Deur : Skriba  /  April 6th, 2014

DANIëL MANNEKONFERENSIE – LAASTE KANS OM IN TE SKRYF

Die sluitingsdatum is verskuif na Maandag 7 April om 12:00.  Op 11 & 12 April 2014 by Diemerskraal net buite Wellington (op die R45).  Vrydag v/a 18:00 – 21:00 (registrasie reeds om 17:30) en Saterdag v/a 08:00 – 16:00.  Die kostes bedra R200-00 pp wat etes (behalwe ontbyt) en koffie insluit.  Registrasie en betalings kan elektronies of by die kerkkantoor  gedoen word.  Ons versoek u om asb nie die geld kontant in te betaal by die bank nie twv kostes.  As u bereid is om te help met geestelike berading of om  voorbidding te doen tydens die konferensie, skakel met ds Jan of NJ.

KAIROS KURSUS

Enige lidmaat word uitgenooi en aangemoedig om in te skryf vir die wêreldbe- kende  Kairos-kursus wat weer vanjaar aangebied word.  Dié kursus gee ons ’n duideliker beeld van God se betrokkenheid by die wêreld en hoe ons as gemeente en as gelowiges inskakel by God se werksaamheid in die wêreld, veral ten opsigte van die onbereikte groepe in die wêreld. Die kursus wat bestaan uit lesings, groepbesprekings, video’s en leeswerk word vanaf 9 April by die NG Kerk Paarlvallei aangebied. Die kursus word oor 9 Woensdagaande vanaf 19:00-21:30 aangebied en kos R350-00. Registrasievorms is by die kerkkantoor of by Ryk van Velden (082 857 4368) beskikbaar.  Kontak Ryk van Velden vir enige verdere navrae oor die kursus.

FAMILIENUUS

U het tyd tot 23 April om artikels te stuur na die kerkkantoor (verkieslik foto’s met byskrifte).  Besighede het ook nou die geleentheid om ‘n bladsy per uitgawe te borg @ R250-00 en sodoende u besigheid te adverteer.

WOEKERGELEENTHEID VIR BASAAR

Daar is geleentheid vir u om te woeker vir u tafel.  U kan ‘n stalletjie bespreek by die “Op ‘n stasiefees” op 17 Mei.  Vir bespreking en verdere inligting, skakel Tharina Schweidler by 082 779 4001 / 021 873 2832.

MIDDELBURG

Op 21 Junie bied ons gemeente ‘n snoekbraai aan op Middelburg en ons wil graag met ‘n bus vol gemeentelede vir hulle gaan kuier.  Gee asb u naam deur aan die kerkkantoor indien u belangstel om saam te gaan.  Op 1 & 2 Augustus hou ons weer Wildsmark saam met Middelburg gemeente hier by ons.

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 by die kerkkantoor.  Kom ons dra dit by die gemeentestap, basaar, Wildsmark,  Malawi uitreik, busuitstappie na Middelburg, tydens Getuienisnaweek, Winter Bybelskool, Vroue- en Mannekampe, ons 4 X 4 dag, op die gesinstrein en sommer oral waar ons as gemeente saam verkeer.

AKKERS

Ons wil u aanmoedig om akkers op te tel en na die kerkkantoor te bring sodat dit  verkoop kan word – die fondse gaan vir ons uitreik na Makhathini.

TOGETHER FOR PEACE IN SYRIA – 11 April 2014

Op 15 Maart is dit amptelik 3 jaar sedert die oorlog in Sirië uitgebreek het.  Christene in Sirië (10% van die bevolking) beplan ‘n groot byeen- koms op 11 April 2014  om te bid.  Hulle vra  ondersteuning van Christene oor die wêreld.  Omdat ons vir Akel van Damaskus by ons in “Stellenbosch International Fellowship” het, wil ons graag ons ondersteuning aan die projek gee.  Ons beplan ‘n aand van inligting en gebed in Kruiskerk (ou Studentekerk op Stellenbosch) op Vrydag 11 April om 19h00.  Hou asb. die aand oop om saam met Akel in te staan vir sy land.  Ons benodig hulp met reelings vir die aand,  ook donasies van olywe, eiers, ens.  Indien jy kan help, kontak ds Jurie Goosen  08 2427 2924.

HUIS ANDREW MURRAY OPEDAG & TALENTKOMPETISIE

Vind plaas op Sat 12 April Huis Andrew Murray.  Ons wil graag probeer om soveel as moontlik oud-inwoners ook te betrek om die dag saam met ons te kom geniet.  Indien u weet van `n oud-inwoner, stuur asb hierdie e-pos aan. U kan ook op “facebook” die inligting uitstuur – so kan nog `n paar oud-inwoners bewus gemaak word van ons uitnodiging.  Ons wil u ook uitnooi om saam met ons om 12:00 `n piekniek te kom geniet.  Ons moet u egter vra om vir uself `n piekniekmandjie te pak en die middag saam met die personeel en kinders te kom geniet.  Om ongeveer 13:00 gaan die HAM kinders ons vermaak met hul talent.  Ons glo en vertrou dat dit `n heerlike dag gaan wees sodat ons lekker buite onder die groot boom kan kuier.  Ons beplan om teen 15:00 die program te voltooi.  Indien u saam met ons wil kom kuier, kan u my net per e-pos in kennis stel voor/op Woens 9 April.  Elsabe Sauerman 021 873 3834 / elsabe@andrewmurray.org.za

DEUROFFER – BADISA

Badisa beteken barmhartigheid (NGK se omgee uitreik) en diakonale dienste (VGK se omgee uitreik) wat saam funksioneer. Hierdie gesamentlike aksies van ons kerke bied maatskaplike dienste en versorging vir alle soorte mense met ongeveer alle soorte behoeftes.  Dit is tot ons elkeeen se beskikking.  Bid asb. vir Badisa se werk en ondersteun hulle waar jy kan.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 34: Waarom noem jy Hom ons Here?

Antwoord: Omdat Hy ons na liggaam en siel van die sondes en uit alle heerskappy van die duiwel nie met goud of silwer nie maar met sy kosbare bloed tot sy eiendom verlos en vrygekoop het (a).

(a) 1 Pet 1:18, 19;  2:9;  1 Kor 6:20;  1 Tim 2:6;  Joh 20:28

In die Nuus