Deur : Skriba  /  April 20th, 2014

PEUTERKERK

Ons is dringend op soek na hulp by die Peuterkerk (2-4 jariges) om aan te bied en/of toesig te hou.  Kontak asb.vir Adell 082 925 7190 indien u kans sien om te help.

 

WEBWERF

Indien daar persone is wat bereid is om te help om ons webwerf op datum te hou, skakel asb die kerkkantoor.

 

SAFARI HALFMARATHON DON 1 MEI

Mense wat wil help by ons kerk se waterpunt, skakel asb vir Tinus Broodryk 021 873 0320 (W) / 082 920 2290.

 

WOEKERGELEENTHEID VIR BASAAR

Daar is geleentheid vir u om te woeker vir u tafel.  U kan ‘n stalletjie bespreek by die “Op ‘n stasiefees” op 17 Mei.  Vir bespreking en verdere inligting, skakel Tharina Schweidler by 082 779 4001 / 021 873 2832.

 

OSBRAAI SAT 24 MEI

Kaartjies is nou te koop @ R60-00 pp by die kerkkantoor of u diaken.

 

MIDDELBURG

Op 21 Junie bied ons gemeente ‘n snoekbraai aan op Middelburg en ons wil graag met ‘n bus vol gemeentelede vir hulle gaan kuier.  Gee asb u naam deur aan die kerkkantoor indien u belangstel om saam te gaan.  Op 1 & 2 Augustus hou ons weer Wildsmark saam met Middelburg gemeente hier by ons.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 by die kerkkantoor.  Kom ons dra dit by die gemeentestap, basaar, Wildsmark,  Malawi uitreik, busuitstappie na Middelburg, tydens Getuienisnaweek, Winter Bybelskool, Vroue- en Mannekampe, ons 4 X 4 dag, op die gesinstrein en sommer oral waar ons as gemeente saam verkeer.

 

AKKERS

Ons wil u aanmoedig om akkers op te tel en na die kerkkantoor te bring sodat dit  verkoop kan word – die fondse gaan vir ons uitreik na Makhathini.

 

WINTERSTRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening beplan ‘n verkoping vir 14 Junie. Warm klere, beddegoed, gordyne en enige bruikbare artikel kan by die kerkkantoor afgegee word.  Fondse gaan vir doeke vir Silwerkruin.

WERKSGELEENTHEID IN AMERIKA

Daar word gesoek na 20 vragmotorbestuurder met kode 14 lisensies wat Suid-Afrikaanse burgers is.  Kontrak vir 6 maande moet geteken word.  Vir verdere inligting epos aan usatruckdrivers@gmail.com

DEPRESSIE EN ANGS ONDERSTEUNINGGROEP

Woens 23 April om 19:15 in die Kerksaal in Kerkstraat, Wellington.  Die spreker is dr ST Potgieter ~  sielkundige, skrywer en  bekende oor die radio en sy onderwerp is “Angs”. Angs ontwrig baie  mense se lewens en steel hulle lewens- vreugde.  Onthou, daar is dikwels ‘n noue verband tussen depressie en angs.  Almal is welkom, nie net depressievegters nie!  Bywoning is gratis maar ‘n klein donasie sal welkom wees. Vir meer inligitn kontak Petro 021 873 4688 / 072 709 8000.

NG KERK MERWEVILLE DANKFEES

Die gemeente van Merweville hou hulle Dankfees v/a 2 – 4 Mei 2014.  Op Saterdag 3 Mei is daar ook bergfietsritte van 40 en 10 km.  Vir meer inligting kontak Herman Burger 023 501 4011.

 

VROUE WAT GLO INSPIRASIE UUR IN SAMEWERKING MET FINESSE

Sat 24 Mei 2014 by NGK Stellenberg, h/v Edelweissweg en Mountainviewrylaan, Eversdal, Durbanville v/a 12:30 – 13:30.  Let asseblief daarop dat plekke nie vooraf bespreek word nie.  Maak dus seker jy kom vroeg om ’n goeie sitplek te kry. Die deure maak reeds om 11:30 oop. Koste: slegs R100-00 pp (bring jou vriendinne saam!).  Heerlike koffie, tee en verversings is ingesluit. Gaan na www.vrouewatglo.co.za vir besprekings en meer besonderhede oor die spreker en sanger.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 35:

 Vraag 37: Wat verstaan jy onder die woordjie: gely?

Antwoord: Dat Christus na liggaam en siel tydens sy hele lewe op aarde, maar veral aan die einde daarvan die toorn van God teen die sonde van die hele menslike geslag gedra het (a). So het Hy met sy lyding as die enigste versoeningsoffer (b) ons liggaam en siel van die ewige verdoemenis verlos (c) en vir ons die genade van God, die geregtigheid en die ewige lewe verwerf (d).

(a) Jes 53:4;  1 Pet 2:24; 3:18;  1 Tim 2:6. (b) Jes 53:10;  Ef 5:2;  1 Kor 5:7;  1 Joh 2:2;  Rom 3:25; Heb 9:28;  10:14. (c) Gal 3:13;  Kol 1:13;  Heb 9:12;  1 Pet 1:18, 19. (d) Rom 3:25;  2 Kor 5:21;  Joh 3:16;  6:51;  Heb 9:15;  10:19.

In die Nuus