Deur : Skriba  /  October 20th, 2013

Verkose kerkraadslede 2013 – 2014

Ouderlinge                                                Diakens

Wyk 20 – Danie Theart                           Wyk 14 – Attie Steenkamp

Wyk 32 – Theuns Botha                         Bordeaux – Danell Lilly (dienswerker)

Bordeaux – Frikkie Grobbelaar             Hertzog – Elize Hickman (dienswerker)

                                                                    Onder Berg-en-Dal – Ben Steenkamp (dienswerker)

 

ELEKTRONIESE BETALINGS AAN DIE KERK

Ons vra baie groot asb dat u seker sal maak dat die verwysing (“BESKRYWING OP BEGUNSTIGDESTAAT”) wat bestaan uit (1) ‘n van en (2) waarvoor dit spesifiek is, ingevul is.  Bv “Grobbelaar basaar” of “Grobbelaar dankoffer”.  Indien u dit ‘n anonieme betaling wil maak, spesifiseer dan net nog steeds duidelik waarvoor dit is.  Ons ontvang op hierdie stadium ‘n groot aantal betalings met geen of onduidelike verwysings.  Ons verkies en waardeer dit dat u wel elektroniese betalings maak om sodoende ons bankkostes laag te hou, maar wil dit net graag na die korrekte rekenings kanaliseer.

 

FAMILIENUUS

Artikels vir die Kersuitgawe moet asb voor einde Okt by die kerkkantoor wees.

 

VROUEDIENSAFSLUITING

Alle vrouelidmate word uitgenooi na die KK&K op 12 November om 19:00 in die kerksaal.  Indien u by die huis Kersgeskenkpapier, oorskiet en/of netjiese reeds gebruiktes het wat u wil skenk, sal ons dit waardeer indien u dit asb by die kerkkantoor sal afgee.

 

SENIOR BEDIENING

Die ouer lidmate mis oom Gideon se besoeke.  As daar lidmate is wat bereid is om seniors bo 75 te besoek, skakel asb met een van die predikante.

 

NUUS VAN MIRIAM

Miriam het laat weet dat dit goed gegaan het met haar besoek aan Turkye en dat dit ‘n baie geseënde tyd was, maar dat sy ‘n geestelike laagtepunt beleef en min energie het.  Volgens haar terapeut is dit normaal na ‘n traumatiese ervaring.  So ONS MOET VIR HAAR BID!!  Sy is terug in Spanje, maar het verlede Donderdag (10 Okt) na Israel gevlieg as verteen-woordiger van haar organisasie op ‘n gebeds “summit”.  Sy keer volgende Woensdag weer terug na Spanje.  Bid asb vir eenheid met die onderhandelinge,  teenaanvalle van die viand, vrede as sy deur die Israeliese grenspos gaan (haar vorige land se visum is in haar paspoort en kan baie vrae ontlok), die Here se beskerming weereens oor haar en dat Sy wil in haar lewe sal geskied.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 om by die basaar en ander geleenthede te dra.  T-hemde is te koop by Cummings Gastehuis.

 

MBEKWENI SOPKOMBUIS

Hulle het dringend nog fondse nodig vir die aankoop van bestandele vir die sop.  Indien u kans sien om bestandele en/of geld te skenk, kontak asb vir Baby Botha by 021 873 4612 / 082 501 7209 vir volledige inligting.

 

VREUGDEDIENS

Komitee vergader Woens 23 Okt om 10:00 by Hetta Cloete se huis.

 

GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE 09:00 IN KONSISTORIE

Indien u gebedsversoeke wil deurgee, skakel gerus met Steenkamp Claassen 021 873 3163 083 650 8104.

 

G-VOUCHER PROJEK

U kan G-Vouchers by die kerkkantoor koop en self vir mense in nood gee of u kan die koepons by die Posduifklub agter Moederkerk afgee en dan net die bedelaar van Maandag – Vrydag na die Posduifklub stuur.  Om 12:00 word hulle geestelik bedien, kry kos en moet help met opruiming.  Om die haweloses se menswaardigheid te probeer herstel, gaan ons hul as mense hanteer. Elke hawelose in Wellington se besonderhede gaan opgeteken word en die inligting in ‘n databasis versamel word.  Dit sal ons waardevolle statistiek kan bied vir toekomstige beplanning. Ons het ‘n inligtingsvorm vir elke individu wat ook sy foto insluit. Die Wellington gemeenskap word versoek om met hierdie proses te help. Enige vrywilliger kan Maandag tot Vrydag om 12:00 by die Posduifklub, waar ons kos gee, kom help om die inligting te bekom deur met die betrokke individu ‘n gesprek te voer en die vorm te voltooi.

Ons wil die inligting ook binnekort gebruik om persoonlike uitnodings aan hul te gee vir bywoning van World Homeless Day in Paarl op 10 Oktober.

 

SUNFIELD VERVOER

Ons is opsoek na persone wat bereid is om 1 X ‘n kwartaal te help met die vervoer van Sunfield inwoners na die aanddiens.  Ons maak gebruik van Sunfield se vervoer.  U moet verkieslik in besit van ‘n PDP wees.  Kontak Adell Erasmus 082 925 7190 indien u kan help.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie dankie vir die Kerskaartjies wat ons reeds ontvang het.  Ons wil graag weer 600 kaartjies gereed kry om aan Hawequa en gevangenisse in die omgewing uit te deel om aan hulle geliefdes oor Kerstyd te stuur. Baie dankie vir elkeen wat ‘n kaartjie/s kan maak om ons te help.  Kontak Lounette van Niekerk  021 864 3175 / 082 774 9039.

 

KLEINGROEPE

Mense wat wil inskakel by ’n gesins- of Bybelstudiegroep skakel asb met ds NJ.

 

ONDERSTEUN UITREIK NA SIRIESE VLUGTELINGE

Duisende Siriese Moslem vlugtelinge bevind hulle tans in verskillende state rondom Sirië. Uit besoeke aan en onderhoude met sodanige vlugtelinge blyk dit dat daar by baie ’n geestelike honger en ’n groot openheid is om oor die Christelike geloof te praat en saam met Christene te bid. Te midde van hierdie burgeroorlog maak die Here ’n unieke geleentheid oop om die liefde van God aan mense in woord en daad te kommunikeer. All Nations in Kaapstad onder leiding van die welbekende en gerespekteerde kerkplanter Floyd  McClung, het opgeleide mense gereed om uit te reik na Siriese Moslems vlugtelinge in lande om Sirië. Hulle benodig egter befondsing om die mense na die streke te stuur. Die Getuieniskommissie het besluit om ’n bedrag uit die algemene fondse van die Geloofsoffer aan All Nations te stuur om hulle met die befondsing van sodanige uitreike te help. Indien enige gemeentelid ook ’n bydrae vir hierdie baie belangrike uitreike wil maak, kan die bydrae by die kerkkantoor in die loop van die week inbetaal word. Een bedrag bestaande uit die geloofsofferbydrae en gemeentelede bydraes sal dan aan All Nations gestuur word.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Ons volgende byeenkoms is Woens 23 Okt om 19:00 by  die Kerksaal van Moedergemeente.  Die spreker, Wynand Theron, praat oor “ Innerlike Vrede teenoor Selfdood”.  Kom luister gerus en vertel ook asb vir ander van ons groep. Kontak asb vir Hedwig 084 583 8959.

 

BASAAR 26 OKTOBER 2013!!!

Ons sien uit na ‘n heerlike fees tot eer van die Here.

 

GEMEENTEKONSERT:   Tema: 40 jaar JONK!

 

Alle talentvolles, begaafdes en snaakses (of nie) kom meld asb aan vir die gemeente konsert.  Moet asb nie skaam wees nie – kontak vandag nog vir Adell Erasmus 082 925 7190 / Tannie Hetta  021 873 3158 / 082 717 3062.  Ons wil almal betrek – groot, klein, oud, jonk, snaaks, ernstig.

Oefentye is as volg:

Woensdagaand, 23 Okt  – 19:00 – 20:00  

Donderdagaand, 24 Okt  – kleedrepetisie 19:00 tot klaar

Kan iemand in die gemeente dalk ‘n CD of plaat van die Grafsteensangers  en/of ou kerkhoede vir ons leen vir die konsert – kontak Lounette van Niekerk  021 864 3175 / 0827749039. 

  • Marktafel benodig asb al u ou hout klerehangers wat nie meer gebruik word nie, alle leë papier meel- en suikersakkies en leë glas speserybotteltjies.  Verder benodig hulle asb ook baie dringend enige groente-, vrugte- of kruieskenkings vir die dag van die basaar. Laat asb by die kerkkantoor of by Amanda Anker Sarembockstraat 10, 021 873 7263 of  082 327 1102.  
  • Mannetafel soek nog baie goeie bruikbare artikels wat u nie meer wil gebruik nie.  U kan dit by die kerkkantoor afgee of by Nico van Zyl Dorisrylaan 49 / 084 619 5507.
  • Ontbytkaartjies vir die oggend van die basaar is by die kerkkantoor te koop @ R45-00.
  • Nuwe tafels:  “2de Handse Speelgoed” – Ons wil graag nuwe tafels op die basaar begin.  Indien u enige 2de handse/gebruikte speelgoed het waarmee nie meer gespeel word nie, is u baie welkom om dit aan die kerk te skenk.  U kan dit by die kerkkantoor afgee of vir Hennie Engelbrecht kontak by 021 864 1799 / 082 562 3950 om dit af te haal. 
  • Draf/stap/fietsry:  Gratis vanjaar
  • Speletjies:  Hulle het nog  hande nodig om te help met “Gesiggieverf”.  Kontak vir Adell Erasmus 082 925 7190 indien u kan help.  Hulle het ook nog volwassenes nodig vir toesig op die treintjie – kontak Louise Engelbrecht 021 864 1799.
  • Kleinkoekietafel:  Sal nog bydraes vir die tafel baie waardeer. Verpak asb in sakkies van 250g of lewer vooraf onverpak af by Susan Linde, Les Huguenots 47. Sal dit ook by u huis kom afhaal indien u dit so verkies. Bel Susan Linde by 072 658 0858. Baie dankie.
  • Kafee:  Benodig leë 5L roomysbakke of emmertjies met deksels.  Gee asb af by die kerkkantoor.

Ons benodig dringend nog hande vir verkope by die tafels en ook vir die vooraf voorbereiding van produkte.  Op die kalender kan u sien by watter groep en tafel u wyk ingedeel is en wie die sameroepster is.  Bel haar asb indien u kan help.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 2: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe?

Antwoord: Drie dinge (a): Ten eerste, hoe groot my sonde en ellende is (b); ten tweede; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word (c) en ten derde hoe ek God vir so ’n verlossing dankbaar moet wees (d).

(a) Matt 11:28-30;  Ef 5:8. (b) Joh 9:41;  Matt 9:12;  Rom 3:10;  1 Joh 1:9;10. (c) Joh 17:3;  Hand 4:12,  10:43. (d) Ef 5:10;  Ps 50:14;  Matt 5:16;  1 Pet 2:12;  Rom 6:13;  2 Tim 2:15.

In die Nuus