Deur : Skriba  /  March 9th, 2014

EREDIENSTYE VERANDER

Onthou asb dat die oggende se eredienstye verander vanaf 6 April 2014 na 09:30 vir die wintermaande (April tot September).

 

LUISTERPROSESVERGADERING

Die UK en alle belangstellendes vergader op Maan 10 Maart  om 19:00 in Die Sentrum.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 by die kerkkantoor.  Kom ons dra dit by die gemeentestap, basaar, Wildsmark,  Malawi uitreik, busuitstappie na Middelburg, tydens Getuienisnaweek, Winter Bybelskool, Vroue- en Mannekampe, ons 4 X 4 dag, op die gesinstrein en sommer oral waar ons as gemeente saam verkeer.

 

ATKV BYBELSTAP

Word vanjaar gereël vir Woensdag 12 Maart 2014 om 17:30 en ons spring weg regoor die skoolsportvelde in Gen Hertzoglaan. Die koste is R25 per persoon en elkeen ontvang ’n medalje van die Bybelgenootskap.  Julle kan 3 of 5 km om die PERDESKOEN stap.

Daar sal ’n waterpunt by die bruggie wees.  Bring jou hond en stap saam!  Alle fondse word aan die Bybelgenootskap oorbetaal, kom ondersteun die mooi poging!  Vir verdere navrae kontak Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610 / danie@djctheart.com

 

BYBELSTUDIEMATERIAAL

Bekendstelling van Bybelstudiemateriaal (van Precept Ministries) vir kleingroepe en persoonlike gebruik op Donderdag 13 Maart om 19:00 in Die Sentrum.

 

IMAGINE JEUGSAAMTREK VIR TIENERS 21 – 23 MAART BY KLOOF LANDGOED BY DARLING

Die kostes beloop R250-00 pp.  Inskrywingsvorms by die kerkkantoor en ds Jan beskikbaar en die sluitingsdatum is 7 Maart.

 

KAIROS KURSUS

Enige lidmaat word uitgenooi en aangemoedig om in te skryf vir die wêreldbe- kende  Kairos-kursus wat weer vanjaar aangebied word.  Dié kursus gee ons ’n duideliker beeld van God se betrokkenheid by die wêreld en hoe ons as gemeente en as gelowiges inskakel by God se werksaamheid in die wêreld, veral ten opsigte van die onbereikte groepe in die wêreld. Die kursus wat bestaan uit lesings, groepbesprekings, video’s en leeswerk word vanaf 9 April by die NG Kerk Paarlvallei aangebied. Die kursus word oor 9 Woensdagaande vanaf 19:00-21:30 aange- bied en kos R350-00. Registrasievorms is by die kerkkantoor of by Ryk van Velden (082 857 4368) beskikbaar.  Kontak Ryk van Velden vir enige verdere navrae oor die kursus.

 

DANIELKONFERENSIE OP WELLINGTON

Die 3 NG gemeentes in Wellington reël die Daniël Konferensie vir Mans hierdie jaar op 11 & 12 April 2014 by Diemerskraal net buite Wellington.  Die kostes bedra R200-00 pp wat etes (behalwe ontbyt) en koffie insluit.  Inskrywingsvorms by die kerkkantoor beskikbaar en sluitingsdatum is 4 April om 12:00.

 

GEMEENTESTAP OUTENIEKWA WANDELPAD 26 – 28 APRIL

Indien u belangstel om saam te stap, kan u u naam opgee by die kerkkantoor of ds Jan.  Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Maart.  Vervoer en etes is vir u eie kostes en die verblyf is voorlopig ± R280-00 pp.

 

MIDDELBURG

Op 21 Junie bied ons gemeente ‘n snoekbraai aan op Middelburg en ons wil graag met ‘n bus vol gemeentelede vir hulle gaan kuier.  Gee asb u naam deur aan die kerkkantoor indien u belangstel om saam te gaan.  Op 1 & 2 Augustus hou ons weer Wildsmark saam met Middelburg gemeente hier by ons.

 

BONDELSMS’E V/A KERKKANTOOR

Ons wil weer dringend versoek om, wanneer u “reply” op ‘n sms vanaf die kerkkantoor, te meld waaroor dit gaan en u naam by te sit. 

 

MIRIAM NUUS

Miriam nooi ons almal uit om steeds aan te hou bid vir haar Noord-Afrika land.  Sy begin nou gebedsgroepe toespreek om hulle ook aan te moedig om saam te bid en om saam in die verhoring van  gebed te glo, mits ons natuurlik gehoorsaam aan Sy opdragte is en doen wat die Here van ons vra.

 

FAMILIENUUS

U het tyd tot 14 Maart om artikels te stuur na die kerkkantoor (verkieslik foto’s met byskrifte).  Besighede het ook nou die geleentheid om ‘n bladsy per uitgawe te borg @ R250-00 en sodoende u besigheid te adverteer.

 

DOOPKATEGESE

Alle voornemende doopouers en ouers wat klaar gedoop het, word uitgenooi  om die vlg 3 weke elke  Woensdagaand (v/a 11 – 25 Maart) om 18:00 in Die Sentrum bymekaar te kom om toerusting vir die doop te ontvang. Skryf asb in by die kerkkantoor om ‘n handboek te kan ontvang.

 

BASAAR MARKTAFEL

Groep 6 benodig 500ml leë gaskoeldrankbottels (nie waterbottels nie) vir die basaar.  U kan dit by Carien Grobbelaar by die kerkkantoor afgee.

 

ARBEIDSBEDIENING WELLINGTON SAKEONTBYT

Woensdag 19 Mrt v/a 06:30 – 07:30 in die Noord se kerksaal.  Koste is R50-00 pp (ontbyt ingesluit).  Vir kaartjies en meer inligting kontak Johan Crous 021 873 7024 / 072 289 0842.  Kaartjies ook beskikbaar by Noord se kerkkantoor.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS:

Vraag 28: Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles geskep het en dit nog deur sy voorsienigheid onderhou?

Antwoord: Dat ons in alle teëspoed geduldig (a) en in voorspoed dankbaar (b) kan wees. Verder dat ons ook vir die toekoms ’n vaste vertroue in ons getroue God en Vader (c) kan stel dat geen skepsel ons van sy liefde sal skei nie (d), aangesien alle skepsels so in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie (e).

(a) Rom 5:3;  Jak 1:3;  Ps 39:10;  Job 1:21, 22. (b) 1 Tess 5:18;  Deut 8:10. (c) Ps 55:23;  Rom 5:4. (d) Rom 8:38, 39. (e) Job 1:12;  2:6;  Spr 21:1;  Hand 17:2.

In die Nuus