Deur : Skriba  /  January 12th, 2014

PREDIKANTE VERLOF

Ds Jan is nog met verlof tot 14 Januarie.

 

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 13 – 17 Januarie Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.

 

PA & KIND KAMP

Ons kamp v/a 24 – 26 Jan by  Beaverlac naby Porterville.  Elkeen bring se eie eet & drinkgoed – daar is ‘n klein winkeltjie.  Die kostes beloop R15-00 per motor + R45-00 per persoon per nag.  Daar is geen elektrisiteit nie, maar hope pret.  Om in te skryf en/of meer inligting, skakel Lennox Ochse  079 892 1988.

 

KATEGESE VRUGTEFEES 31 JAN OM 19:00

Kinders en ouers hou solank hierdie datum oop!!!!

 

SENIOR BEDIENING

Die seniors mis oom Gideon se besoeke.  Indien u bereid is om ‘n senior lidmaat/lidmate te besoek, skakel die kerkkantoor of ds NJ vir ‘n naamlys.

 

KALENDERS

2014 se kalenders is beskikbaar by die kerkkantoor of in die kerk se voorportaal indien u nog nie een by u ouderling gekry het nie.

 

WEEK VAN VERNUWING 19 – 22 JAN 2014 OM 19:00

Ds Ewald van Rensburg begin die Week van Vernuwing v/a Sondagoggend en -aand tot Woensdagaand.  Daar sal ook kinderbediening elke aand om 19:00 in Die Sentrum wees.  Die tema is “Staan UIT!  Leef met ‘n Fil 4:8 bril in ‘n onderstebo wêreld.”

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00.  T-hemde is te koop by die kerkkantoor.

 

STRAATVERKOPING – FEBRUARIE 2014

Is u kaste so vol ou klere dat daar nie plek is vir die pragtige nuwe winternommertjies wat al weer in die winkels is nie?   OF lê daar orals in die huis oortollige goed rond wat net in u pad is?  Ons kan help!!   Maak u kaste leeg en skenk dit vir die Getuienis- kommissie se rommelverkoping  vroeg in die nuwe jaar.  Kontak die kerkkantoor of Lounette van Niekerk  021 864 3172 / 082 774 9039.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

STUCKI GEDENKSAAL

By Stucki Gedenksaal word tans dienste vir plaaswerkers gehou. In die toekoms sal die saal waarskynlik ook vir ander verdienstelike sake benut word.  Die volgende is ’n lys van items wat nog benodig word om die saal ten volle toe te rus vir algemene gebruik.  

  • Gordyne: 16 lengtes van 2.3m; 2 lengtes van 1 m en 3 lengtes van 0.900m. U kan ook ’n lengte borg teen R150-00 per meter.
  • Kombuis: koffiebekers, teelepels, glase, elektriese ketel of urn.
  • Kateder vir die saal. 
  • Yskas wat nog werk.

Enige donasie sal waardeer word – u kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

DEUROFFER – HAWESENDING

Bykans 30,000 seevaarders uit meer as 70 lande besoek jaarliks die hawe van Kaapstad. Dié buitelandse sendinggeleentheid is letterlik op ons voorstoep.  Die bediening van die Christus evangelie aan ons besoekers deur skeepsbesoeke, persoonlike gesprekke,  vriendskapsevangelisasie en sosiale hulpverlening word sedert die 1940’s in die Kaapstad hawe onderneem en het uitgebrei na die Saldanha hawe. Bediening onder die Vissergemeenskap het in 1984 in Houtbaai begin en word ook in Kalkbaai, Saldanha en Mosselbaai onderneem.  Skakel gerus die Areabestuurder me Carin Brink by 021 957 7189; cbrink@kaapkerk.co.za

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS: 

Vraag 18:   Wie is hierdie Middelaar wat terselfdertyd ware God (a) en ware (b) regverdige mens is (c)?

Antwoord: Ons Here Jesus Christus (d), wat God vir ons tot wysheid, geregtigheid, heiligmaking en volkome verlossing gegee het (e).

(a) 1 Joh 5:20;  Rom 9:5; 8:3;  Gal 4:4;  Jes 9:6;  Jer 23:6;  Mal 3:1.

(b) Luk 1:42;  2:6, 7;  Rom 1:3;  9:5;  Fil 2:7;  Heb 2:14, 16, 17;  4:15.

(c) Jes 53:9, 11;  Jer 23:5;  Luk 1:35;  Joh 8:46;  Heb 4:15;  7:26;  1 Pet 1:19;  2:22, 3:18.

(d) 1 Tim 2:5;  Matt 1:23;  1 Tim 3:16;  Luk 2:11;  Heb 2:9..

(e) 1 Kor 30.

In die Nuus