Deur : Skriba  /  September 29th, 2013

SPESIALE KERKRAADSVERGADERING

Sondag 6 Oktober direk na oggenddiens in die konsistorie vir die verkiesing van kerkraad vir vakante wyke.

 

PREDIKANTE VERLOF

Ds Jan neem sy afnaweek 27 – 29 September.

 

VROUEKAMP 2013

“Vroue met vlerke”  Hou solank die naweek van 11 – 13 Okt oop.  Ons kamp in Kleinmond en die koste beloop R300-00 pp.  Inskrywings by die kerkkantoor voor 4 Oktober.  Ons benodig nog huisvesting in Kleinmond.  Indien u ‘n huis het om te verhuur of van iemand weet wat ’n huis het, skakel asb die kerkkantoor of Karen van As 021 873 5222 /  082 446 7002.

 

G-VOUCHER PROJEK

U kan G-Vouchers by die kerkkantoor koop en self vir mense in nood gee of u kan die koepons by die Posduifklub agter Moederkerk afgee en dan net die bedelaar van Maandag – Vrydag na die Posduifklub stuur.  Om 12:00 word hulle geestelik bedien, kry kos en moet help met opruiming.  Om die haweloses se menswaardigheid te probeer herstel, gaan ons hul as mense hanteer. Elke hawelose in Wellington se besonderhede gaan opgeteken word en die inligting in ‘n databasis versamel word.  Dit sal ons waardevolle statistiek kan bied vir toekomstige beplanning. Ons het ‘n inligtingsvorm vir elke individu wat ook sy foto insluit. Die Wellington gemeenskap word versoek om met hierdie proses te help. Enige vrywilliger kan Maandag tot Vrydag om 12:00 by die Posduifklub, waar ons kos gee, kom help om die inligting te bekom deur met die betrokke individu ‘n gesprek te voer en die vorm te voltooi.  Al wat u nodig het, is u eie pen of potlood! U is ook welkom om ‘n koppie sop saam met ons te geniet. Dit kan u lewe verryk!

Ons wil die inligting ook binnekort gebruik om persoonlike uitnodings aan hul te gee vir bywoning van World Homeless Day in Paarl op 10 Oktober.

 

EREDIENSTYE

Let asb daarop dat die eredienstye soggens vanaf 6 Oktober verander na 09:00.

 

MATRIEKETE

Indien enige matriekleerling nog nie ‘n skriftelike uitnodiging na die Matriekete op 9 Okt ontvang het nie, skakel asb die kerkkantoor.  Ons wil nie iemand per abuis uitlaat nie.

 

POTJIEKOS VIR SNR BURGERS

Op 18 Okt om 12:30 kan ons senior burgers gratis kom smul aan potjiekos by die kerk.  Gee asb u name deur aan die kerkkantoor indien u dit wil bywoon.

 

GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE 09:00 IN KONSISTORIE

Indien u gebedsversoeke wil deurgee, skakel gerus met Steenkamp Claassen 021 873 3163 083 650 8104.

 

SUNFIELD VERVOER

Ons is opsoek na persone wat bereid is om 1 X ‘n kwartaal te help met die vervoer van Sunfield inwoners na die aanddiens.  Ons maak gebruik van Sunfield se vervoer.  U moet verkieslik in besit van ‘n PDP wees.  Kontak Adell Erasmus 082 925 7190 indien u kan help.

 

BASAAR

Ons het u hulp met die vlg nodig – kontak asb die kerkkantoor indien u kan help:

  • Marktafel benodig asb al die ou hout klerehangers wat in u huis rondlê en nie gebruik word nie. Hulle benodig ook leë 500 ml, 1L, 1.5L en 2L “Cokebottels” (of enige leë gaskoeldrankbottels) vir die maak van gemmerbier.  Ons is ook op soek na alle leë papier meel- en suikersakkies.  Laat asb by die kerkkantoor of by Amanda Anker te Sarembockstraat 10.  
  • Mannetafel soek nog baie goeie bruikbare artikels wat u nie meer wil gebruik nie.  U kan dit by die kerkkantoor afgee of by Nico van Zyl Dorisrylaan 49 / 084 619 5507.
  • Ontbytkaartjies vir die oggend van die basaar is nou ook by die kerkkantoor te koop @ R45-00
  • Indien u enige plek wil help of enige ander bydraes wil lewer, skakel asb die kerkkantoor 

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie dankie vir die Kerskaartjies wat ons reeds ontvang het.  Ons wil graag weer 600 kaartjies gereed kry om aan Hawequa en gevangenisse in die omgewing uit te deel om aan hulle geliefdes oor Kerstyd te stuur. Baie dankie vir elkeen wat ‘n kaartjie/s kan maak om ons te help.  Kontak Lounette van Niekerk  021 864 3175 / 082 774 9039.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

ACVV FYNGOUD DIENSSENTRUM

Bied aan Don 3 Okt die klug “Die Wilde Weduwee”.  Prys is R40-00 en kaartjies is beskikbaar by die Dienssentrum of by die deur die aand van opvoering.  Tyd is 19:00 in die Wellington-Oos Kerksaal.  Vir meer inligting kontak Janet Myburg  : 021 873 4682.

 

DEUROFFER – STRAATWERK

Is ‘n Christen organisasie wat uitreik na mense in nood in Kaapstad.  Ons reik onder andere uit na: vroue vasgevang in prostitusie (en hulle kinders), hawelose mense en diegene wat betrokke is in die nagklubkultuur van ons stad (dwelmhandelaars, mans betrokke in prostitusie, nagklubgangers ens).  Ons hoofdoel is om die Goeie Nuus van Jesus Christus met hulle te deel en om hulle te help hoe ookal moontlik (voedsel, klere, basiese mediese hulp, krisisverblyf).  Met Projek OPRUIM / Jesus Saves word hawelose mense ‘n geleentheid gebied om “kontant in die hand” te verdien en met die Waardevol vir Jesus Veldtog  is ons poging om voorkomend op te tree teen prostitusie, pornografie en misbruik.

 

Verkose kerkraadslede 2013 – 2014

Ouderlinge                                               Diakens

Wyk 10 – Ronel van Wyk                          Wyk 14 – Rudolph Gericke

Wyk 14 – Kobus Oosthuizen (herkies)       Wyk 19 – Johanna Visser (dienswerker)

Wyk 32 – Dalene von Molendorff                Wyk 20 – Heléne van Bosch (herkies)

Uitsig-Suid – Eben Erasmus                      Wyk 31 – Nicolene Boshoff (dienswerker)

Uitsig-Park – Pierre le Roux                       Groenberg – Stephen Viljoen

Bordaeux – Danell Lilly                              Uitsig-Park –  Deon Smith (dienswerker)

Krommerivier – Trevor Viveiros                    Uitsig-Noord – Lourens Viljoen

Onder Berg-en-Dal – Nella Brümmer           Onder Berg-en-Dal – Olivia Keyser

Uitsig – Suzan Wüst

                                                                 

BASAAR 26 OKTOBER!!!

 

Ons sien uit na ‘n heerlike fees tot eer van die Here.  Die aand geniet ons die hoenderbraai.  Op die kalender kan u sien by watter groep en tafel u ingedeel is en wie die sameroepster is.  Sit asb hand by waar u kan.  U ouderling sal by u omkom met ‘n lys vir ‘n kontantbydrae (manne) en produktelys vir die vroue.  Gedurende Oktober sal die diakens / dienswerkers hoenderbraaikaartjies @ R50 vir volwassenes en R15 vir kinders beskikbaar hê.

In die Nuus