Deur : Skriba  /  February 9th, 2014

BELYDENISKLAS 2013

Ontmoet ds NJ vanoggend direk na die oggenddiens by die boom.

 

FINANSIëLE JAAREINDE 28 FEBRUARIE 2014

Geen aankope mag meer na 21 Febr 2014 gedoen word nie.  Bring asb ook dadelik strokies vir alle aankope tot 21 Febr na die kerkkantoor sodat ons kan voorberei vir die afsluiting.

 

GRAAD 4 -7!  KOM KAMP SAAM BY WATERVAL!  14 -16 FEBRUARIE

Ons tema: ‘n Hart  wat warm klop.  Kom leer hoe GOD oor jou dink en oor jou voel!  Daarmee saam heerlike saam-kuier, allerlekkerste kos, speel en bergpoelswem @ R350 per kind.  Inskrywingsvorms by die kerkkantoor beskikbaar.  Navrae: Adell Erasmus 082 925 7190.

 

GRAAD 8 – 12 TIENERKAMP 28 FEBR – 2 MRT

“Mighty Teen Tienerkamp” by Diemerskraal.  Die kostes beloop R200-00 per persoon en inskrywingsvorms is beskikbaar by die Hoërskool, ds Jan en die kerkkantoor.

 

IMAGINE JEUGSAAMTREK VIR TIENERS 21 – 23 MAART BY KLOOF LANDGOED BUITE DARLING

Die kostes beloop R250-00 per persoon en inskrywingsvorms is by die kerkkantoor en ds Jan beskikbaar.

 

KINDERBEDIENING

Raak betrokke by kinderbediening – voel jy geroep om betrokke te raak by kinders?  Enige ouderdom.  Ons het jou nodig om God se planne uit te voer.  Kontak Adell vir meer besonderhede 082 925 7190.

 

WêRELDBIDDAG VIR VROUE 2014

Vind plaas op Don 6 Mrt om 19:00 by Wellington-Noord.  Die tema is “Strome water in die woestyn”  soos saamgestel deur die Christenvroue van Egipte.  Die spreker is “Miriam” wat verlede jaar tydens wêreldbiddag in gevangeskap in Libië was en vir wie se vrylating ons in Wellington-Oos biddend gesmeek het.  Hierdie jaar is sy vry en ons spreker.

Kom geniet dit saam met ons.  Vrywillige kollekte sal by die deure opgeneem word.

 

POS BESKIKBAAR – DEBITEURE KLERK

Hugenote Hoërskool beskik tans oor ‘n vakature vir ‘n debiteureklerk.  Stuur volledige CV na admin@hugenoteskool.co.za Posaanvaarding op 1 April.

 

OPDRAGTE/BOODSKAPPE AAN WERKERS BY KERK

Gee asb u versoeke deur aan die koster en nie direk aan die werkers nie.  Moet asb ook nie boodskappe vir die koster by die werkers los nie – dit kom nie altyd by haar uit nie – skakel die koster direk of reël deur die kerkkantoor.

 

FAMILIENUUS

Berigte en foto’s vir die vlg uitgawe moet die kerkkantoor asb voor die einde van Februarie bereik.  Ons verkies foto’s met onderskrifte ipv lang berigte.

 

MAANDELIKSE DANKOFFER PER DEBIETORDER

Ons is dankbaar vir heelwat gemeentelede wat van die debietorderstelsel gebruik maak vir oorbetaling van maandelikse dankoffers. In sommige gevalle het die bedrag egter vir ‘n geruime tyd onveranderd gebly.  Die versoek is dus dat, waar van toepassing, ons ons bydrae-bedrag sal heroorweeg en hopelik dan aanpas soos gelei deur die Here.  Wyksdiakens sal mettertyd die aangeleentheid by besoekpunte aanroer.

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning van die Kerk van Christus en ons gemeente, en waarsonder ons nie ons bedieningsverpligtinge kan nakom nie – ons waardeer dit opreg.

 

BASAAR MARKTAFEL

Groep 6 benodig 2L en 500ml leë gaskoeldrankbottels (nie waterbottels nie) vir die basaar.  U kan dit by Carien Grobbelaar by die kerkkantoor afgee.

 

HULP BY AMOS

Die Amos bediening op die plase benodig dringend ‘n persoon wat hulp kan verleen met die bediening van kinders op die plase.  Voorbereide lessies is beskikbaar.  Geen formele opleiding word benodig nie.  As die Here dalk met u praat oor hierdie bedieningsgeleent- heid, kontak Edmund O’Ehley by  079 496 1437 of Antonette O’Ehley by 084 357 8967.

 

WEEK VAN VERNUWING

Die “power point presentations” van week van vernuwing is beskikbaar om afgelaai te word vanaf die webwerf van NGK Wellington Oos se “drop box”.  Gaan na https://www.dropbox.com met “Sign in email”: skriba@wellingtonoos.co.za en “Password” : Wellingtonoos. Let wel gebruik van hoofletters in “Password”.

 

WILDSMARK

Lidmate wat wil help om kreatief te dink hoe om die Wildsmark op 2 Aug te benut om fondse te in vir ons gemeente, vergader Dinsdag 11 Febr om 18:00 in die konsistorie.

 

KLEINGROEPKOöRDINEERDER

Indien u kans sien om leiding te neem by die koördinering en samestelling van kleingroepe skakel asb vir ds NJ.

 

GEMEENTE ETE

Saterdagaand 15 Maart geniet die gemeente ‘n “Steak ete” saam ter viering van ons gemeente se 41ste verjaarsdag.  Volwasse kaartjies @ R60 en kinderkaartjies @ R30 is by u diaken en die kerkkantoor beskikbaar.

 

BREIPROJEK

Ons het ‘n Empisal breimasjien en wol beskikbaar vir iemand wat vir ons truitjies, musse ens kan brei.  Indien u sou belangstel, skakel Suzanne Fabricius.

 

SENIOR BURGER FUNKSIE

Let asb daar op dat die Senior Burger funksie verskuif v/a 13 Februarie na 20 Februarie om 19:00.

 

SKOOLKLERE BESKIKBAAR

Daar is verskeie groottes skoolrokke, kleiner nommers wit skoolhemde en lang en kort grys skoolbroeke beskikbaar asook 2 skoolbaadjies, truie en sporthemde.  Indien u daarvan gebruik wil maak, skakel Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931 of die kerkkantoor.

 

DANIELKONFERENSIE OP WELLINGTON op 11 & 12 APRIL

Die kostes beloop R200-00 per persoon en u kan by die kerkkantoor inskryf.

 

SENIOR BEDIENING

Die seniors mis oom Gideon se besoeke.  Indien u bereid is om ‘n senior lidmaat/lidmate te besoek, skakel die kerkkantoor of ds NJ vir ‘n naamlys.

 

KERKBODE

Daar is interessante en aktuele artikels in die Kerkbode.  Daar is 20 eksemplare wat per jaar verskyn. Aangesien die prys per eksemplaar dmv ‘n glyskaal bepaal word, sal dit finansieël voordelig wees indien almal saam bestel word.  Kontak die kerkantoor vir meer inligting indien u belangstel om in te skryf.

 

STRAATVERKOPING  – 22 FEBRUARIE 2014

Die straatverkoping is om die draai, nog net twee weke!  Ons wil u so graag verlos van al die lastige en oortollige items in u huis.  Bring asb vir ons u ou klere, skoene, kinderklere,  gordyne, en sommer alles wat in u pad is, sodat ons die Getuienis- kommissie se hande kan versterk  met ‘n ekstra geldjie.  Baie dankie by voorbaat!!

Kontak die kerkkantoor of Lounette van Niekerk  021 864 3172 / 082 774 9039.

 

HAM

Huis Andrew Murray beskik oor ‘n vakature en wag aansoeke in van mense wie daarin belang sou stel om `n huiseenheid met 14 dogters tussen die ouderdom van 6 maande en 18 jaar te bestuur. Rig ‘n kort CV met kontakbare verwysings aan: Die Hoof, Huis Andrew Murray, Posbus 129, Wellington.  E-pos aan info@andrewmurray.org.za, faks na 021 – 873 5265.  Aansoeke sluit Vrydag 14 Februarie 2014.  Datum van diensaanvaarding is 1 April 2014. 

 

STUCKI GEDENKSAAL

By Stucki Gedenksaal word tans dienste vir plaaswerkers gehou. In die toekoms sal die saal waarskynlik ook vir ander verdienstelike sake benut word.  Die volgende is ’n lys van items wat nog benodig word om die saal ten volle toe te rus vir algemene gebruik. 

  • Gordyne: 16 lengtes van 2.3m en 3 lengtes van 0.900m. U kan ook ’n lengte borg teen R150-00 per lengte.
  • Kombuis: koffiebekers, teelepels, glase, elektriese ketel.
  • Kateder vir die saal. 

Enige donasie sal waardeer word – u kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

AMOS STRAATMARKTE

Amos-Kaap hou weer plaasmarkte in 2014 (tbv plaasbearbeiding) in die Strand op die sypaadjie onder die Spur v/a 06:30 op ‘n Saterdagoggend.  Die Wellington koördineerder se markdatum is 1 Maart 2014.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel Edmund O`Ehley 021 873 3656 / 079 496 1437.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

In die Nuus