Deur : Skriba  /  September 24th, 2013

SPESIALE KERKRAADSVERGADERING

Sondag 6 Oktober direk na oggenddiens in die konsistorie vir die verkiesing van kerkraad vir vakante wyke.

 

PREDIKANTE VERLOF

Ds NJ is met verlof v/a 22 tot 26 September en ds Jan neem sy afnaweek 27 – 29 September.

 

VROUEKAMP 2013

“Vroue met vlerke”  Hou solank die naweek van 11 – 13 Okt oop.  Ons kamp in Kleinmond en die koste beloop R300-00 pp.  Inskrywings by die kerkkantoor voor 4 Oktober.  Ons benodig nog huisvesting in Kleinmond.  Indien u ‘n huis het om te verhuur of van iemand weet wat ’n huis het, skakel asb die kerkkantoor of Karen van As 021 873 5222 /  082 446 7002.

 

G-VOUCHER PROJEK

U kan G-Vouchers by die kerkkantoor koop en self vir mense in nood gee of u kan die koepons by die Posduifklub agter Moederkerk afgee en dan net die bedelaar van Maandag – Vrydag na die Posduifklub stuur.  Om 12:00 word hulle geestelik bedien, kry kos en moet help met opruiming.  Om die haweloses se menswaardigheid te probeer herstel, gaan ons hul as mense hanteer. Elke hawelose in Wellington se besonderhede gaan opgeteken word en die inligting in ‘n databasis versamel word.  Dit sal ons waardevolle statistiek kan bied vir toekomstige beplanning. Ons het ‘n inligtingsvorm vir elke individu wat ook sy foto insluit. Die Wellington gemeenskap word versoek om met hierdie proses te help. Enige vrywilliger kan Maandag tot Vrydag om 12:00 by die Posduifklub, waar ons kos gee, kom help om die inligting te bekom deur met die betrokke individu ‘n gesprek te voer en die vorm te voltooi.  Al wat u nodig het, is u eie pen of potlood! U is ook welkom om ‘n koppie sop saam met ons te geniet. Dit kan u lewe verryk!

Ons wil die inligting ook binnekort gebruik om persoonlike uitnodings aan hul te gee vir bywoning van World Homeless Day in Paarl op 10 Oktober.

 

EREDIENSTYE

Let asb daarop dat die eredienstye soggens vanaf 6 Oktober verander na 09:00.

 

POTJIEKOS VIR SNR BURGERS

Op 18 Okt om 12:30 kan ons senior burgers gratis kom smul aan potjiekos by die kerk.  Gee asb u name deur aan die kerkkantoor indien u dit wil bywoon.

 

GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE 09:00 IN KONSISTORIE

Indien u gebedsversoeke wil deurgee, skakel gerus met Steenkamp Claassen 021 873 3163 083 650 8104.

 

SUNFIELD VERVOER

Ons is opsoek na persone wat bereid is om 1 X ‘n kwartaal te help met die vervoer van Sunfield inwoners na die aanddiens.  Ons maak gebruik van Sunfield se vervoer.  U moet verkieslik in besit van ‘n PDP wees.  Kontak Adell Erasmus 082 925 7190 indien u kan help.

 

4X4 DAG

Sou plaasgevind het op Saterdag 7 September, maar as gevolg van die weer en die nat toestand van die roete was dit uitgestel tot 19 Oktober.  Hou dié spasie dop vir meer inligting.

 

BASAAR MARKTAFEL

Groep 6 benodig asb al die ou hout klerehangers wat in u huis rondlê en nie gebruik word nie. Hulle benodig ook leë 500 ml, 1L, 1.5L en 2L “Cokebottels” (of enige leë gaskoeldrankbottels) vir die maak van gemmerbier.  Ons is ook op soek na alle leë papier meel- en suikersakkies.  Laat asb by die kerkkantoor of by Amanda Anker te Sarembockstraat 10.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie dankie vir die Kerskaartjies wat ons reeds ontvang het.  Ons wil graag weer 600 kaartjies gereed kry om aan Hawequa en gevangenisse in die omgewing uit te deel om aan hulle geliefdes oor Kerstyd te stuur. Baie dankie vir elkeen wat ‘n kaartjie/s kan maak om ons te help.  Kontak Lounette van Niekerk  021 864 3175 / 082 774 9039.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

STELLENBOSCH STUDENTEKERKKOOR

Graag wil ons by Canticum ons opregte dank betuig vir die vriendelike ontvangs wat ons by jul gekry het tydens ons besoek aan Wellington.  Ons rig  ook graag ‘n uitnodiging aan die gemeente om ons Prestige Konsert op 11 Oktober by te woon.  Vir verdere inligtig kontak Suria Burger 084 251 1747  /  suriaburg@gmail.com

 

HUIS ANDREW MURRAY KERSFEES SKOENBOKSPROJEK IN AUGUSTUS – DIT KLINK NET NIE REG NIE!!!

As jy egter 150 kinders het, moet jy vroeg begin beplan om vir elkeen `n geskenkie te kan gee en as die skole `n week vroeër sluit, moet die kerspartytjie `n week vroeër gehou word – so dis die rede hoekom ons nou al begin dink aan Kersfees.  Die doel van die projek is om vir elke kind ‘n geskenk te kan gee tydens ons jaarlikse Kerspartytjie op 23 Nov.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van kinders verskaf.  U kan slegs vir een kind ook gee.  Aangesien skoenbokse deesdae `n skaars item is, kan u ook van `n geskenksakkie gebruik maak.  Ons webwerf: www.andrewmurray.org.za verskaf `n wenslys met items, waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u klere en skoengroottes benodig, kan u my kontak.  Ons sal graag die skoenbokse wil ontvang teen Vrydag, 8 Nov.  Baie dankie dat ons weer eens kan vra vir die projek – ons is elke jaar verbaas om te sien hoe mense se harte oop is vir ons kinders.  Elsabe Sauerman 021 873 3834/5 / elsabe@andrewmurray.org.za

 

TRAP VIR BYBELS FIETSTOER V/A WELLINGTON NA HARTENBOS 16 – 21 SEPT

TRAP VIR BYBELS is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hom daarop toespits om fondse te genereer namens die Bybelgenootskap sedert 2005.  Indien u hulle wil ondersteun en ‘n finansiële bedrae maak, kan u dit direk by hulle rekening inbetaal.  Die bankbesonderhede is soos volg:

Reknaam:       Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Bank:               ABSA

Rekeningno:    550 220 288 

Verwysing:      158782

 

DEUROFFER – PAARL-SKOOL

Daar is tans 320 kinders wat by Paarl Skool vir neuralgestremde kinders te Brackenfell skoolgaan.  Kinders met serebraal-, fisiese en leerafwykings, outistiese kinders en kinder swat in motorongelukke beseer is, kom na Paarl skool.  Met die hulp van spraak-, arbeids- en fisioterapeute en sielkundiges, ‘n verpleegsuster en spesiaal opgeleide onderwysers word elke kind geevalueer en kry individuele aandag volgens hul onderskeie behoeftes.  Vervoer in spesiaal aangepasde busse word vir 90% van die kinders voorsien.

Alhoewel die skool die normale kurrikulum van die Onderwysdepartement volg, word gespesialiseerde toerusting soos rystoele, opvoedkundige programme en spesiale rekenaars gebruik.  Gemeentes se ondersteuning word opreg waardeer.

 

Verkose kerkraadslede 2013 – 2014

Ouderlinge

Wyk 10 – Ronel van Wyk

Wyk 14 – Kobus Oosthuizen (herkies)

Wyk 32 – Dalene von Molendorff

Uitsig-Suid – Eben Erasmus

Uitsig-Park – Pierre le Roux

Bordeaux – Danell Lilly

Krommerivier – Trevor Viveiros

Onder Berg-en-Dal – Nella Brümmer

Uitsig – Suzan Wüst

 

Diakens

Wyk 14 – Rudolph Gericke

Wyk 19 – Johanna Visser (dienswerker)

Wyk 20 – Heléne van Bosch (herkies)

Wyk 31 – Nicolene Boshoff (dienswerker)

Groenberg – Stephen Viljoen

Uitsig-Park –  Deon Smith (dienswerker)

Uitsig-Noord – Lourens Viljoen

Onder Berg-en-Dal – Olivia Keyser

 

BASAAR 26 OKTOBER!!!

 

Ons sien uit na ‘n heerlike fees tot eer van die Here.  Die aand geniet ons die hoenderbraai.  Op die kalender kan u sien by watter groep en tafel u ingedeel is en wie die sameroepster is.  Sit asb hand by waar u kan.  U ouderling sal by u omkom met ‘n lys vir ‘n kontantbydrae (manne) en produktelys vir die vroue.  Gedurende Oktober sal die diakens/ dienswerkers hoenderbraaikaartjies @ R50 vir volwassenes en R15 vir kinders beskikbaar hê.

In die Nuus