Deur : Skriba  /  January 20th, 2014

WEEK VAN VERNUWING 19 – 22 JAN 2014 OM 19:00

Ds Ewald van Rensburg begin die Week van Vernuwing v/a Sondagoggend en -aand tot Woensdagaand.  Daar sal ook kinderbediening elke aand om 19:00 in Die Sentrum wees.  Die tema is “Staan UIT!  Leef met ‘n Fil 4:8 bril in ‘n onderstebo wêreld.”

 

PA & KIND KAMP

Ons kamp v/a 24 – 26 Jan by  Beaverlac naby Porterville.  Elkeen bring se eie eet & drinkgoed – daar is ‘n klein winkeltjie.  Die kostes beloop R15-00 per motor + R45-00 per persoon per nag.  Daar is geen elektrisiteit nie, maar hope pret.  Om in te skryf en/of meer inligting, ontmoet Lennox Ochse direk na vanoggend se erediens in die voorportaal of skakel hom by 079 892 1988.

 

KATEGESE VRUGTEFEES 31 JAN OM 19:00

Kinders en ouers hou solank hierdie datum oop!!!!

 

KATEGESEKAMP GR 4 – 7

Dit vind hierdie jaar plaas v/a 14 -16 Februarie by Waterval, Tulbach.  Die kostes beloof R350-00 per kind en die inskrywingsvorms is by die kategete en die kerkkantoor beskikbaar.

 

KALENDERS

2014 se kalenders is beskikbaar by die kerkkantoor of in die kerk se voorportaal indien u nog nie een by u ouderling gekry het nie.

 

BASAAR

Indien daar nog enige u/s gelde vir die basaar is, vra ons of u dit asb so spoedig moontlik sal inbetaal by die kerkkantoor voor die einde van Januarie.

 

VERLORE BYBELS

Daar is verlore Bybels in die voorportaal wat al geruime tyd daar lê en waarin geen name is sodat ons die eienaars daarvan kan kontak nie.  Bybels kan net geneem word indien dit wel u verlore Bybel is.

 

SKOOLKLERE BESKIKBAAR

Daar is verskeie groottes skoolrokke, kleiner nommers wit skoolhemde en lang en kort grys skoolbroeke beskikbaar asook 2 skoolbaadjies, truie en sporthemde.  Indien u daarvan gebruik wil maak, skakel Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931 of die kerkkantoor.

 

SENIOR BEDIENING

Die seniors mis oom Gideon se besoeke.  Indien u bereid is om ‘n senior lidmaat/lidmate te besoek, skakel die kerkkantoor of ds NJ vir ‘n naamlys.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00.  T-hemde is te koop by die kerkkantoor.

 

STRAATVERKOPING  – 22 FEBRUARIE 2014

Is u kaste so vol ou klere dat daar nie plek is vir die pragtige nuwe winternommertjies wat al weer in die winkels is nie?   OF lê daar orals in die huis oortollige goed rond wat net in u pad is?  Ons kan help!!   Maak u kaste leeg en skenk dit vir die Getuienisbediening se rommelverkoping.  Kontak die kerkkantoor of Lounette van Niekerk  021 864 3172 / 082 774 9039.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

STUCKI GEDENKSAAL

By Stucki Gedenksaal word tans dienste vir plaaswerkers gehou. In die toekoms sal die saal waarskynlik ook vir ander verdienstelike sake benut word.  Die volgende is ’n lys van items wat nog benodig word om die saal ten volle toe te rus vir algemene gebruik.  

  • Gordyne: 16 lengtes van 2.3m; 2 lengtes van 1 m en 3 lengtes van 0.900m. U kan ook ’n lengte borg teen R150-00 per meter.
  • Kombuis: koffiebekers, teelepels, glase, elektriese ketel of urn.
  • Kateder vir die saal. 
  • Yskas wat nog werk.

Enige donasie sal waardeer word – u kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

DEUROFFER – GEMEENTEONTWIKKELING

Die Raad vir Gemeente-Ontwikkeling en Kerklike Samewerking is ‘n gesamentlike werksaamheid van die NGK en VGK wat fokus op kerkplanting as belangrike wyse van evangelisasie in nuwe stadsgebiede maar ook gebiede waar plaaslike geloofsgemeenskappe nie alleen die kapasiteit het om hierdie uitdaging te hanteer nie.  Dit wil die missionêre uitdagings wat ‘n nuwe Suid-Afrika aan ons stel op konkrete wyse hanteer deur nuut te dink oor die kerk, wat die klassieke Evangelie op ‘n vars manier kan laat leef, ook in die mees armoedige konteks.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS: 

Vraag 20: Word al die mense dan weer deur Christus salig soos hulle deur Adam verlore gegaan het?

Antwoord: Nee; (a); maar slegs die wat deur ’n ware geloof in Hom ingelyf word en al sy weldade aanneem (b).

(a) Matt 7:14;  22:14. (b) Mark 16:16;  Joh 1:12;  3:16, 18, 36;  Jes 53:11;  Ps 2:12;  Rom 11:20;  3:22;  Heb 4:3;  5:9;  10:39;  11:6.

In die Nuus