Deur : Skriba  /  November 17th, 2013

KINDERBEDIENING

Alhoewel dit vandag die Kategese se afsluiting is, sal daar wel nog vlg Sondag 24 Nov Kleuter-, Peuter- en Kinderkerk wees.

 

LUISTERPROSES

Op Maandag 25 Nov om 19:00 in Die Sentrum kyk ons na ‘n opsomming van wat ons die afgelope tyd gehoor het uit die Bybel, die gemeente en die gemeenskap.  Kom luister en gesels gerus saam.

 

TIENERKAMP (GR 8 – 12)

Ons gaan by Hartenbos kamp v/a 29 Nov tot 2 Des.  Die koste verbonde aan die kamp is R350 pp en die . inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor of by ds Jan.  Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 25 November.

 

NOODKAS

Die Barmhartigheidsbediening wil graag baie dankie sê vir al die bydraes deur die jaar – finansieël, kos en klere.  Dit word opreg waardeer.  Daar is nou veral behoefte aan koekies, lekkers, jellie en aanmaakkoeldrank vir die vakansietyd.

 

WORS EN MAALVLEIS

Daar is nog heerlike wors (gemaak van Wellington-Oos se wenresep) @ R30/500g en maalvleis @ R25/500g te koop by die kerkkantoor.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2014 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 25 November.  Die Lig tydskrif se rakprys is v/a Febr 2014 R35-50, maar as u deur die kerk inskryf kos dit R25-03.  Hoe meer mense deur die kerk inskryf, hoe minder kos dit.

 

SOPKOMBUIS

Die sopkombuis het dringend bestandele en fondse nodig om hulle in staat te stel om sop tot aan die einde van die jaar te voorsien.  Indien u ‘n skenking wil maak, kontak Baby Botha 021 873 4612 / 082 501 7209 vir meer inligting.

 

VERLORE GOEDERE

Artikels wat na kampe, funksies ens agtergebly het by die kerk, word in Die Sentrum uitgestal tot einde Nov.  Indien dit nie opgeëis is teen daardie tyd nie, gaan dit verkoop word om die noodkas se fondse te versterk.

 

SENIOR BEDIENING

Die ouer lidmate mis oom Gideon se besoeke.  As daar lidmate is wat bereid is om seniors bo 75 te besoek, skakel asb met een van die predikante.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 om by die basaar en ander geleenthede te dra.  T-hemde is te koop by die kerkkantoor.

 

GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE 09:00 IN KONSISTORIE

Indien u gebedsversoeke wil deurgee, skakel gerus met Steenkamp Claassen 021 873 3163 083 650 8104.

 

KLEINGROEPE

Mense wat wil inskakel by ’n gesins- of Bybelstudiegroep skakel asb met ds NJ.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

LOF & AANBIDDINGSKONFERENSIE (MUSIEKWERKSWINKEL)

“Met wat ek het!” word aangebied deur Moedergemeente v/a Vrydagaand 22 Nov 17:00 (registrasie16:00) tot Saterdag- middag 23 Nov 15:00.  Kaartjies kos R250-00 pp wat etes insluit.  Dit is ‘n unieke en besondere geleentheid waar almal wat betrokke is by Musiekbediening en –begeleiding opleiding kry by Niel Buchner en ander kundiges.  Inskrywingsvorms beskikbaar by die kerkkantoor.  Vir meer inligting kontak Jandre 084 383 7427 / jandrviljoen@gmail.com of Marlize 083 958 3181 / Marlize@britos.co.za

 

MURRAY MARK

26 – 30 Nov Ma-Vry 09:00-19:00 en Sat 09:00-13:30.  Kom kuier saam by ons. Meer as 80 uitstallers, vars produkte, deli & “pop-up” koffiewinkel!  Doen jou Kersinkopies onder een dak, kuier saam met ‘n vriendin en kom kry hope inspirasie in ons voorportaal!

 

JAN KRIEL LIGGIEBOOM

Dit vind vanjaar op Saterdag 23 Nov plaas.  Die hekke maak reeds 17:30 oop.  Die mense kan hulle eie piekniekmandjie bring, maar verversings sal ook te koop aangebied word.  Die program vind plaas vanaf 19:00 – 21:00.  Die gaskunstenaar is Rouchelle Liedemann.  Die koor van die Grondslagfase gaan ook deelneem. Volwassenes R50 en skool -gaande kinders R30.  Die aand word afgesluit met die hoogtepunt: Die aansteek van die liggies van die Liggieboom.  Vir meer inligting kontak Anetha Hattingh 021 903 0434 / anetha@jankriel.co.za

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 5: Kan jy die wet van God ten volle nakom?

Antwoord: (a) Nee, (b) want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat.

(a) Rom 3:10, 20, 23;  1 Joh 1:8, 10. (b) Rom 8:7;  2:3; Tit 3:3;  Gen 6:5; 8:21;  Jer 17:9;  Rom 7:23.

In die Nuus