Deur : Skriba  /  November 3rd, 2013

GEOPENDE DEURE

Thys Visser besoek ons tydens die oggenddiens op 10 November.

 

TIENERKAMP (GR 8 – 12)

Ons gaan kamp v/a 29 Nov tot 2 Des.  Onthou die datum en hou hierdie spasie dop vir meer inligting.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2014 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 25 November.

 

MANNESANGGROEP

Indien daar nog manne is wat graag deel wil wees van ons Mannesanggreop, skakel asb die kerkkantoor.

 

ELEKTRONIESE BETALINGS AAN DIE KERK

Ons vra baie groot asb dat u seker sal maak dat die verwysing (“BESKRYWING OP BEGUNSTIGDESTAAT”) wat bestaan uit (1) ‘n van en (2) waarvoor dit spesifiek is, ingevul is.  Bv “Grobbelaar basaar” of “Grobbelaar dankoffer”.  Indien u dit ‘n anonieme betaling wil maak, spesifiseer dan net nog steeds duidelik waarvoor dit is.  Ons ontvang op hierdie stadium ‘n groot aantal betalings met geen of onduidelike verwysings.  Ons verkies en waardeer dit dat u wel elektroniese betalings maak om sodoende ons bankkostes laag te hou, maar wil dit net graag na die korrekte rekenings kanaliseer.

 

VROUEDIENSAFSLUITING

Alle vrouelidmate word uitgenooi na die KK&K op 12 November om 19:00 in die kerksaal.  Indien u by die huis Kersgeskenkpapier, oorskiet en/of netjiese reeds gebruiktes het wat u wil skenk, sal ons dit waardeer indien u dit asb by die kerkkantoor sal afgee.

 

SENIOR BEDIENING

Die ouer lidmate mis oom Gideon se besoeke.  As daar lidmate is wat bereid is om seniors bo 75 te besoek, skakel asb met een van die predikante.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 om by die basaar en ander geleenthede te dra.  T-hemde is te koop by die kerkkantoor.

 

GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE 09:00 IN KONSISTORIE

Indien u gebedsversoeke wil deurgee, skakel gerus met Steenkamp Claassen 021 873 3163 083 650 8104.

 

WELLINGTON-OOS G-VOUCHER WEEK 4 – 8 November

U kan G-Vouchers by die kerkkantoor koop en self vir mense in nood gee of u kan die koepons by die Posduifklub agter Moederkerk afgee en dan net die bedelaar van Maandag – Vrydag na die Posduifklub stuur.  Om 12:00 word hulle geestelik bedien, kry kos en moet help met opruiming.  Van 4 – 8 November is dit Wellington-Oos gemeente se verantwoordelikheid om die mense geestelik en met kos te bedien.  Mense wat kan help, skakel asb met Steenkamp Claassen 021 873 3163 / 083 650 8104 of daag net 12:00 op by die Posduifklub agter Moedergemeente.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie dankie vir die die pragtige gees van samewerking en liefde wat ons ervaar deur die Kerskaartjies wat reeds ontvang is.   Ons wil graag die kerskaartjies teen 20 November 2013 aan die gevangenes oorhandig sodat hulle genoeg tyd het om dit voor Kersfees aan hulle geliefdes en familie te kan stuur. Baie dankie vir elkeen wat reeds kaartjies gemaak het.  Daar is nog tyd indien u graag  nog ‘n paar wil maak.  KONTAK: Lounette van Niekerk  021 864 3175 / 082 7749039.

 

KLEINGROEPE

Mense wat wil inskakel by ’n gesins- of Bybelstudiegroep skakel asb met ds NJ.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

NUUS VAN MIRIAM

Miriam is terug in Spanje na haar besoek aan Jerusalem.  Dank die Vader vir Sy liefdevolle beskermimg tydens die besoek – met haar terugreis is sy wel baie ondervra en deeglik maar met respek deursoek.  Die ” PRAYER SUMMIT” in Jerusalem was baie geseënd, ou vriendskappe is weer verstewig.  In Spanje kon sy advies kry van “wyse” mense wat ook deur soortgelyke trauma gegaan het.  Sy voel nog nie gereed om belangrikke besluite oor haar toekoms te maak nie. Haar energievlakke en breinaktiwiteite bly laag.

BID ASB VIR:

haar volkome genesing

vrede en duidelikheid oor haar toekoms

haar “Noord-Afrika” land  se mense waar ‘n burgeroorlog dreig.

 

HUIS ANDREW MURRAY KERSFEES SKOENBOKSPROJEK

Die doel van die projek is om vir elke kind ‘n geskenk te kan gee tydens ons jaarlikse Kerspartytjie op 23 Nov.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van kinders verskaf.  U kan slegs vir een kind ook gee.  Aangesien skoenbokse deesdae `n skaars item is, kan u ook van `n geskenksakkie gebruik maak.  Ons webwerf: www.andrewmurray.org.za verskaf `n wenslys met items, waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u klere en skoengroottes benodig, kan u my kontak.  Ons sal graag die skoenbokse wil ontvang teen Vrydag, 8 Nov.  Baie dankie dat ons weer eens kan vra vir die projek – ons is elke jaar verbaas om te sien hoe mense se harte oop is vir ons kinders.  Elsabe Sauerman 021 873 3834/5 / elsabe@andrewmurray.org.za

 

CELEBRATION-ETE

Ons nooi jou en jou gesin hartlik uit om saam met ons die goedheid van die Here te vier tydens ons “‘Celebration-ete” op 17 Nov om 12:00 (stiptelik) in Drakenstein Kerksaal om dankie te sê vir jou betrokkenheid en hulp gedurende die jaar.  Bring asb jou eie eetgerei en drinkgoed, ons verskaf die kos en die nagereg.  Laat weet asb teen 8 November of julle saam in ons vreugde gaan deel.  Lona Liebenberg liebies4@absamail.co.za  

In die Nuus