Deur : Skriba  /  August 29th, 2013

BYBELSONDAG

Tagtig jaar gelede op Sondag 27 Augustus 1933 is die eerste Bybel in Afrikaans amtelik in Bloemfontein in gebruik geneem.  Sedertdien het die Bybelgenootskap net meer as 11.1 miljoen Afrikaanse Bybels versprei.

 

40 DAE / ROETE 12

U kan deel wees deur:

  1. Die eredienste by te woon.  2. Elke dag ’n dagstukkie te lees.  3. Weekliks deel van ’n kleingroep te wees.  4. Weekliks saam met ’n groot groep in die kerk na ’n DVD te kyk wat daarna in kleiner groepe verdeel.  (Dinsdae 10:00 en Donderdagaande 19:00 in die kerk)  Bediening aan kinders is ook op dieselfde tye beskikbaar.  Die 6 temas is soos volg:
  • Gemeenskap:  ’n Nuwe lewe voor die Here!
  • Oorwin die bose

 

AUGUSTUS = BARMHARTIGHEIDSMAAND:

Gedurende die maand dink ons aan mense in nood en ook aan gestremde persone.  U kan produkte vir ons noodkoskas gee of u kan ’n bydrae maak in die koevert wat u diaken vir u gegee het.  So help ons almal saam om honger mae in ons gemeente en elders te voed.  “Die gelowiges het toe besluit dat elkeen na sy vermoë sou bydra tot ’n hulpfonds wat vir hulle medege-lowiges wat in Judea woon, gestuur sou word.”  Han 11:29

 

MAKHATHINI UITREIK

Ds NJ, Marius Mostert en Jannie Fourie is in Makhathini tot Sat 31 Aug.  Marius en Jannie doen loodgieterswerk aan ’n woonstel wat gebruik word vir uitreikspanne en ds NJ gee ondersteuning aan die predikant en geestelike leiers.  Hulle vra vir voorbidding vir hulle werk en ’n veilige terugreis.

 

MIDDELBURG WILDSWORS EN –MAALVLEIS

Daar is nog heerlike wildswors @ R30-00/500g en wildsmaalvleis @ R25-00/500g te koop by die kerkkantoor gedurende kantoorure en ook Woensdagaande tussen 18:00 en 19:00.

 

G-VOUCHER PROJEK

Wellington-Oos is v/a 26 – 30 Aug verantwoordelik vir die geestelike deel by die Posduifklub om 12:00.  Indien u belangstel om te help of net te gaan kyk, skakel Steenkamp Claassen 021 873 3163 /  083 650 8104.

 

LAERSKOOL UITREIK NA NIEU-BETHESDA

Gr 4 – 7’s is welkom om deel te wees!  Ons bied ’n Vakansie Bybelskool v/a 23 – 26 Sept aan vir 80 kinders op Nieu-Bethesda.  Kontak tannie Adell by 082 925 7190 vir meer inligting.  Daar is slegs 15 plekke beskikbaar.

 

4X4 DAG 7 SEPT

Ten bate van Diens van Barmhartigheid.  Hou die dag oop en dié spasie dop vlg Sondag vir meer inligting.  As jy nie ‘n 4X4 voertuig het nie, kom ry net saam.  Navrae:  Bennie Smith  083 651 3305 / info@kfcf.co.za

 

FIETSTOER 20 – 22 Sept

Ons ry vanjaar ten bate van me Estie Marais, ’n onderwyseres van Hugenote Hoërskool vir haar mediese uitgawes vir kankerbehandeling.  Ons ry van Slanghoek na Bonnievale deur Rawsonville en Robertson.  Almal wat wil saamgaan, kry ’n borgvorm by die kerkkantoor of ds Jan.

 

MANNEKAMP 2013

V/a 13 – 15 Sept by die Voortrekkerkamp in Wemmershoek:  Koste beloop R280-00 pp wat verblyf, vermaak en etes insluit.  Navrae aan Herbert Sills 082 374 3146 /  herbert@atwealth.co.za 

 

FAMILIENUUS

Ons wil graag foto’s met byskrifte plaas, eerder as lang berigte en verslae.  Stuur asb u bydraes aan die kerkkantoor of direk aan Christa van Rooyen by christa@safj.co.za voor Vrydag 30 Augustus.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Gevangenes kan oor Kersfees baie broos en afgesonder voel van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie.  Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke ge- vangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur.   Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons te help deur ‘n kaartjie of meer te maak.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie dankie by voorbaat!  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

HUIS ANDREW MURRAY

Benodig redelik dringend `n mikrogolfoond.  Indien enigiemand `n mikrogolfoond het wat in onbruik staan en net plek opneem in u kombuis of stoor, sal ons dit met groot dankbaarheid ontvang.  Elsabe Sauerman 021 873 3834/5  /  elsabe@andrewmurray.org.za

 

WELLINGTON NOORD BASAAR 31 AUG 09:00

Ontbyt (vanaf 08:00-11:00), Potjiekos( vanaf 10:30), Vleis, Poeding, Koeke,Terte, Beskuit, Brode, Wit Olifant Tafel, Pannekoek, Tuine en Tossels, Groente, Plante, Kinderspeel-goed en vermaak – moet dit nie misloop nie!!

 

DIENSJAAR VIR CHRISTUS 2014

Vir meer inligting gaan na www.vcsv.co.za  of kontak hulle by 021 887 0212 / djc@vcsv.co.za

 

RAPPORT ONDERWYSFONDS

Onderwystudente kan tot 16 September 2013 aansoek doen om leningsbeurse vir 2014.  Vir meer inligting gaan na www.rof.org.za of kontak Phil-Marie Roberts by 021 406 3699 / 073 122 8800 / Philmarie.Roberts@rapport.co.za

 

Verkose kerkraadslede 2013 – 2014

 

LEIEROUDERLING:  Pieter du Toit        LEIERDIAKEN:          Johann Swart

Ouderlinge

Wyk 7   – Susan Malherbe

Wyk 8   – Lounette v Niekerk (herkies)

Wyk 10 – Morné Nel

Wyk 13 – Chris Bester

Wyk 14 – Neil Vincent

Wyk 18 – Steenkamp Claassen

Wyk 19 – Paul Müller

Wyk 20 – Vakant

Wyk 21 – Manie Jurgens

Wyk 24 – Christa v/d Spuy

Wyk 25 – Emile Stassen

Wyk 26 – Mari Joubert (herkies 1 jr)

Wyk 29 – Pine Pienaar

Wyk 30 – Lana van Niekerk

Wyk 32 – Vakant

Wyk 34 – Cobus Smit

Spruitrivier – John MacKinnon

Laer-Uitsig –  Drikus Kotzé (herkies)

Uitsig-Noord – Le Roy le Riche

Uitsig-Suid  – Leon van Schalkwyk

Uitsig-Park – Deon Botha

Bordaeux – Vakant

Blouvlei – Hugo v/d Merwe

Groenberg – Barry Gillespie

Krommerivier – Shaun Doubell

Patatskloof – Fanie Louw

Les Huguenots B – Jannie Fourie

Dukes – Chris Venter

 

Diakens

Wyk 1 Noord – Johan Labuschagne (herkies)

Wyk 7   – Salie Gerber

Wyk 8   – Jeanette Burger

Wyk 11 – Braam Hugo

Wyk 12 – Mariana Geldenhuys

Wyk 13 – Gerhard Koorts

Wyk 14 – Martin Els

Wyk 15 – Suzanne Steenkamp (herkies d/w)

Wyk 17 – Christo Botha (herkies)

Wyk 18 – Esther Burger

Wyk 19 – Conrad du Bois

Wyk 20 – Helené van Bosch

Wyk 21 –  Henk Paxton

Wyk 24 –  Henk Lochner (d/w)

Wyk 27 –  Sarie Ollewagen (herkies)

Wyk 28 –  Marieta Visagie

Wyk 30 –  Phillip Saayman

Wyk 31 –  Gys Smit

Wyk 33 –  Trudie Spangenberg (d/w)                  

Spruitrivier –  Izanne Vosloo (d/w)

Uitsig –  Krige de Waal

Laer-Uitsig –  Marius Truter (herkies)

Uitsig-Noord –  Johan Nel

Uitsig-Suid –  Magda van Schalkwyk

Uitsig-Park –  Marina Botha         

Onder Berg-en-Dal –  Nico Marais

Blouvlei –  Helmien v/d Merwe (d/w)

Les Huguenots A –  Stadtler Kirsten

Les Huguenots B –  Cloetie Fourie

Groenberg –  Riaan Kühn

Dukes –  Johan Lourens (herkies)

Hertzog –  Kobus Kotze

In die Nuus