Deur : Skriba  /  March 16th, 2014

EREDIENSTYE VERANDER

Herinnering dat die oggende se eredienstye vanaf 6 April 2014 verander na 09:30 vir die wintermaande (April tot September).

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 by die kerkkantoor.  Kom ons dra dit by die gemeentestap, basaar, Wildsmark,  Malawi uitreik, busuitstappie na Middelburg, tydens Getuienisnaweek, Winter Bybelskool, Vroue- en Mannekampe, ons 4 X 4 dag, op die gesinstrein en sommer oral waar ons as gemeente saam verkeer.

FAMILIENUUS

U het tyd tot 14 Maart om artikels te stuur na die kerkkantoor (verkieslik foto’s met byskrifte).  Besighede het ook nou die geleentheid om ‘n bladsy per uitgawe te borg @ R250-00 en sodoende u besigheid te adverteer.

KAIROS KURSUS

Enige lidmaat word uitgenooi en aangemoedig om in te skryf vir die wêreldbe- kende  Kairos-kursus wat weer vanjaar aangebied word.  Dié kursus gee ons ’n duideliker beeld van God se betrokkenheid by die wêreld en hoe ons as gemeente en as gelowiges inskakel by God se werksaamheid in die wêreld, veral ten opsigte van die onbereikte groepe in die wêreld. Die kursus wat bestaan uit lesings, groepbesprekings, video’s en leeswerk word vanaf 9 April by die NG Kerk Paarlvallei aangebied. Die kursus word oor 9 Woensdagaande vanaf 19:00-21:30 aange bied en kos R350-00. Registrasievorms is by die kerkkantoor of by Ryk van Velden (082 857 4368) beskikbaar.  Kontak Ryk van Velden vir enige verdere navrae oor die kursus.

DANIEL MANNEKONFERENSIE

Op 11 & 12 April 2014 by Diemerskraal net buite Wellington.  Vrydag v/a 18:00 – 21:00 en Saterdag v/a 08:00 – 16:00.  Die kostes bedra R200-00 pp wat etes (behalwe ontbyt) en koffie insluit.  Registrasie en betalings by die kerkkantoor  tot 4 April om 12:00.  As u wil voorbidding doen, skakel met Adell Erasmus 082 925 7190.  As u bereid is om geestelike berading of voorbidding te doen tydens die konferensie, skakel met ds Jan of NJ.

GEMEENTESTAP OUTENIEKWA WANDELPAD 26 – 28 APRIL

Indien u belangstel om saam te stap, kan u u naam opgee by die kerkkantoor of ds Jan.  Die sluitingsdatum vir inskrywings is 17 Maart.  Vervoer en etes is vir u eie kostes en die verblyf is voorlopig ± R280-00 pp.

WATERPUNT – SAFARI HALFMARATHON 1 MEI

Almal wat bereid is om te help by die waterpunt, ontmoet vir Tinus Broodryk in die voorportaal na die oggenddiens.

WOEKERGELEENTHEID VIR BASAAR

Daar is geleentheid vir u om te woeker vir u tafel.  U kan ‘n stalletjie bespreek by die “Op ‘n stasiefees” op 17 Mei.  Vir bespreking en verdere inligting, skakel Tharina Schweidler by 082 779 4001 / 021 873 2832.

MIDDELBURG

Op 21 Junie bied ons gemeente ‘n snoekbraai aan op Middelburg en ons wil graag met ‘n bus vol gemeentelede vir hulle gaan kuier.  Gee asb u naam deur aan die kerkkantoor indien u belangstel om saam te gaan.  Op 1 & 2 Augustus hou ons weer Wildsmark saam met Middelburg gemeente hier by ons.

BONDELSMS’E V/A KERKKANTOOR

Ons wil weer dringend versoek om, wanneer u “reply” op ‘n sms vanaf die kerkkantoor, te meld waaroor dit gaan en u naam by te sit.

BASAAR MARKTAFEL

Groep 6 benodig 500ml leë gaskoeldrankbottels (nie waterbottels nie) vir die basaar.  U kan dit by Carien Grobbelaar by die kerkkantoor afgee.

ARBEIDSBEDIENING WELLINGTON SAKEONTBYT

Woensdag 19 Mrt v/a 06:30 – 07:30 in die Noord se kerksaal.  Koste is R50-00 pp (ontbyt ingesluit).  Vir kaartjies en meer inligting kontak Johan Crous 021 873 7024 / 072 289 0842.  Kaartjies ook beskikbaar by Noord se kerkkantoor.

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Woensdag 19 Maart 19:15 by Moedergemeente se kerksaal.  Die spreker is me Celia Julies, ‘n opvoedkundige Sielkundige en die onderwerp “Hands On my children.”  Ons deure staan oop vir almal, nie net vir depressievegters nie, ons wil almal inspirer en met ‘n goed-voel-gevoel huistoe stuur.  Bywoning is gratis, maar ‘n donasie vir verver- sings is altyd welkom. Petro  021 873 4688 / 072 709 8000.

GEBEDSIMFONIE

Hierdie intergemeentelike gebedsgroep vir herlewing en sending kom weer op Son 16 Mrt om 15:30 bymekaar by Eerstelaan 22. Daar sal vars gebedsake wees oor Wellington se sendelinge. Bring ook jou eie gebedsversoeke saam.  Almal welkom!  Navrae ds Attie van Wijk 082 557 9796.

DEUROFFER

Hul doelstelling is om die Bybel beskikbaar te stel, sonder enige dogmatiese aantekening of kommentaar, aan elke leser in sy eie taal teen ‘n prys wat dit binne bereik van die armste bring.  Hul gereelde werksaamhede sluit vertaling, produksie en verspreiding in.  Hul word gefinansier deur kerke, organisasies, skole en individue.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS:

Vraag 29: Waarom word die Seun van God genoem: Jesus, wat Verlosser beteken?

Antwoord: Omdat Hy ons van al ons sondes verlos (a) en by niemand anders enige saligheid te soek of te kry is nie (b).

(a) Matt 1:21;  Heb 7:25. (b) Hand 4:12;  Joh 15:4, 5;  1 Tim 2:5;  Jes 43:11;  1 Joh 5:11.

In die Nuus