Deur : Skriba  /  April 13th, 2014

PEUTERKERK

Ons is dringend op soek na hulp by die Peuterkerk (2-4 jariges) om aan te bied en/of toesig te hou.  Kontak asb.vir Adell 082 925 7190 indien u kans sien om te help.

 

WEBWERF

Indien daar persone is wat bereid is om te help om ons webwerf op datum te hou, skakel asb die kerkkantoor.

WOEKERGELEENTHEID VIR BASAAR

Daar is geleentheid vir u om te woeker vir u tafel.  U kan ‘n stalletjie bespreek by die “Op ‘n stasiefees” op 17 Mei.  Vir bespreking en verdere inligting, skakel Tharina Schweidler by 082 779 4001 / 021 873 2832.

OSBRAAI SAT 24 MEI

Kaartjies is nou te koop @ R60-00 pp by die kerkkantoor of u diaken.

MIDDELBURG

Op 21 Junie bied ons gemeente ‘n snoekbraai aan op Middelburg en ons wil graag met ‘n bus vol gemeentelede vir hulle gaan kuier.  Gee asb u naam deur aan die kerkkantoor indien u belangstel om saam te gaan.  Op 1 & 2 Augustus hou ons weer Wildsmark saam met Middelburg gemeente hier by ons.

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 by die kerkkantoor.  Kom ons dra dit by die gemeentestap, basaar, Wildsmark,  Malawi uitreik, busuitstappie na Middelburg, tydens Getuienisnaweek, Winter Bybelskool, Vroue- en Mannekampe, ons 4 X 4 dag, op die gesinstrein en sommer oral waar ons as gemeente saam verkeer.

AKKERS

Ons wil u aanmoedig om akkers op te tel en na die kerkkantoor te bring sodat dit  verkoop kan word – die fondse gaan vir ons uitreik na Makhathini.

WINTERSTRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening beplan ‘n verkoping vir 14 Junie. Warm klere, beddegoed, gordyne en enige bruikbare artikel kan by die kerkkantoor afgegee word.  Fondse gaan vir doeke vir Silwerkruin.

WERKSGELEENTHEID IN AMERIKA

Daar word gesoek na 20 vragmotorbestuurder met kode 14 lisensies wat Suid-Afrikaanse burgers is.  Kontrak vir 6 maande moet geteken word.  Vir verdere inligting epos aan usatruckdrivers@gmail.com

GEBEDSIMFONIE (interkerklike bidgroep vir herlewing en sending)

Die volgende byeenkoms verskuif na Son 13 April om 15:30 aangesien die derde Sondag die Paasnaweek is. Almal welkom.  Bring ook jou eie gebedsonderwerpe saam.  Ons sal vir ons sendelinge by die naam bid met die vars sake wat elkeen ingestuur het.  Vir meer inligting, skakel ds Attie van Wijk 082 557 9796.

NG KERK MERWEVILLE DANKFEES

Die gemeente van Merweville hou hulle Dankfees v/a 2 – 4 Mei 2014.  Op Saterdag 3 Mei is daar ook bergfietsritte van 40 en 10 km.  Vir meer inligting kontak Herman Burger 023 501 4011.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 35: Wat beteken: wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria?

Antwoord: Dat die ewige Seun van God, wat ware en ewige God is (a) en bly (b), die ware menslike natuur uit die vlees en bloed van die maagd Maria (c) deur die werking van die Heilige Gees aangeneem het (d).

So is Hy tegelykertyd die ware nakomeling van Dawid (e), in alles aan sy broers gelyk (f), behalwe die sonde (g)

(a) 1 Joh 5:20;  Joh 1:1; 17:3;  Rom 1:3;  Kol 1:15. (b) Rom 9:5. (c) Gal 4:4;  Luk 1:31, 42, 43. (d) Matt 1:20;  Luk 1:35. (e) Rom 1:3;  Ps 132:11;  2 Sam 7:12;  Luk 1:32;  Hand 2:30. (f) Fil 2:7; Heb 2:14, 17. (g) Heb 4:15.

In die Nuus