Deur : Skriba  /  February 23rd, 2014

Verkose kerkraadslede 2013 – 2014

Ouderlinge

Wyk 4 – Ryk van Velden

Wyk 7 – Salie Gerber

Diakens

Wyk 7 – Magriet Gerber

Les Huguenote A – Sharlene Mostert

Uitsig-Noord – Amanda Lützeler (dienswerker)

TC Gous (dienswerker)

 

MALAWI UITREIK VERGADERING

Almal wat reeds hul name deurgegee het aan ds Jan vergader Maandag 24 Febr om 19:00 in Die Sentrum.

FINANSIëLE JAAREINDE 28 FEBRUARIE 2014

Geen aankope mag meer na 21 Febr 2014 gedoen word nie.  Bring asb ook dadelik strokies vir alle aankope tot 21 Febr na die kerkkantoor sodat ons kan voorberei vir die afsluiting.

GRAAD 8 – 12 TIENERKAMP 28 FEBR – 2 MRT

“Mighty Teen Tienerkamp” by Diemerskraal.  Die kostes beloop R200-00 per persoon en inskrywingsvorms is beskikbaar by die Hoërskool, ds Jan en die kerkkantoor.

DAG SONDER SKOENE 9 MRT

Op dié dag kan u kaalvoet kerk toe kom om te ervaar hoe dit is om nie skoene te hê nie.  U kan ook skoene saambring kerk toe om te skenk aan mense wat nie het nie.

IMAGINE JEUGSAAMTREK VIR TIENERS 21 – 23 MRT BY KLOOF LANDGOED BY DARLING

Die kostes beloop R250-00 pp.  Inskrywingsvorms by die kerkkantoor en ds Jan beskikbaar en die sluitingsdatum is 7 Maart.

WêRELDBIDDAG VIR VROUE 2014

Vind plaas op Don 6 Mrt om 19:00 by Wellington-Noord.  Die tema is “Strome water in die woestyn”  soos saamgestel deur die Christenvroue van Egipte.  Die spreker is “Miriam” wat verlede jaar tydens wêreldbiddag in gevangeskap in Libië was en vir wie se vrylating ons in Wellington-Oos biddend gesmeek het.  Hierdie jaar is sy vry en ons spreker.

Kom geniet dit saam met ons.  Vrywillige kollekte sal by die deure opgeneem word.  Daar is ook Vrydagoggend 7 Mrt om 09:00 geleentheid om saam te bid by Wellington-Oos se kerk.

WêRELDBIDDAG VIR MANS 2014 (MANNE ONTBYT)

Kom geniet ontbyt by die Spur op 8 Maart v/a 07:00 – 09:00.  Die kostes beloop R40-00 en Hentas Kotzé is die spreker.  Kaartjies te koop by die kerkkantoor.  Vir navrae kontak Lennox Ochse 079 892 1988.

GEMEENTESTAP OUTENIEKWA WANDELPAD 26 – 28 APRIL

Indien u belangstel om saam te stap, kan u u naam opgee by die kerkkantoor of ds Jan.  Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Maart.  Vervoer en etes is vir u eie kostes en die verblyf is voorlopig ± R280-00 pp.

MIDDELBURG GROETE

Op 21 Junie bied ons gemeente ‘n snoekbraai aan op Middelburg en ons wil graag met ‘n bus vol gemeentelede vir hulle gaan kuier.  Op 1 & 2 Aug hou ons weer Wildsmark saam met Middelburg gemeente hier by ons.

FAMILIENUUS

U het tyd tot 14 Maart om artikels te stuur na die kerkkantoor (verkieslik foto’s met byskrifte).  Besighede het ook nou die geleentheid om ‘n bladsy per uitgawe te borg @ R250-00 en sodoende u besigheid te adverteer.

LUISTERPROSESVERGADERING

Die UK en alle belangstellendes vergader op Maan 10 Maart (en nie meer 3 Maart nie) om 19:00 in Die Sentrum.

DOOPKURSUS

Voornemende doopouers en ouers wat klaar gedoop het, word uitgenooi na ‘n kursus oor die doop en ouerskap elke  Woensdagaand v/a 11 – 25 Maart om 19:00 in Die Sentrum. Skryf asb in by die kerkkantoor om ‘n handboek te kan ontvang.

BYBELSTUDIEMATERIAAL

Bekendstelling van Bybelstudiemateriaal (van Precept Ministries) vir kleingroepe en persoonlike gebruik op Donderdag 13 Maart om 19:00 in Die Sentrum.

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00.  T-hemde is te koop by die kerkkantoor.

MAANDELIKSE DANKOFFER PER DEBIETORDER

Ons is dankbaar vir heelwat gemeentelede wat van die debietorderstelsel gebruik maak vir oorbetaling van maandelikse dankoffers. In sommige gevalle het die bedrag egter vir ‘n geruime tyd onveranderd gebly.  Die versoek is dus dat, waar van toepassing, ons ons bydrae-bedrag sal heroorweeg en hopelik dan aanpas soos gelei deur die Here.  Wyksdiakens sal mettertyd die aangeleentheid by besoekpunte aanroer.  Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning van die Kerk van Christus en ons gemeente, en waarsonder ons nie ons bedieningsverpligtinge kan nakom nie – ons waardeer dit opreg.

BASAAR MARKTAFEL

Groep 6 benodig 500ml leë gaskoeldrankbottels (nie waterbottels nie) vir die basaar.  U kan dit by Carien Grobbelaar by die kerkkantoor afgee.

GEMEENTE ETE

Saterdagaand 15 Maart geniet die gemeente ‘n “Steak ete” saam ter viering van ons gemeente se 41ste verjaarsdag.  Volwasse kaartjies @ R60 en kinderkaartjies @ R30 is by u diaken en die kerkkantoor beskikbaar tot Maandag 24 Febr.

BREIPROJEK

Ons het ‘n Empisal breimasjien en wol beskikbaar vir iemand wat vir ons truitjies, musse ens kan brei.  Indien u sou belangstel, skakel Suzanne Fabricius.

STUCKI GEDENKSAAL

By Stucki Gedenksaal word tans dienste vir plaaswerkers gehou. In die toekoms sal die saal waarskynlik ook vir ander verdienstelike sake benut word.  Die volgende is ’n lys van items wat nog benodig word om die saal ten volle toe te rus vir algemene gebruik.  Gordyne (16 lengtes van 2.3m en 3 lengtes van 0.900m – u kan ook ’n lengte borg teen R150-00 per lengte), koffiebekers, teelepels, glase, elektriese ketel en kateder.  Enige donasie sal waardeer word – u kan dit by die kerkkantoor afgee.

HAM MARKDAG 8 MAART

Huis Mopanie waarby ons gemeente betrokke is, het die koffie & teetafel.  Hulle benodig koffie, tee (Rooibos en gewoon), suiker, melk en “foamalite” glasie of kontant.  Kontak Elsabe Sauerman 021 873 3834.

DANIELKONFERENSIE OP WELLINGTON

Die 3 NG gemeentes in Wellington reël die Daniël Konferensie vir Mans hierdie jaar op 11 & 12 April 2014 by Diemerskraal net buite Wellington.  Die kostes bedra R200-00 pp wat etes (behalwe ontbyt) en koffie insluit.  Die registrasievorms gaan in Maart beskikbaar wees.  Inskrywings en betalings eers v/a 1 Maart 2014.   

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS: 

Vraag 26: Wat glo jy as jy sê: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde?

Antwoord: Ek glo dat die ewige Vader van ons Here Jesus Christus wat die hemel en aarde met alles wat daarin is, uit niks geskep het (a) en deur sy ewige raad en voorsienigheid nog onderhou en regeer (b), ter wille van sy Seun Christus my God en Vader is. (c) Op Hom vertrou ek so dat ek nie daaraan twyfel dat Hy my, met alles wat vir liggaam en siel nodig is, sal versorg nie (d). Hy sal ook al die kwaad wat Hy in hierdie jammerdal oor my beskik, tot my beswil verander (e), omdat Hy dit as ’n almagtige God kan (f) en ook as ’n getroue Vader wil doen (g).

(a) Gen 1 en 2;  Eks 20:11;  Job 33:4, 38, 39;  Hand 4:24;  14:15;  Ps 33:6;  Jes 45:7. (b) Heb 1:3;  Ps 104:27-30;  115:3;  Matt 10:29;  Ef 1:11: (c) Joh 1:12;  Rom 8:15;  Gal 4:5-7;  Ef 1:5. (d) Ps 55:23;  Matt 6:25, 26;  Luk 12:22. (e) Rom 8:28. (f) Jes 46:4;  Rom 10:12. (g) Matt 6:32, 33;  7:9-11.

In die Nuus