Deur : Skriba  /  December 1st, 2013

PREDIKANTE VERLOF

Ds NJ is met verlof v/a 6 – 26 Des en ds Jan v/a 27 Des – 14 Jan.

 

SLUIT VAN KERKKANTOOR

Die kantoor sal gesluit wees v/a 23 Des tot 3 Jan.

 

KALENDERS

2014 se kalenders is beskikbaar en sal deur die ouderlinge uitgedeel word.

 

BRING EN BRAAI BY DIE KERK 3 DESEMBER!

Ons sluit die jaar af met ‘n bring en braai by die kerk op Dinsdag 3 Desember v/a 18:00.  Hout, braaidromme en roosters word verskaf.  Bring asb u eie stoele, tafels en eet- & drinkgoed.  As u wyk of kleingroep nie kom saambraai nie, kom kuier gerus nog steeds lekker saam.

 

RYBEURTE VIR RHODA KOHLER

Indien u kan help met rybeurte vir bestraling na Cape Gate, kontak asb vir Ronel van Wyk 021  873 3704 / 079 523 4587.

 

NOODKAS

Die Barmhartigheidsbediening wil graag baie dankie sê vir al die bydraes deur die jaar – finansieël, kos en klere.  Dit word opreg waardeer.  Daar is nou veral behoefte aan koekies, lekkers, jellie en aanmaakkoeldrank vir die vakansietyd.

 

WORS EN MAALVLEIS

Daar is nog maalvleis @ R25/500g te koop by die kerkkantoor.

 

VERLORE GOEDERE

Artikels wat na kampe, funksies ens agtergebly het by die kerk, word in Die Sentrum uitgestal tot einde Nov.  Indien dit nie opgeëis is teen daardie tyd nie, gaan dit verkoop word om die noodkas se fondse te versterk.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 om by die basaar en ander geleenthede te dra.  T-hemde is te koop by die kerkkantoor.

 

STRAATVERKOPING  –  FEBRUARIE 2014

Is u kaste so vol ou klere dat daar nie plek is vir die pragtige nuwe somernommertjies waarna u hart smag nie?   OF lê daar orals in die huis oortollige goed rond wat net in u pad is?  Ons kan help!!   Maak u kaste leeg en skenk dit vir die Getuienis- kommissie se rommelverkoping  vroeg in die nuwe jaar.  Kontak die kerkkantoor of Lounette van Niekerk  021 864 3172 / 082 774 9039.

 

ROSE PLANT IN VICTORIA PARK

Maandag 2 Desember van 18:00 – 19:00 plant Wellington-Oos gemeente rose.  Kom ons maak dit ‘n gemeente aksie!  Indien u nie Maan kan kom nie, kan u v/a Dinsdag tot Vrydag ook tussen 18:00 en 19:00 gaan help.  Neem net asb u eie graaf en as u wil ‘n teks op ‘n papiertjie.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

STUCKI GEDENKSAAL

By Stucki Gedenksaal word tans dienste vir plaaswerkers gehou. In die toekoms sal die saal waarskynlik ook vir ander verdienstelike sake benut word.  Die volgende is ’n lys van items wat nog benodig word om die saal ten volle toe te rus vir algemene gebruik.  

  • Gordyne: 16 lengtes van 2.3m; 2 lengtes van 1 m en 3 lengtes van 0.900m. U kan ook ’n lengte borg teen R150-00 per meter.
  • Kombuis: koffiebekers, teelepels, glase, elektriese ketel of urn.
  • Kateder vir die saal. 
  • Yskas wat nog werk.

Enige donasie sal waardeer word – u kan dit by die kerkkantoor afgee.

In die Nuus