Deur : Skriba  /  January 10th, 2014

PREDIKANTE VERLOF

Ds Jan is met verlof v/a 27 Des – 14 Jan.

 

KALENDERS

2014 se kalenders is beskikbaar en sal deur die ouderlinge uitgedeel word.

 

NOODKAS

Die Barmhartigheidsbediening wil graag baie dankie sê vir al die bydraes deur die jaar – finansieël, kos en klere.  Dit word opreg waardeer.  Daar is nou veral behoefte aan koekies, lekkers, jellie en aanmaakkoeldrank vir die vakansietyd.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 om by die basaar en ander geleenthede te dra.  T-hemde is te koop by die kerkkantoor.

 

STRAATVERKOPING  –  FEBRUARIE 2014

Is u kaste so vol ou klere dat daar nie plek is vir die pragtige nuwe somernommertjies waarna u hart smag nie?   OF lê daar orals in die huis oortollige goed rond wat net in u pad is?  Ons kan help!!   Maak u kaste leeg en skenk dit vir die Getuienis- kommissie se rommelverkoping  vroeg in die nuwe jaar.  Kontak die kerkkantoor of Lounette van Niekerk  021 864 3172 / 082 774 9039.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

STUCKI GEDENKSAAL

By Stucki Gedenksaal word tans dienste vir plaaswerkers gehou. In die toekoms sal die saal waarskynlik ook vir ander verdienstelike sake benut word.  Die volgende is ’n lys van items wat nog benodig word om die saal ten volle toe te rus vir algemene gebruik.  

  • Gordyne: 16 lengtes van 2.3m; 2 lengtes van 1 m en 3 lengtes van 0.900m. U kan ook ’n lengte borg teen R150-00 per meter.
  • Kombuis: koffiebekers, teelepels, glase, elektriese ketel of urn.
  • Kateder vir die saal. 
  • Yskas wat nog werk.

Enige donasie sal waardeer word – u kan dit by die kerkkantoor afgee.

In die Nuus