Deur : Skriba  /  March 2nd, 2014

Verkose kerkraadslede 2013 – 2014

Ouderlinge

Wyk 4 – Ryk van Velden

Wyk 7 – Salie Gerber

Diakens

Wyk 7 – Magriet Gerber

Les Huguenote A – Sharlene Mostert

Uitsig-Noord – Amanda Lützeler (dienswerker)

TC Gous (dienswerker)

 

LERAARS OP KURSUS

Di NJ en Jan is in Hermanus op ’n kursus v/a 3 – 6 Mrt – daar sal dus geen leraarsbidure wees op 4 Maart nie.

WêRELDBIDDAG VIR VROUE 2014

Vind plaas op Don 6 Maart om 19:00 by Wellington-Noord.  Die tema is “Strome water in die woestyn”  soos saamgestel deur die Christenvroue van Egipte.  Die spreker is “Miriam” wat verlede jaar tydens wêreldbiddag in gevangeskap in Libië was en vir wie se vrylating ons in Wellington-Oos biddend gesmeek het.  Hierdie jaar is sy vry en ons spreker.

Kom geniet dit saam met ons.  Vrywillige kollekte sal by die deure opgeneem word.  Daar is ook Vrydagoggend 7 Maart om 09:00 geleentheid om saam te bid by Wellington-Oos se kerk.

WêRELDBIDDAG VIR MANS 2014 (MANNE ONTBYT)

Kom geniet ontbyt by die Spur op 8 Maart v/a 07:00 – 09:00.  Die kostes beloop R40-00 en Hentas Kotzé is die spreker.  Kaartjies te koop by die kerkkantoor.  Vir navrae kontak Lennox Ochse 079 892 1988.

DAG SONDER SKOENE 9 MAART

Op dié dag kan u kaalvoet kerk toe kom om te ervaar hoe dit is om nie skoene te hê nie.  U kan ook skoene saambring kerk toe om te skenk aan mense wat nie het nie.

LUISTERPROSESVERGADERING

Die UK en alle belangstellendes vergader op Maan 10 Maart  om 19:00 in Die Sentrum.

BYBELSTUDIEMATERIAAL

Bekendstelling van Bybelstudiemateriaal (van Precept Ministries) vir kleingroepe en persoonlike gebruik op Donderdag 13 Maart om 19:00 in Die Sentrum.

GEMEENTE ETE

Saterdagaand 15 Maart geniet die gemeente ‘n “Steak ete” saam ter viering van ons gemeente se 41ste verjaarsdag.  Volwasse kaartjies @ R60 en kinderkaartjies @ R30 is by u diaken en die kerkkantoor beskikbaar tot Woensdag 5 Maart.

IMAGINE JEUGSAAMTREK VIR TIENERS 21 – 23 MAART BY KLOOF LANDGOED BY DARLING

Die kostes beloop R250-00 pp.  Inskrywingsvorms by die kerkkantoor en ds Jan beskikbaar en die sluitingsdatum is 7 Maart.

KAIROS KURSUS

Enige lidmaat word uitgenooi en aangemoedig om in te skryf vir die wêreldbe- kende  Kairos-kursus wat weer vanjaar aangebied word.  Dié kursus gee ons ’n duideliker beeld van God se betrokkenheid by die wêreld en hoe ons as gemeente en as gelowiges inskakel by God se werksaamheid in die wêreld, veral ten opsigte van die onbereikte groepe in die wêreld. Die kursus wat bestaan uit lesings, groepbesprekings, video’s en leeswerk word vanaf 9 April by die NG Kerk Paarlvallei aangebied. Die kursus word oor 9 Woensdagaande vanaf 19:00-21:30 aange- bied en kos R350-00. Registrasievorms is by die kerkkantoor of by Ryk van Velden (082 857 4368) beskikbaar.  Kontak Ryk van Velden vir enige verdere navrae oor die kursus.

DANIELKONFERENSIE OP WELLINGTON

Die 3 NG gemeentes in Wellington reël die Daniël Konferensie vir Mans hierdie jaar op 11 & 12 April 2014 by Diemerskraal net buite Wellington.  Die kostes bedra R200-00 pp wat etes (behalwe ontbyt) en koffie insluit.  Inskrywingsvorms by die kerkkantoor beskikbaar en sluitingsdatum is 4 April om 12:00.

GEMEENTESTAP OUTENIEKWA WANDELPAD 26 – 28 APRIL

Indien u belangstel om saam te stap, kan u u naam opgee by die kerkkantoor of ds Jan.  Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Maart.  Vervoer en etes is vir u eie kostes en die verblyf is voorlopig ± R280-00 pp.

MIDDELBURG

Op 21 Junie bied ons gemeente ‘n snoekbraai aan op Middelburg en ons wil graag met ‘n bus vol gemeentelede vir hulle gaan kuier.  Gee asb u naam deur aan die kerkkantoor indien u belangstel om saam te gaan.  Op 1 & 2 Augustus hou ons weer Wildsmark saam met Middelburg gemeente hier by ons.

BONDEL SMS’e V/A KERKKANTOOR

Ons wil weer dringend versoek om, wanneer u “reply” op ‘n sms vanaf die kerkkantoor, te meld waaroor dit gaan en u naam by te sit.

MIRIAM NUUS

Miriam nooi ons almal uit om steeds aan te hou bid vir haar Noord-Afrika land.  Sy begin nou gebedsgroepe toespreek om hulle ook aan te moedig om saam te bid en om saam in die verhoring van  gebed te glo, mits ons natuurlik gehoorsaam aan Sy opdragte is en doen wat die Here van ons vra.

STRAAT VERKOPING

Baie dankie aan almal wat so ruim bygedra het om van die verkoping ‘n groot sukses te maak en gelukkig is ons almal se kaste, kamers en huise sommer ‘n bietjie ruimer en rommelvry !!!!  Ons het R2 889-00 vir die Getuienisaksie ingesamel sodat hulle hul verpligtinge kan nakom en om so te help om God se koninkryk te bou.

FAMILIENUUS

U het tyd tot 14 Maart om artikels te stuur na die kerkkantoor (verkieslik foto’s met byskrifte).  Besighede het ook nou die geleentheid om ‘n bladsy per uitgawe te borg @ R250-00 en sodoende u besigheid te adverteer.

DOOPKURSUS

Voornemende doopouers en ouers wat klaar gedoop het, word uitgenooi na ‘n kursus oor die doop en ouerskap elke  Woensdagaand v/a 11 – 25 Maart om 19:00 in Die Sentrum. Skryf asb in by die kerkkantoor om ‘n handboek te kan ontvang.

BASAAR MARKTAFEL

Groep 6 benodig 500ml leë gaskoeldrankbottels (nie waterbottels nie) vir die basaar.  U kan dit by Carien Grobbelaar by die kerkkantoor afgee.

BREIPROJEK

Ons het ‘n Empisal breimasjien en wol beskikbaar vir iemand wat vir ons truitjies, musse ens kan brei.  Indien u sou belangstel, skakel Suzanne Fabricius.

STUCKI GEDENKSAAL

Baie dankie vir al die mense wat gereageer het op ons versoeke en bydraes geskenk het.  Ons waardeer dit opreg.  Ons benodig nog net dringend donasies vir gordyne (R150-00 per lengte).

ARBEIDSBEDIENING WELLINGTON SAKEONTBYT

Woensdag 19 Mrt v/a 06:30 – 07:30 in die Noord se kerksaal.  Koste is R50-00 pp (ontbyt ingesluit).  Vir kaartjies en meer inligting kontak Johan Crous 021 873 7024 / 072 289 0842.  Kaartjies ook beskikbaar by Noord se kerkkantoor.

HAM MARKDAG 8 MAART

Huis Mopanie waarby ons gemeente betrokke is, het die koffie & teetafel.  Hulle benodig koffie, tee (Rooibos en gewoon), suiker, melk en “foamalite” glasie of kontant.  Kontak Elsabe Sauerman 021 873 3834.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS:

Vraag 27: Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God?

Antwoord: Die almagtige en oralteenwoordige krag van God (a) waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsels asof met sy hand nog onderhou en so regeer (b) dat lower en gras, reën en droogte (c), vrugbare en onvrugbare jare, voedsel en drank, gesondheid en siekte (d), rykdom en armoede (e) en alles, ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand toekom (f).

(a) Hand 17:25-28;  Jer 23:23, 24;  Jes 29:15, 16;  Eseg 8:12. (b) Heb 1:3. (c) Jer 5:24;  Hand 14:17. (d) Joh 9:3. (e) Spr 22:2. (f) Matt 10:29;  Spr 16:33.

In die Nuus