Deur : Skriba  /  May 4th, 2014

GEBEDSGELEENTHEID

Neem asb kennis van die gebedsgeleentheid Woensdagoggend (stemdag) om 06:00 in die konsistorie.

 

GRONDWET

Ons het ‘n Konstitusionele Demokrasie en nie ‘n (gewone) Meerderheid-Demokrasie nie. Die regering word wel met ‘n meerderheid gekies, maar regeer dan die land volgens die waardes van die Grondwet / Konstitusie, die hoogste gesag in ons land. Die volledige Grondwet kan by www.kaapkerk.co.za in Afrikaans verkry word.

 

VREUGDEDIENS VERGADERING

Vreugdediens vergader Don 8 Mei om 10:00 by Hetta Cloete se huis.  Let asb op die veranderde datum agv verkiesing.

 

WOEKERGELEENTHEID VIR BASAARTAFELS

Daar is geleentheid vir u om te woeker vir u tafel.  U kan ‘n stalletjie bespreek by die “Op ‘n stasiefees” op 17 Mei.  Vir bespreking en verdere inligting, skakel Tharina Schweidler by 082 779 4001 / 021 873 2832.

 

OSBRAAI SAT 24 MEI

Kaartjies is nou te koop @ R60-00 pp by die kerkkantoor of u diaken.

 

MIDDELBURG

Op 21 Junie bied ons gemeente ‘n snoekbraai aan op Middelburg en ons wil graag met ‘n bus vol gemeentelede vir hulle gaan kuier.  Gee asb u naam deur aan die kerkkantoor indien u belangstel om saam te gaan.  Op 1 & 2 Augustus hou ons weer Wildsmark saam met Middelburg gemeente hier by ons.

 

PEUTERKERK

Ons is dringend op soek na hulp by die Peuterkerk (2-4 jariges) om aan te bied en/of toesig te hou.  Kontak asb.vir Adell 082 925 7190 indien u kans sien om te help.

 

WEBWERF

Indien daar persone is wat bereid is om te help om ons webwerf op datum te hou, skakel asb die kerkkantoor.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 by die kerkkantoor.  Kom ons dra dit by die gemeentestap, basaar, Wildsmark,  Malawi uitreik, busuitstappie na Middelburg, tydens Getuienisnaweek, Winter Bybelskool, Vroue- en Mannekampe, ons 4 X 4 dag, op die gesinstrein en sommer oral waar ons as gemeente saam verkeer.

 

AKKERS

Ons wil u aanmoedig om akkers op te tel en na die kerkkantoor te bring sodat dit  verkoop kan word – die fondse gaan vir ons uitreik na Makhathini.

 

WINTERSTRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening beplan ‘n verkoping vir 14 Junie. Warm klere, beddegoed, gordyne en enige bruikbare artikel kan by die kerkkantoor afgegee word.  Fondse gaan vir doeke vir Silwerkruin.

WERKSGELEENTHEID IN AMERIKA

Daar word gesoek na 20 vragmotorbestuurder met kode 14 lisensies wat Suid-Afrikaanse burgers is.  Kontrak vir 6 maande moet geteken word.  Vir verdere inligting epos aan usatruckdrivers@gmail.com

SILWERKRUIN ACVV HUIS VIR BEJAARDES

Hou hul jaarlikse basaar Saterdag 10 Mei.  Daar is nog kaartjies teen R70-00 elk vir die heerlike piekniekontbyt beskikbaar by Silwerkruin.  Navrae kan gerig word aan me  A Jacobs by tel 021 873 1040.

 

VROUE WAT GLO INSPIRASIE UUR SAAM MET FINESSE

Sat 24 Mei 2014 by NGK Stellenberg v/a 12:30 – 13:30.  Maak seker jy kom vroeg om ’n goeie sitplek te kry aangsien sitplekke nie vooraf bespreek word nie.  Deure maak reeds om 11:30 oop. Koste is slegs R100-00 pp wat koffie, tee en verversings insluit. Gaan na www.vrouewatglo.co.za vir meer besonderhede.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 46: Wat verstaan jy onder: wat opgevaar het na die hemel?

Antwoord: Christus is voor die oë van sy dissipels van die aarde af na die hemel opgeneem (a) en Hy is vir ons daar ten goede (b) totdat Hy terugkom om reg te spreek oor die lewendes en die wat alreeds gesterf het (c)

(a) Hand 1:9;  Mark 16:19;  Luk 24:51:  (b) Heb 9:24;  4:14;  Rom 8:34;  Kol 3:1. (c) Hand 1:11;  Matt 24:30

In die Nuus