Deur : Skriba  /  October 6th, 2013

VROUEKAMP 2013

“Vroue met vlerke”  Die naweek van 11 – 13 Okt.  Ons kamp in Kleinmond en die koste beloop R300-00 pp.  Daar is nog plek vir 4 persone.  Skakel asb die kerkkantoor of Karen van As 021 873 5222 /  082 446 7002 indien u wil saamgaan.

 

ELEKTRONIESE BETALINGS AAN DIE KERK

Ons vra baie groot asb dat u seker sal maak dat die verwysing (“BESKRYWING OP BEGUNSTIGDESTAAT”) wat bestaan uit (1) ‘n van en (2) waarvoor dit spesifiek is, ingevul is.  Bv “Grobbelaar basaar” of “Grobbelaar dankoffer”.  Indien u dit ‘n anonieme betaling wil maak, spesifiseer dan net nog steeds duidelik waarvoor dit is.  Ons ontvang op hierdie stadium ‘n groot aantal betalings met geen of onduidelike verwysings.  Ons verkies en waardeer dit dat u wel elektroniese betalings maak om sodoende ons bankkostes laag te hou, maar wil dit net graag na die korrekte rekenings kanaliseer.

 

SNR BURGER KOORFEES

Ons nooi u hartlik uit na die jaarlikse Senior Koorfees op Woensdag 9 Okt v/a 09:30 tot ± 12:30.  Toegang is R10-00 en dit sluit die program en ‘n koppie tee met “ietsie te kou” in.  Die tee en eetdingetjie word reeds vanaf 08:30 in die kerksaal bedien.  Hetta Cloete.

 

G-VOUCHER PROJEK

U kan G-Vouchers by die kerkkantoor koop en self vir mense in nood gee of u kan die koepons by die Posduifklub agter Moederkerk afgee en dan net die bedelaar van Maandag – Vrydag na die Posduifklub stuur.  Om 12:00 word hulle geestelik bedien, kry kos en moet help met opruiming.  Om die haweloses se menswaardigheid te probeer herstel, gaan ons hul as mense hanteer. Elke hawelose in Wellington se besonderhede gaan opgeteken word en die inligting in ‘n databasis versamel word.  Dit sal ons waardevolle statistiek kan bied vir toekomstige beplanning. Ons het ‘n inligtingsvorm vir elke individu wat ook sy foto insluit. Die Wellington gemeenskap word versoek om met hierdie proses te help. Enige vrywilliger kan Maandag tot Vrydag om 12:00 by die Posduifklub, waar ons kos gee, kom help om die inligting te bekom deur met die betrokke individu ‘n gesprek te voer en die vorm te voltooi.  Ons wil die inligting ook binnekort gebruik om persoonlike uitnodings aan hul te gee vir bywoning van World Homeless Day in Paarl op 10 Oktober.

 

MATRIEKETE

Indien enige matriekleerling nog nie ‘n skriftelike uitnodiging na die Matriekete op 9 Okt ontvang het nie, skakel asb die kerkkantoor.  Ons wil nie iemand per abuis uitlaat nie.

 

POTJIEKOS VIR SNR BURGERS

Op 18 Okt om 12:30 kan ons senior burgers gratis kom smul aan potjiekos by die kerk.  Gee asb u name deur aan die kerkkantoor indien u dit wil bywoon.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 om by die basaar en ander geleenthede te dra.  T-hemde is by die kerkkantoor beskikbaar.

 

LUISTERPROSES

Ons nooi elke lidmaat uit om Maandag 14 Okt v/a 19:00 – 21:00 by Die Sentrum te kom luister na wat ons reeds gehoor het uit die Skrif, navrae aan gemeentelede en uit die gemeenskap.  U insette sal waardeer word.  Ds Bossie Muller is die fasiliteerder.

 

KLEINGROEPE

Mense wat wil inskakel by ’n gesins- of Bybelstudiegroep skakel asb met ds NJ.

 

FIETSTOER 2013

Die mooi netto bedrag van R14 769-83 gaan aan me Estie Marais, ’n plaaslike onderwyseres by Hugenote Hoërskool wat aan kanker ly, oorhandig word.  Die fondse gaan aangewend word vir haar mediese onkostes.  Ons sê baie dankie aan elkeen wat betrokke was by die fietstoer en so ‘n groot sukses daarvan gemaak het.

 

MBEKWENI SOPKOMBUIS

Hulle het dringend hande nodig om te help met die maak van sop.  Indien u kans sien om te help, kontak asb vir Baby Botha by 021 873 4612 / 082 501 7209.

 

GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE 09:00 IN KONSISTORIE

Indien u gebedsversoeke wil deurgee, skakel gerus met Steenkamp Claassen 021 873 3163 083 650 8104.

 

SUNFIELD VERVOER

Ons is opsoek na persone wat bereid is om 1 X ‘n kwartaal te help met die vervoer van Sunfield inwoners na die aanddiens.  Ons maak gebruik van Sunfield se vervoer.  U moet verkieslik in besit van ‘n PDP wees.  Kontak Adell Erasmus 082 925 7190 indien u kan help.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie dankie vir die Kerskaartjies wat ons reeds ontvang het.  Ons wil graag weer 600 kaartjies gereed kry om aan Hawequa en gevangenisse in die omgewing uit te deel om aan hulle geliefdes oor Kerstyd te stuur. Baie dankie vir elkeen wat ‘n kaartjie/s kan maak om ons te help.  Kontak Lounette van Niekerk  021 864 3175 / 082 774 9039.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

HUIS ANDREW MURRAY KERSFEES SKOENBOKSPROJEK

Die doel van die projek is om vir elke kind ‘n geskenk te kan gee tydens ons jaarlikse Kerspartytjie op 23 Nov.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van kinders verskaf.  U kan slegs vir een kind ook gee.  Aangesien skoenbokse deesdae `n skaars item is, kan u ook van `n geskenksakkie gebruik maak.  Ons webwerf: www.andrewmurray.org.za verskaf `n wenslys met items, waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u klere en skoengroottes benodig, kan u my kontak.  Ons sal graag die skoenbokse wil ontvang teen Vrydag, 8 Nov.  Baie dankie dat ons weer eens kan vra vir die projek – ons is elke jaar verbaas om te sien hoe mense se harte oop is vir ons kinders.  Elsabe Sauerman 021 873 3834/5 / elsabe@andrewmurray.org.za

 

STELLENBOSCH STUDENTEKERKKOOR

Graag wil ons by Canticum ons opregte dank betuig vir die vriendelike ontvangs wat ons by jul gekry het tydens ons besoek aan Wellington.  Ons rig  ook graag ‘n uitnodiging aan die gemeente om ons Prestige Konsert op 11 Oktober by te woon.  Vir verdere inligtig kontak Suria Burger 084 251 1747  /  suriaburg@gmail.com

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Die Heidelbergse Kategismus is 450 jaar oud.  Dit is die leerstellinge waarop ons kategese begrond is en wat sê hoe ons as gereformeerdes die Bybel en Verlossing verstaan.

Vraag en antwoord 1:

Vraag:  Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?

Antwoord:  Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe (a) nie aan myself (b) nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort (c).  Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal (d) en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos (e).  Hy bewaar (f) my op so ‘n wyse dat, sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie (g).  Alles moet inderdaad tot my saligheid dien (h).  Daarom verseker (i) Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe (k).

 

BASAAR 26 OKTOBER 2013!!!

Ons sien uit na ‘n heerlike fees tot eer van die Here.  Die aand geniet ons die hoenderbraai.  Op die kalender kan u sien by watter groep en tafel u ingedeel is en wie die sameroepster is.  Sit asb hand by waar u kan.  U ouderling sal by u omkom met ‘n lys vir ‘n kontantbydrae (manne) en produktelys vir die vroue.  Gedurende Oktober sal die diakens / dienswerkers hoenderbraaikaartjies @ R50 vir volwassenes en R15 vir kinders beskikbaar hê.

 

GEMEENTEKONSERT:   Tema: 40 jaar JONK!

Alle talentvolles, begaafdes en snaakses (of nie) kom meld asb aan vir die gemeente konsert.  Moet asb nie skaam wees nie – kontak vandag nog vir Adell Erasmus 082 925 7190 / Tannie Hetta  021 873 3158 / 082 717 3062.  Ons wil almal betrek – groot, klein, oud, jonk, snaaks, ernstig. 

Oefentye is as volg:

Woensdagaand, 16 Ok  – 18:30 –  20:00  

Donderdagaand, 17 Okt – 19:00 -20:00

Woensdagaand, 23 Okt  – 19:00 – 20:00  

Donderdagaand, 24 Okt  – kleedrepetisie 19:00 tot klaar

 

  • Marktafel benodig asb al u ou hout klerehangers wat nie meer gebruik word nie asook leë 500 ml, 1L, 1.5L en 2L leë koeldrankbottels vir die maak van gemmerbier.  Ons is ook op soek na alle leë papier meel- en suikersakkies.  Laat asb by die kerkkantoor of by Amanda Anker Sarembockstraat 10.
  • Mannetafel soek nog baie goeie bruikbare artikels wat u nie meer wil gebruik nie.  U kan dit by die kerkkantoor afgee of by Nico van Zyl Dorisrylaan 49 / 084 619 5507.
  • Kindertafel het ook 2L leë koeldrank bottels nodig asook Ricoffy blikke van alle groottes.
  • Ontbytkaartjies vir die oggend van die basaar is by die kerkkantoor te koop @ R45-00.
  • Nuwe tafel:  “2de Handse Speelgoed” – Ons wil graag nuwe tafels op die basaar begin.  Indien u enige 2de handse/gebruikte speelgoed het waarmee nie meer gespeel word nie, is u baie welkom om dit aan die kerk te skenk.  U kan dit by die kerkkantoor afgee of vir Hennie Engelbrecht kontak by 021 864 1799 / 082 562 3950 om dit af te haal.

Indien u enige plek wil help of enige ander bydraes wil lewer, skakel asb die kerkkantoor.

In die Nuus