Deur : Skriba  /  October 31st, 2013

GEMEENTEFEES

Baie dankie aan almal wat bygedra het om ons Gemeentefees so ‘n suksesvolle en wonderlike fees tot eer van die Here te gemaak het!

 

TIENERKAMP (GR 8 – 12)

Ons gaan kamp v/a 29 Nov tot 2 Des.  Onthou die datum en hou hierdie spasie dop vir meer inligting.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2014 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 25 November.

 

ELEKTRONIESE BETALINGS AAN DIE KERK

Ons vra baie groot asb dat u seker sal maak dat die verwysing (“BESKRYWING OP BEGUNSTIGDESTAAT”) wat bestaan uit (1) ‘n van en (2) waarvoor dit spesifiek is, ingevul is.  Bv “Grobbelaar basaar” of “Grobbelaar dankoffer”.  Indien u dit ‘n anonieme betaling wil maak, spesifiseer dan net nog steeds duidelik waarvoor dit is.  Ons ontvang op hierdie stadium ‘n groot aantal betalings met geen of onduidelike verwysings.  Ons verkies en waardeer dit dat u wel elektroniese betalings maak om sodoende ons bankkostes laag te hou, maar wil dit net graag na die korrekte rekenings kanaliseer.

 

FAMILIENUUS

Artikels vir die Kersuitgawe moet asb voor einde Okt by die kerkkantoor wees.

 

VROUEDIENSAFSLUITING

Alle vrouelidmate word uitgenooi na die KK&K op 12 November om 19:00 in die kerksaal.  Indien u by die huis Kersgeskenkpapier, oorskiet en/of netjiese reeds gebruiktes het wat u wil skenk, sal ons dit waardeer indien u dit asb by die kerkkantoor sal afgee.

 

SENIOR BEDIENING

Die ouer lidmate mis oom Gideon se besoeke.  As daar lidmate is wat bereid is om seniors bo 75 te besoek, skakel asb met een van die predikante.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 om by die basaar en ander geleenthede te dra.  T-hemde is te koop by Cummings Gastehuis.

 

GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE 09:00 IN KONSISTORIE

Indien u gebedsversoeke wil deurgee, skakel gerus met Steenkamp Claassen 021 873 3163 083 650 8104.

 

WELLINGTON-OOS G-VOUCHER WEEK 4 – 8 November

U kan G-Vouchers by die kerkkantoor koop en self vir mense in nood gee of u kan die koepons by die Posduifklub agter Moederkerk afgee en dan net die bedelaar van Maandag – Vrydag na die Posduifklub stuur.  Om 12:00 word hulle geestelik bedien, kry kos en moet help met opruiming.  Van 4 – 8 November is dit Wellington-Oos gemeente se verantwoordelikheid om die mense geestelik en met kos te bedien.  Mense wat kan help, skakel asb met Steenkamp Claassen 021 873 3163 / 083 650 8104 of daag net 12:00 op by die Posduifklub agter Moedergemeente.

 

SUNFIELD VERVOER

Ons is opsoek na persone wat bereid is om 1 X ‘n kwartaal te help met die vervoer van Sunfield inwoners na die aanddiens.  Ons maak gebruik van Sunfield se vervoer.  U moet verkieslik in besit van ‘n PDP wees.  Kontak Adell Erasmus 082 925 7190 indien u kan help.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie dankie vir die Kerskaartjies wat ons reeds ontvang het.  Ons wil graag weer 600 kaartjies gereed kry om aan Hawequa en gevangenisse in die omgewing uit te deel om aan hulle geliefdes oor Kerstyd te stuur. Baie dankie vir elkeen wat ‘n kaartjie/s kan maak om ons te help.  Kontak Lounette van Niekerk  021 864 3175 / 082 774 9039.

 

KLEINGROEPE

Mense wat wil inskakel by ’n gesins- of Bybelstudiegroep skakel asb met ds NJ.

 

ONDERSTEUN UITREIK NA SIRIESE VLUGTELINGE

Duisende Siriese Moslem vlugtelinge bevind hulle tans in verskillende state rondom Sirië. Uit besoeke aan en onderhoude met sodanige vlugtelinge blyk dit dat daar by baie ’n geestelike honger en ’n groot openheid is om oor die Christelike geloof te praat en saam met Christene te bid. Te midde van hierdie burgeroorlog maak die Here ’n unieke geleentheid oop om die liefde van God aan mense in woord en daad te kommunikeer. All Nations in Kaapstad onder leiding van die welbekende en gerespekteerde kerkplanter Floyd  McClung, het opgeleide mense gereed om uit te reik na Siriese Moslems vlugtelinge in lande om Sirië. Hulle benodig egter befondsing om die mense na die streke te stuur. Die Getuieniskommissie het besluit om ’n bedrag uit die algemene fondse van die Geloofsoffer aan All Nations te stuur om hulle met die befondsing van sodanige uitreike te help. Indien enige gemeentelid ook ’n bydrae vir hierdie baie belangrike uitreike wil maak, kan die bydrae by die kerkkantoor in die loop van die week inbetaal word. Een bedrag bestaande uit die geloofsofferbydrae en gemeentelede bydraes sal dan aan All Nations gestuur word.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

HUIS ANDREW MURRAY KERSFEES SKOENBOKSPROJEK

Die doel van die projek is om vir elke kind ‘n geskenk te kan gee tydens ons jaarlikse Kerspartytjie op 23 Nov.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van kinders verskaf.  U kan slegs vir een kind ook gee.  Aangesien skoenbokse deesdae `n skaars item is, kan u ook van `n geskenksakkie gebruik maak.  Ons webwerf: www.andrewmurray.org.za verskaf `n wenslys met items, waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u klere en skoengroottes benodig, kan u my kontak.  Ons sal graag die skoenbokse wil ontvang teen Vrydag, 8 Nov.  Baie dankie dat ons weer eens kan vra vir die projek – ons is elke jaar verbaas om te sien hoe mense se harte oop is vir ons kinders.  Elsabe Sauerman 021 873 3834/5 / elsabe@andrewmurray.org.za

 

CHARLOTTE CUPIDO KERKKORE AAND

Donderdag 31 Okt 19:00 in die Wellington Stadsaal.  Vrywillige donasie by die deure.  Vir verdere inligting skakel Herman Bailey 082 901 5050.

 

CELEBRATION-ETE

Ons nooi jou en jou gesin hartlik uit om saam met ons die goedheid van die Here te vier tydens ons “‘Celebration-ete” op 17 Nov om 12:00 (stiptelik) in Drakenstein Kerksaal om dankie te sê vir jou betrokkenheid en hulp gedurende die jaar.  Bring asb jou eie eetgerei en drinkgoed, ons verskaf die kos en die nagereg.  Laat weet asb teen 8 November of julle saam in ons vreugde gaan deel.  Lona Liebenberg liebies4@absamail.co.za

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 81: Wie moet na die nagmaalstafel van die Here kom?

Antwoord: Hulle wat vanweë hulle sondes ’n afkeer van hulleself het, maar tog vertrou dat dit hulle om Christus wil vergewe is en dat die swakhede wat nog oor is, met sy lyding en sterwe bedek is; en die wat ook begeer om hulle geloof hoe langer hoe meer te versterk en hulle lewe te verbeter. Maar die huigelaars en die wat hulle nie van harte tot God bekeer nie, eet en drink ’n veroordeling oor hulleself (a) 1 Kor 11:28;  10:19-22.

In die Nuus