Deur : Skriba  /  September 1st, 2013

PRAYER WALK TER ONDERSTEUNING VAN G-VOUCHER PROJEK

Ons kom Vrydag 6 Sept om 19:00 by Die Sentrum bymekaar.  Tydens dié geleentheid gaan ons die plekke besoek waar die haweloses met die G-Vouchers bedien word.

 

MIDDELBURG WILDSWORS EN –MAALVLEIS

Daar is nog heerlike wildswors @ R30-00/500g en wildsmaalvleis @ R25-00/500g te koop by die kerkkantoor gedurende kantoorure en ook Woensdagaande tussen 18:00 en 19:00. 

 

SUNFIELD VERVOER

Ons is opsoek na persone wat bereid is om 1 X ‘n kwartaal te help met die vervoer van Sunfield inwoners na die aanddiens.  Ons maak gebruik van Sunfield se vervoer.  U moet verkieslik in besit van ‘n PDP wees.  Kontak Adell Erasmus 082 925 7190 indien u kan help. 

 

NIEU-BETHESDA UITREIK

Ons Laerskool jeug reik uit na 80 kinders gedurende die September vakansie. Ons bied ‘n Bybelskool vir hulle aan.  Indien u ‘n kontant bydrae t.o.v. brandstof / verblyf wil maak of balle, vetkryte, sport apparaat(gebruikte) ens. wil bydrae kan u dit by die kerkkantoor inhandig (gemerk Nieu Bethesda) of vir  Adell Erasmus skakel.  (082 925 7190)  Baie dankie vir u ondersteuning.

 

4X4 DAG

Sou plaasgevind het op Saterdag 7 September, maar as gevolg van die weer en die nat toestand van die roete, word dit uitgestel tot ’n latere datum.  Hou dié spasie dop vir meer inligting.

 

FIETSTOER 20 – 22 Sept

Ons ry vanjaar ten bate van me Estie Marais, ’n onderwyseres van Hugenote Hoërskool vir haar mediese uitgawes vir kankerbehandeling.  Ons ry van Slanghoek na Bonnievale deur Rawsonville en Robertson.  Almal wat wil saamgaan, kry ’n borgvorm by die kerkkantoor of ds Jan.

 

MANNEKAMP 2013

V/a 13 – 15 Sept by die Voortrekkerkamp in Wemmershoek:  Koste beloop R280-00 pp wat verblyf, vermaak en etes insluit.  Navrae aan Herbert Sills 082 374 3146 /  herbert@atwealth.co.za 

 

BASAAR MARKTAFEL

Groep 6 benodig asb al die ou hout klerehangers wat in u huis rondlê en nie gebruik word nie.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

DEUROFFER – INSTITUUT VIR DOWES

Die Instituut vir Dowes is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om vir Dowes taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Jesus Christus kon ontvang.  Die Instituut borg steeds die De la Batskool en die twee gemeentes vir Dowes in die Wes-Kaap.  Tans word Dowes ook as sendelinge opgelei om die meer as 400 000 onbereikte dowes in Suid-Afrika te bedien met die Woord.  Agtergeblewe volwasse Dowes ontvang vaardigheidsontwikkeling by die Instituut, terwyl 95 meervoudig gestremde volwasse Dowes ook deur die Instituut binne ‘n terapeutiese gemeenskap ontwikkel en versorg word.  ‘n Ouetehuis met 38 dowes word ook deur die Instituut bedryf.  Bid dat al die Dowes in SA ook die geleentheid sal kry om die boodskap van verlossing te ontvang.

 

 

Verkose kerkraadslede 2013 – 2014

 LEIEROUDERLING:  Pieter du Toit

Ouderlinge

Wyk 7   – Susan Malherbe

Wyk 8   – Lounette v Niekerk (herkies)

Wyk 10 – Morné Nel

Wyk 13 – Chris Bester

Wyk 14 – Neil Vincent

Wyk 18 – Steenkamp Claassen

Wyk 19 – Paul Müller

Wyk 20 – Vakant

Wyk 21 – Manie Jurgens

Wyk 24 – Christa v/d Spuy

Wyk 25 – Emile Stassen

Wyk 26 – Mari Joubert (herkies 1 jr)

Wyk 29 – Pine Pienaar

Wyk 30 – Lana van Niekerk

Wyk 32 – Vakant

Wyk 34 – Cobus Smit

Spruitrivier – John MacKinnon

Laer-Uitsig –  Drikus Kotzé (herkies)

Uitsig-Noord – Le Roy le Riche

Uitsig-Suid  – Leon van Schalkwyk

Uitsig-Park – Deon Botha

Bordeaux – Vakant

Blouvlei – Hugo v/d Merwe

Groenberg – Barry Gillespie

Krommerivier – Shaun Doubell

Patatskloof – Fanie Louw

Les Huguenots B – Jannie Fourie

Dukes – Chris Venter

 

LEIERDIAKEN:          Johann Swart

Diakens

Wyk 1 Noord – Johan Labuschagne (herkies)

Wyk 7   – Salie Gerber

Wyk 8   – Jeanette Burger

Wyk 11 – Braam Hugo

Wyk 12 – Mariana Geldenhuys

Wyk 13 – Gerhard Koorts

Wyk 14 – Martin Els

Wyk 15 – Suzanne Steenkamp (herkies d/w)

Wyk 17 – Christo Botha (herkies)

Wyk 18 – Esther Burger

Wyk 19 – Conrad du Bois

Wyk 20 – Helené van Bosch

Wyk 21 –  Henk Paxton

Wyk 24 –  Henk Lochner (d/w)

Wyk 27 –  Sarie Ollewagen (herkies)

Wyk 28 –  Marieta Visagie

Wyk 30 –  Phillip Saayman

Wyk 31 –  Gys Smit

Wyk 33 –  Trudie Spangenberg (d/w)                  

Spruitrivier –  Izanne Vosloo (d/w)

Uitsig –  Krige de Waal

Laer-Uitsig –  Marius Truter (herkies)

Uitsig-Noord –  Johan Nel

Uitsig-Suid –  Magda van Schalkwyk

Uitsig-Park –  Marina Botha         

Onder Berg-en-Dal –  Nico Marais

Blouvlei –  Helmien v/d Merwe (d/w)

Les Huguenots A –  Stadtler Kirsten

Les Huguenots B –  Cloetie Fourie

Groenberg –  Riaan Kühn

Dukes –  Johan Lourens (herkies)

Hertzog –  Kobus Kotze

In die Nuus