  August 18th, 2013

40 DAE / ROETE 12:  U kan deel wees deur:

  1. Die eredienste by te woon.  2. Elke dag ’n dagstukkie te lees.  3. Weekliks deel van ’n kleingroep te wees.  4. Weekliks saam met ’n groot groep in die kerk na ’n DVD te kyk wat daarna in kleiner groepe verdeel.  (Dinsdae 10:00 en Donderdagaande 19:00 in die kerk)  Bediening aan kinders is ook op dieselfde tye beskikbaar.  Die 6 temas is soos volg:
  • Ontdek jou ware self tussen ander
  • Gemeenskap:  ’n Nuwe lewe voor die Here!
  • Oorwin die bose

 

AUGUSTUS = BARMHARTIGHEIDSMAAND: 

Gedurende die maand dink ons aan mense in nood.  U kan produkte vir ons noodkoskas gee of u kan ’n bydrae maak in die koevert wat u diaken vir u gegee het.  So help ons almal saam om honger mae in ons gemeente en elders te voed.  “Die gelowiges het toe besluit dat elkeen na sy vermoë sou bydra tot ’n hulpfonds wat vir hulle medege-lowiges wat in Judea woon, gestuur wou word.”  Han 11:29

 

MIDDELBURG WILDSWORD EN –MAALVLEIS

Daar is nog heerlike wildswors @ R30-00/500g en wildsmaalvleis @ R25-00/500g te koop by die kerkkantoor gedurende kantoorure en ook Woensdagaande tussen 18:00 en 19:00.

 

G-VOUCHER PROJEK

Wellington-Oos is v/a 26 – 30 Aug verantwoordelik vir die geestelike deel by die Posduifklub om 12:00.  Indien u belangstel om te help of net te gaan kyk, skakel Steenkamp Claassen 021 873 3163 /  083 650 8104.

 

LAERSKOOL UITREIK NA NIEU-BETHESDA

Gr 4 – 7’s is welkom om deel te wees!  Ons bied ’n Vakansie Bybelskool v/a 23 – 26 Sept aan vir 80 kinders op Nieu-Bethesda.  Kontak tannie Adell by 082 925 7190 vir meer inligting.  Daar is slegs 15 plekke beskikbaar.

 

MAKHATHINI UITREIK

Ds NJ, Marius Mostert en oom Jannie Fourie vertrek Saterdag 24  tot 31 Aug na Makhathini.  Marius en oom Jannie gaan loodgieterswerk doen aan ’n woonstel wat gebruik word vir uitreikspanne en ds NJ gaan om die predikant en geestelike leiers te ondersteun.  Hulle vra vir voorbidding vir hulle werk en ’n veilig reis.

 

4X4 DAG 7 SEPT

Ten bate van Diens van Barmhartigheid.  Hou die dag oop en dié spasie dop vlg Sondag vir meer inligting.  As jy nie ‘n 4X4 voertuig het nie, kom ry net saam.  Navrae:  Bennie Smith  083 651 3305 / info@kfcf.co.za

 

FIETSTOER 20 – 22 Sept

Ons ry vanjaar van Slanghoek na Bonnievale deur Rawsonville en Robertson.  Almal wat wil saamgaan, kry ’n borgvorm by die kerkkantoor of ds Jan.

 

MANNEKAMP 2013

V/a 13 – 15 Sept by die Voortrekkerkamp in Wemmershoek:  Koste beloop R280-00 pp wat verblyf, vermaak en etes insluit.  Belangstellendes kan hulle name vir Herbert Sills vanoggend na die erediens in die voorportaal gee of vir die kerkkantoor.  Navrae aan Herbert Sills 082 374 3146 /  herbert@atwealth.co.za 

 

MIRIAM

Sondagaand 18 Augustus sal sy terugvoer gee aan die gemeente.   Op die stadium sal sy nie by kleiner groepies optree nie.  Sorg dus dat julle daar is om te hoor.   Haar nuusbrief van 26 Julie 2013 is nou beskikbaar by die kerkkantoor of by carina.t@ibits.co.za.  

 

FAMILIENUUS

Ons wil graag foto’s met byskrifte plaas, eerder as lang berigte en verslae.  Stuur asb u bydraes aan die kerkkantoor of direk aan Christa van Rooyen by christa@safj.co.za voor Vrydag 30 Augustus.

 

VREUGDEDIENS KOMITEE

Vergader Don 22 Aug om 10:00 by Hetta Cloete se huis.  Let asb op dat dit ‘n veranderde datum is.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

 Gevangenes kan oor Kersfees baie broos en afgesonder voel van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie.  Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke ge- vangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur.   Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons te help deur ‘n kaartjie of meer te maak.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie dankie by voorbaat!  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

KLEREBANK BY KERK

Ons het netjiese klere by die kerk wat gratis beskikbaar is (of u kan ‘n donasie gee indien u wil).  Ons benodig tans aandklere wat vir bv ‘n Matriekafskeid/koshuisdinee geskik sal wees.  Indien u self klere nodig het of weet van iemand of indien u aandklere wil skenk, skakel die kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Volgende byeenkoms is Woens 21 Aug om 19:15 in Moeder se kerksaal.  Die spreker is Dr Roy Spammer  ~~  Internis/Endoskopis en sy onderwerp “ Die Fisiese Aspek van Depressie”  Kom luister asseblief na ‘n kenner en omgee mens!  Kontak my indien jy meer wil weet van ons aand.  Petro 072 709 8000 / 021 873 4688.

 

WELLINGTON NOORD BASAAR 31 AUG 09:00

Ontbyt (vanaf 08:00-11:00), Potjiekos( vanaf 10:30), Vleis, Poeding, Koeke,Terte, Beskuit, Brode, Wit Olifant Tafel, Pannekoek, Tuine en Tossels, Groente, Plante, Kinderspeel-goed en vermaak – moet dit nie misloop nie!!

 

DIENSJAAR VIR CHRISTUS 2014

Vir meer inligting gaan na www.vcsv.co.za  of kontak hulle by 021 887 0212 / djc@vcsv.co.za

 

RAPPORT ONDERWYSFONDS

Onderwystudente kan tot 16 September 2013 aansoek doen om leningsbeurse vir 2014.  Vir meer inligting gaan na www.rof.org.za of kontak Phil-Marie Roberts by 021 406 3699 / 073 122 8800 / Philmarie.Roberts@rapport.co.za 

 

DAUGHTERS OF ZION BYEENKOMS 7 SEPT BY WELLINGTON-OOS

Vir verdere inligting skakel Madele Smith 023 414 2941 / 0765585101.

 

DEUROFFER – JAN KRIEL INSTITUUT

Jan Kriel Instituut in Kuilsrivier bemagtig leerders met spesiale onderwys behoeftes.  Die gemeente se voorbidding, belangstelling en finansiering word met dankbaarheid erken.  Kinders met bv Disleksie, epilepsie en ander leerbehoeftes kry geleentheid om hulle volle potensiaal te ontwikkel.  By Jan Kriel word “belasting-afhanklikes” belastingbetalers en selfstandige burgers van die Here se Koninkryk.

In die Nuus