Deur : Skriba  /  February 2nd, 2014

PREDIKANTEWYKE

Let asb daarop dat di Jan en NJ eers in 2015 wyke ruil (na 3 jaar).

 

BELYDENISKLAS 2014

Ouers ontmoet ds Jan direk na vanaand se aanddiens in die kerk.

 

BELYDENISKLAS 2013

Ontmoet ds NJ op 9 Februarie direk na die oggenddiens by die boom buite die konsistorie. 

 

VROUE GROEPSBYEENKOMSTE VIR ALLE WYKE 4 FEBRUARIE

Kontak asb jou ouderlingsvrou of groepleidster (sien kerkkalender) ivm die tyd en plek van hierdie byeenkoms.

 

WEEK VAN VERNUWING

Die “power point presentations” van week van vernuwing is beskikbaar om afgelaai te word vanaf die NGK Wellington Oos se “drop box”.

Gaan na : https://www.dropbox.com met “Sign in email” : skriba@wellingtonoos.co.za en die Password is: Wellingtonoos. Let wel gebruik van hoofletters.

 

SUNFIELD VRUGTEFEES WOENSDAG 5 FEBR OM 15:00

Ons gemeente bied ‘n vrugtefees aan by Sunfield.  As u wil help of dit net bywoon, is u baie welkom.  Vir verdere navrae kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.     

 

WILDSMARK

Lidmate wat wil help om kreatief te dink hoe om die Wildsmark op 2 Aug te benut om fondse te in vir ons gemeente, vergader Woensdag 5 Febr om 18:00 in die konsistorie.

 

GETUIENISNAWEEK  WELLINGTON-OOS 7 – 9 FEBRUARIE:

Vrydag       19:00: Gebedstap + piekniek (Perdeskoen)

Saterdag -10:00: Toerusting vir gesprek en berading van mense wat op straat lewe. (Die Sentrum van Wellington-Oos)

Sondag     –  09:00: Oggenddiens – Voorbiddingsdiens vir Getuieniswerk

                      19:00: Aandiens  – Sang en getuienis van jongmense wat ‘n verskil maak in hulle gemeenskap.

Gemeentelede word versoek om asb spesiale voorbidding te doen vir die naweek.

 

YSSKAATS VIR GR 8 – 12 TIENERS 7 FEBRUARIE

Tieners kom Vrydag 17:00 by Die Sentrum bymekaar van waar ons met ‘n bus na Grand West vertrek.  Die kostes beloop R40-00 per kind.  Ons sal weer ongeveer 22:30 by Die Sentrum terug wees.   

 

GRAAD 4 -7!  KOM KAMP SAAM BY WATERVAL!  14 -16 FEBRUARIE

Ons tema: ‘n Hart  wat warm klop.  Kom leer hoe GOD oor jou dink en oor jou voel!  Daarmee saam heerlike saam-kuier, allerlekkerste kos, speel en bergpoelswem @ R350 per kind.  Inskrywingsvorms by die kerkkantoor beskikbaar.  Navrae: Adell Erasmus 082 925 7190.

 

KINDERBEDIENING

Raak betrokke by kinderbediening – voel jy geroep om betrokke te raak by kinders?  Enige ouderdom.  Ons het jou nodig om God se planne uit te voer.  Kontak Adell vir meer besonderhede 082 925 7190.

 

KLEINGROEPKOöRDINEERDER

Indien u kans sien om leiding te neem by die koördinering en samestelling van kleingroepe skakel asb vir ds NJ.

 

GEMEENTE ETE

Saterdagaand 15 Maart geniet die gemeente ‘n “Steak ete” saam ter viering van ons gemeente se 41ste verjaarsdag.  Volwasse kaartjies @ R60 en kinderkaartjies @ R30 is by u diaken en die kerkkantoor beskikbaar.

 

BREIPROJEK

Ons het ‘n breimasjien en wol beskikbaar vir iemand wat vir ons truitjies, musse ens kan brei.  Indien u sou belangstel, skakel Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

SENIOR BURGER FUNKSIE

Let asb daar op dat die Senior Burger funksie verskuif v/a 13 Februarie na 20 Februarie om 19:00.

 

IMAGINE JEUGSAAMTREK VIR TIENERS 21 – 23 MAART

Hou hierdie spasie dop vir verdere inligting.

 

DANIELKONFERENSIE OP WELLINGTON

Manne, pa’s en seuns hou die naweek van 11 & 12 April oop vir ‘n geestelike belewenis.

 

BASAAR

Indien daar nog enige u/s gelde vir die basaar is, vra ons of u dit asb so spoedig moontlik sal inbetaal by die kerkkantoor voor die einde van Februarie.

 

SKOOLKLERE BESKIKBAAR

Daar is verskeie groottes skoolrokke, kleiner nommers wit skoolhemde en lang en kort grys skoolbroeke beskikbaar asook 2 skoolbaadjies, truie en sporthemde.  Indien u daarvan gebruik wil maak, skakel Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931 of die kerkkantoor.

 

SENIOR BEDIENING

Die seniors mis oom Gideon se besoeke.  Indien u bereid is om ‘n senior lidmaat/lidmate te besoek, skakel die kerkkantoor of ds NJ vir ‘n naamlys.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00.  T-hemde is te koop by die kerkkantoor.

 

STRAATVERKOPING  – 22 FEBRUARIE 2014

Is u kaste so vol ou klere dat daar nie plek is vir die pragtige nuwe winternommertjies wat al weer in die winkels is nie?   OF lê daar orals in die huis oortollige goed rond wat net in u pad is?  Ons kan help!!   Maak u kaste leeg en skenk dit vir die Getuienisbediening se rommelverkoping.  Kontak die kerkkantoor of Lounette van Niekerk  021 864 3172 / 082 774 9039.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

HAM

Huis Andrew Murray, `n Badisa program, beskik oor vakatures en wag aansoeke in van mense wie daarin belang sou stel om `n huiseenheid met 14 dogters tussen die ouderdom van 6 maande en 18 jaar te bestuur. Rig ‘n kort CV met kontakbare verwysings aan: Die Hoof, Huis Andrew Murray, Posbus 129, Wellington.  E-pos aan info@andrewmurray.org.za, faks na 021 – 873 5265.  Aansoeke sluit Vrydag 14 Februarie 2014.  Datum van diensaanvaarding is 1 April 2014.  Vir meer inligting, skakel 021 – 873 3834/5.

 

AMOS STRAATMARKTE

Amos-Kaap hou weer plaasmarkte in 2014 (tbv plaasbearbeiding) in die Strand op die sypaadjie onder die Spur v/a 06:30 op ‘n Saterdagoggend.  Die Wellington koördineerder se markdatum is 1 Maart 2014.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel Edmund O`Ehley 021 873 3656 / 079 496 1437.

 

DEUROFFER –  GEMEENTEBEDIENING

Die kommissie se opdrag is die normale opbou en toerusting van die gemeente in sy verkillende ampte en bedieninge, opbou van die gemeente tot ‘n feesvierende gemeente sowel as die opbou van die huweliks- en gesinslewe en aandag aan kerkvervreemdes.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS: 

Vraag 22: Wat moet ’n Christen glo?

Antwoord: Alles wat in die evangelie aan ons beloof word (a) en wat die artikels van ons algemene en ongetwyfelde Christelike geloof ons in hoofsaak leer.

(a) Joh 20:31;  Matt 28:19;  Mark 1:15.

In die Nuus