Deur : Skriba  /  March 24th, 2014

GELOOFSBELOFTEVORMSOns herinner u net graag aan u Geloofsbeloftevorm om sendelinge finansieel te ondersteun.  U kan dit in die kollektebordjies tydens die eredienste plaas of by die kerkkantoor ingee.

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 24 – 28 Maart Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.

EREDIENSTYE VERANDER

Herinnering dat die oggende se eredienstye vanaf 6 April verander na 09:30 vir die wintermaande (April tot September).

KAIROS KURSUS

Enige lidmaat word uitgenooi en aangemoedig om in te skryf vir die wêreldbe- kende  Kairos-kursus wat weer vanjaar aangebied word.  Dié kursus gee ons ’n duideliker beeld van God se betrokkenheid by die wêreld en hoe ons as gemeente en as gelowiges inskakel by God se werksaamheid in die wêreld, veral ten opsigte van die onbereikte groepe in die wêreld. Die kursus wat bestaan uit lesings, groepbesprekings, video’s en leeswerk word vanaf 9 April by die NG Kerk Paarlvallei aangebied. Die kursus word oor 9 Woensdagaande vanaf 19:00-21:30 aange- bied en kos R350-00. Registrasievorms is by die kerkkantoor of by Ryk van Velden (082 857 4368) beskikbaar.  Kontak Ryk van Velden vir enige verdere navrae oor die kursus.

DANIEL MANNEKONFERENSIE

Op 11 & 12 April 2014 by Diemerskraal net buite Wellington.  Vrydag v/a 18:00 – 21:00 en Saterdag v/a 08:00 – 16:00.  Die kostes bedra R200-00 pp wat etes (behalwe ontbyt) en koffie insluit.  Registrasie en betalings kan elektronies of by die kerkkantoor  gedoen word tot 4 April om 12:00.  As u wil voorbidding doen, skakel met Adell Erasmus 082 925 7190.  As u bereid is om geestelike berading of voorbidding te doen tydens die konferensie, skakel met ds Jan of NJ.

FAMILIENUUS

U het tyd tot 23 April om artikels te stuur na die kerkkantoor (verkieslik foto’s met byskrifte).  Besighede het ook nou die geleentheid om ‘n bladsy per uitgawe te borg @ R250-00 en sodoende u besigheid te adverteer.

WOEKERGELEENTHEID VIR BASAAR

Daar is geleentheid vir u om te woeker vir u tafel.  U kan ‘n stalletjie bespreek by die “Op ‘n stasiefees” op 17 Mei.  Vir bespreking en verdere inligting, skakel Tharina Schweidler by 082 779 4001 / 021 873 2832.

MIDDELBURG

Op 21 Junie bied ons gemeente ‘n snoekbraai aan op Middelburg en ons wil graag met ‘n bus vol gemeentelede vir hulle gaan kuier.  Gee asb u naam deur aan die kerkkantoor indien u belangstel om saam te gaan.  Op 1 & 2 Augustus hou ons weer Wildsmark saam met Middelburg gemeente hier by ons.

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 by die kerkkantoor.  Kom ons dra dit by die gemeentestap, basaar, Wildsmark,  Malawi uitreik, busuitstappie na Middelburg, tydens Getuienisnaweek, Winter Bybelskool, Vroue- en Mannekampe, ons 4 X 4 dag, op die gesinstrein en sommer oral waar ons as gemeente saam verkeer.

BONDELSMS’E V/A KERKKANTOOR

Ons wil weer dringend versoek om, wanneer u “reply” op ‘n sms vanaf die kerkkantoor, te meld waaroor dit gaan en u naam by te sit.

TOGETHER FOR PEACE IN SYRIA – 11 April 2014

Op 15 Maart is dit amptelik 3 jaar sedert die oorlog in Sirië uitgebreek het.  Christene in Sirië (10% van die bevolking) beplan ‘n groot byeen- koms op 11 April 2014  om te bid.  Hulle vra  ondersteuning van Christene oor die wêreld.  Omdat ons vir Akel van Damaskus by ons in “Stellenbosch International Fellowship” het, wil ons graag ons ondersteuning aan die projek gee.  Ons beplan ‘n aand van inligting en gebed in Kruiskerk (ou Studentekerk op Stellenbosch) op Vrydag 11 April om 19h00.  Hou asb. die aand oop om saam met Akel in te staan vir sy land.  Ons benodig hulp met reelings vir die aand,  ook donasies van olywe, eiers, ens.  Indien jy kan help, kontak ds Jurie Goosen  08 2427 2924.

DEUROFFER- MAGDALENAHUIS

Die Magdalenahuis Swangerskaps-Beradingsentrum is al meer as ‘n eeu oud en focus op 3 diensterreine naamlik swangerskapsberading, aanneming en herkomsnavrae.  Dit is ‘n gespesialiseerde diens wat deur ervare maatskaplike werkers gelewer word. ‘n Veilige hawe word geskep vir swanger getraumatiseerde meisies/vroue deur middel van inwoning en inskakeling by ‘n omvattende ontwikkelingsgerigte program.  Dit sluit in mediese versorging, individuele/groeps-berading, ontwikkeling van lewens- en entrepeneurs vaardighede en pastorale sorg.  Persone kan, indien verkies, ook op buite-pasiënte basis inskakel.  ‘n Groot aantal inwoners kom vanuit swak maatskaplike omstandighede en het nie ondersteuningstelsels nie.  Geen staatsbefondsing word ontvang nie; dus is die Sentrum grotendeels afhanklik van bydraes van gemeentes.

 HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 32: Waarom word jy ’n Christen genoem?

Antwoord: (a) Omdat ek deur die geloof ‘n lid van Christus is (b) en daardeur deel aan sy salwing het (c) sodat ek sy Naam kan bely (d), myself as ’n lewende dankoffer aan Hom kan toewy (e) en in hierdie lewe met ’n vrye gewete teen die sonde en die duiwel kan stry (f) en hierna met Christus in ewigheid oor alle skepsels kan regeer (g).

(a) Hand 11:26. (b) 1 Kor 6:15. (c) 1 Joh 2:27;  Hand 2:17. (d) Matt 10:32;  Rom 10:10. (e) Rom I2:1;  1 Pet 2:5, 9;  Op 1:6;  5:8, 10. (f) 1 Pet 2:11;  Rom 6:12, 13;  Gal 5:16, 17;  Ef 6:11;  1 Tim 1:18, 19. (g) 2 Tim 2:12;  Matt 25:34.

In die Nuus