Deur : Skriba  /  November 10th, 2013

BELYDENISKLAS

Belydenisklas en ouers ontmoet ds NJ net na die oggenddiens in die ouderlingsbanke.  Belydenisklas ontmoet mekaar weer om 17:15 onder die boom vir ‘n groepfoto en hul ontmoeting daarna om 17:30 met die Dagbestuur in die konsistorie.

 

LUISTERPROSES

Op Maandag 25 Nov om 19:00 in Die Sentrum kyk ons na ‘n opsomming van wat ons die afgelope tyd gehoor het uit die Bybel, die gemeente en die gemeenskap.  Kom luister en gesels gerus saam.

 

AFSLUITING VAN KATEGESE

Die afsluiting en prysuitdeling vind plaas op Sondag 17 Nov direk na die oggenddiens.  Niel Buchner gaan die lofprysing behartig en alle ouers word uitgenooi om dit by te woon.

 

TIENERKAMP (GR 8 – 12)

Ons gaan by Hartenbos kamp v/a 29 Nov tot 2 Des.  Die koste verbonde aan die kamp is R350 pp en die . inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor of by ds Jan.

 

NOODKAS

Die Barmhartigheidsbediening wil graag baie dankie sê vir al die bydraes deur die jaar – finansieël, kos en klere.  Dit word opreg waardeer.  Daar is nou veral behoefte aan koekies, lekkers, jellie en aanmaakkoeldrank vir die vakansietyd.

 

WORS EN MAALVLEIS

Daar is nog heerlike wors (gemaak van Wellington-Oos se wenresep) @ R30/500g en maalvleis @ R25/500g te koop by die kerkkantoor.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2014 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 25 November.  Die Lig tydskrif se rakprys is v/a Febr 2014 R35-50, maar as u deur die kerk inskryf kos dit R25-03.  Hoe meer mense deur die kerk inskryf, hoe minder kos dit.

 

SOPKOMBUIS

Die sopkombuis het dringend bestandele en fondse nodig om hulle in staat te stel om sop tot aan die einde van die jaar te voorsien.  Indien u ‘n skenking wil maak, kontak Baby Botha 021 873 4612 / 082 501 7209 vir meer inligting.

 

MANNESANGGROEP

Indien daar nog manne is wat graag deel wil wees van ons Mannesanggreop, skakel asb die kerkkantoor.

 

VERLORE GOEDERE

Artikels wat na kampe, funksies ens agtergebly het by die kerk, word in Die Sentrum uitgestal tot einde Nov.  Indien dit nie opgeëis is teen daardie tyd nie, gaan dit verkoop word om die noodkas se fondse te versterk.

 

GELOOFSOFFERS

Hiermee % wat reeds ontvang is vanaf 1 Maart tot 30 September 2013: Mosambiek 54.7;  Mbekweni 21.4: Amos 96.5; 10/40 Venster 89.4;  Madasgaskar 76.2; Jeug 31.8. Die volgende instansies se bydraes is reeds 100%+; Makhathini; Algemeen; Noord-Afrika; Arbeidsbediening; TIW; Malawi.  Die Getuieniskommissie bedank lidmate wat reeds reageer het, en versoek dat u sal voortgaan tot u Geloofsoffer ten volle betaal is. Die Kommissie maak van tyd tot tyd uitbetalings van gelde wat ontvang is.

 

G-VOUCHER

Dankie aan almal wat díe week gehelp het by die kos- en woordbedieningDaar word gewerk aan ‘n databasis met volledige inligting van elke hawelose  – foto, agtergrond, vaardighede.  Vrydag 15 November 11 uur by die Marthasaal gaan Norsa die mediese toetsing doen (suster en 2 beraders) en verwys na klinieke waar nodig.   Kom asseblief help om die mense te ontvang en om die inligting te orden vir die databasis.

 

WELLINGTON-OOS VROUEDIENSAFSLUITING 2013

U word uitgenooi na ‘n KK&K (Kerskaar- tjies, Koek en Kuier) met ‘n Franse Flair op Dinsdag 12 November om 19:00 in die kerksaal.  Die drag is swart en/of wit en toegang is gratis.  Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor en groep- leidsters.  ‘n Silwerkollekte gaan wel opgeneem word vir die aankoop van seëls.

 

SENIOR BEDIENING

Die ouer lidmate mis oom Gideon se besoeke.  As daar lidmate is wat bereid is om seniors bo 75 te besoek, skakel asb met een van die predikante.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 om by die basaar en ander geleenthede te dra.  T-hemde is te koop by die kerkkantoor.

 

GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE 09:00 IN KONSISTORIE

Indien u gebedsversoeke wil deurgee, skakel gerus met Steenkamp Claassen 021 873 3163 083 650 8104.

 

KLEINGROEPE

Mense wat wil inskakel by ’n gesins- of Bybelstudiegroep skakel asb met ds NJ.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

LOF & AANBIDDINGSKONFERENSIE (MUSIEKWERKSWINKEL)

“Met wat ek het!” word aangebied deur Moedergemeente v/a Vrydagaand 22 Nov 17:00 (registrasie16:00)  tot Saterdagmiddag 23 Nov 15:00.  Kaartjies kos R250-00 pp wat etes insluit.  Dit is ‘n unieke en besondere geleentheid waar almal wat betrokke is by Musiekbediening en –begeleiding opleiding kry by Niel Buchner en ander kundiges.  Inskrywingsvorms beskikbaar by die kerkkantoor.  Vir meer inligting kontak Jandre 084 383 7427 / jandrviljoen@gmail.com of Marlize 083 958 3181 / Marlize@britos.co.za

 

HUIS ANDREW MURRAY

Ons benodig dringend die dienste van ‘n voorlaaier (trekker met tipbak) plus die operateur om ons tuinvullis te verwyder.  Hiermnee saam benodig ons ook die diens van ‘n persoon met ‘n vragmotor, verkieslik met tipbak, vir die wegry van die tuinvuilgoed.  Indien daar iemand is wie kan help, kontak vir Johann by 021 873 3834. Ons wil graag ‘n netjieser woonomgewing vir ons inwoners en bure skep. Dankie vir onbaatsugtige ondersteuning deur die jaar.

 

JAN KRIEL LIGGIEBOOM

Dit vind vanjaar op Saterdag 23 Nov plaas.  Die hekke maak reeds 17:30 oop.  Die mense kan hulle eie piekniekmandjie bring, maar verversings sal ook te koop aangebied word.  Die program vind plaas vanaf 19:00 – 21:00.  Die gaskunstenaar is Rouchelle Liedemann.  Die koor van die Grondslagfase gaan ook deelneem. Volwassenes R50 en skool -gaande kinders R30.  Die aand word afgesluit met die hoogtepunt: Die aansteek van die liggies van die Liggieboom.  Vir meer inligting kontak Anetha Hattingh 021 903 0434 / anetha@jankriel.co.za

 

GEBEDSIMFONIE

Die maandelikse Gebedsimfonie (intergemeentelike biduur vir herlewing en sendelinge) ontmoet weer vanmiddag om 15:30 by Eerste laan 22, Wellington. Ons sal spesiaal bid vir die vervolgde kerk in baie lande. Bring jou eie gebedsonderwerpe saam.  Almal welkom.  Vir meer inligting: ds Attie van Wijk 082 557 9796.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 4: Wat eis die wet van God van ons?

Antwoord: Dit leer Christus ons samevattend in Matteus 22:37-40:  “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete” (a). (a) Deut 6:5; Lev 19:18; Mark 12:30; Luk 10:27

In die Nuus