Deur : Skriba  /  April 27th, 2014

GRONDWET

Ons het ‘n Konstitusionele Demokrasie en nie ‘n (gewone) Meerderheid-Demokrasie nie. Die regering word wel met ‘n meerderheid gekies, maar regeer dan die land volgens die waardes van die Grondwet / Konstitusie, die hoogste gesag in ons land. Die volledige Grondwet kan by www.kaapkerk.co.za in Afrikaans verkry word.

 

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 28 April – 2 Mei  Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.

 

GROEPE 3 & 4 WOEKERPROJEK

Groepe 3 en 4 gaan jaffles maak en verkoop tydens die Safari Halfmarathon op Don 1 Mei tbv hulle basaartafel.  Hulle benodig dringend hulp met die vlg:  broodsmeer op Dinsdag 29 April v/a 16:00 – 18:00 in die kerk se kombuis asook die opskep van die vleis op die broodjies op Woensdag 30 April ook v/a 16:00 – 18:00 in die kerk se kombuis.  Indien u kan help, kontak asb vir Louise Engelbrecht by 021 864 1799 of die kerkkantoor.

SAFARI HALFMARATHON DON 1 MEI

Mense wat wil help by ons kerk se waterpunt, skakel asb vir Tinus Broodryk 021 873 0320 (W) / 082 920 2290.

WOEKERGELEENTHEID VIR BASAARTAFELS

Daar is geleentheid vir u om te woeker vir u tafel.  U kan ‘n stalletjie bespreek by die “Op ‘n stasiefees” op 17 Mei.  Vir bespreking en verdere inligting, skakel Tharina Schweidler by 082 779 4001 / 021 873 2832.

OSBRAAI SAT 24 MEI

Kaartjies is nou te koop @ R60-00 pp by die kerkkantoor of u diaken.

MIDDELBURG

Op 21 Junie bied ons gemeente ‘n snoekbraai aan op Middelburg en ons wil graag met ‘n bus vol gemeentelede vir hulle gaan kuier.  Gee asb u naam deur aan die kerkkantoor indien u belangstel om saam te gaan.  Op 1 & 2 Augustus hou ons weer Wildsmark saam met Middelburg gemeente hier by ons.

PEUTERKERK

Ons is dringend op soek na hulp by die Peuterkerk (2-4 jariges) om aan te bied en/of toesig te hou.  Kontak asb.vir Adell 082 925 7190 indien u kans sien om te help.

 

WEBWERF

Indien daar persone is wat bereid is om te help om ons webwerf op datum te hou, skakel asb die kerkkantoor.

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 by die kerkkantoor.  Kom ons dra dit by die gemeentestap, basaar, Wildsmark,  Malawi uitreik, busuitstappie na Middelburg, tydens Getuienisnaweek, Winter Bybelskool, Vroue- en Mannekampe, ons 4 X 4 dag, op die gesinstrein en sommer oral waar ons as gemeente saam verkeer.

AKKERS

Ons wil u aanmoedig om akkers op te tel en na die kerkkantoor te bring sodat dit  verkoop kan word – die fondse gaan vir ons uitreik na Makhathini.

WINTERSTRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening beplan ‘n verkoping vir 14 Junie. Warm klere, beddegoed, gordyne en enige bruikbare artikel kan by die kerkkantoor afgegee word.  Fondse gaan vir doeke vir Silwerkruin.

WERKSGELEENTHEID IN AMERIKA

Daar word gesoek na 20 vragmotorbestuurder met kode 14 lisensies wat Suid-Afrikaanse burgers is.  Kontrak vir 6 maande moet geteken word.  Vir verdere inligting epos aan usatruckdrivers@gmail.com

SILWERKRUIN ACVV HUIS VIR BEJAARDES

Hou hul jaarlikse basaar Saterdag 10 Mei.  Daar is nog kaartjies teen R70-00 elk vir die heerlike piekniekontbyt beskikbaar by Silwerkruin.  Navrae kan gerig word aan me  A Jacobs by tel 021 873 1040.

NG KERK MERWEVILLE DANKFEES

Die gemeente van Merweville hou hulle Dankfees v/a 2 – 4 Mei 2014.  Op Saterdag 3 Mei is daar ook bergfietsritte van 40 en 10 km.  Vir meer inligting kontak Herman Burger 023 501 4011.

VROUE WAT GLO INSPIRASIE UUR SAAM MET FINESSE

Sat 24 Mei 2014 by NGK Stellenberg v/a 12:30 – 13:30.  Maak seker jy kom vroeg om ’n goeie sitplek te kry aangsien sitplekke nie vooraf bespreek word nie.  Deure maak reeds om 11:30 oop. Koste is slegs R100-00 pp wat koffie, tee en verversings insluit. Gaan na www.vrouewatglo.co.za vir meer besonderhede.

DEUROFFER STUDENTEBEARBEIDING

Bediening aan studente is vir die kerk van uiterste belang, want dit is ‘n belegging in die geestelike vorming van môre se leiers.  Die fondse wat hiervoor ingesamel word, word gegee vir bediening van studente op verskillende plekke. Die grootste gedeelte van fondse gaan na Moederkerk in Stellenbosch wat sedert die samesmelting met Studentekerk, verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie bediening waar die grootste konsentrasie studente is.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 45: Watter nut het die opstanding van Christus vir ons?

Antwoord: Ten eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin sodat Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het, deelagtig kon maak (a). Ten tweede word ons nou ook deur sy krag tot ’n nuwe lewe opgewek (b). Ten derde is die opstanding van Christus vir ons ’n betroubare waarborg van ons salige opstanding (c)

(a) Rom 4:25;  1 Pet 1:3; 1 Kor 15:16. (b) Rom 6:4; Kol 3:1, 5; Ef2:5, 6. (c) 1 Kor 15:20, 21

In die Nuus