Deur : Skriba  /  May 11th, 2014

DS NJ VERLOF

Ds NJ is met verlof Saterdag 17 Mei en Sondag 18 Mei.

 

UITREIK – STRAATWERK

Ons gaan Vrydag 16 Mei uitreik in die middestad van Kaapstad.  Ons kom 18:30 by Die Sentrum bymekaar waarvandaan ons saam vertrek.  Indien u belangstel om saam te gaan, skakel asb die kerkkantoor voor of op Donderdag 15 Mei om 14:00.

 

MALAWI UITREIK V/A 28 JUNIE – 11 JULIE

Daar is nog 2 plekke beskikbaar.  Die kostes beloop R3 200-00 pp.  Indien u sou belangstel om ook te gaan, skakel asb vir ds Jan of die kerkkantoor.

 

WOEKERGELEENTHEID VIR BASAARTAFELS

Daar is geleentheid vir u om te woeker vir u tafel.  U kan ‘n stalletjie bespreek by die “Op ‘n stasiefees” op 17 Mei.  Vir bespreking en verdere inligting, skakel Tharina Schweidler by 082 779 4001 / 021 873 2832.

 

OSBRAAI SAT 24 MEI

Kaartjies is nou te koop @ R60-00 pp by die kerkkantoor of u diaken.

 

BELYDENISKLAS 2013

Kom kuier en geniet iets lekker saam op ds NJ se stoep op 25 Mei net na die oggenddiens.

 

PINKSTER 2014

V/a Donderdag 29 Mei tot Sondag 8 Junie met die tema  “Leef met passie”.  Kinderpinkster skop af op Sondag 25 Mei en weer v/a 2 – 5 Junie om 19:00 in Die Sentrum. 

 

SNOEKBRAAI OP MIDDELBURG

Op 21 Junie bied ons gemeente ‘n snoekbraai aan op Middelburg en ons wil graag met ‘n bus vol gemeentelede vir hulle gaan kuier.  Gee asb u naam deur aan die kerkkantoor indien u belangstel om saam te gaan. 

 

WILDSFEES 1 & 2 AUGUSTUS

Vrydagaand:  Wildsprodukte te koop, Wintervrolikheid stalletjies en Internasionale etes.  Saterdag:  Wildsprodukte te koop, Wintervrolikheid stalletjies en buitelug uitstallings.  Die Saterdag is daar woekergeleenthede vir die basaartafels.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.

 

FINANSIELE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars. 

 

MUSIEKBEDIENING

Ons is op soek na ‘n “keybord” begeleier/leidster vir een van ons voorsanggroepe.  Indien u belangstel, skakel asb met Carleen 082 780 3519.

 

WEBWERF

Indien daar persone is wat bereid is om te help om ons webwerf op datum te hou, skakel asb die kerkkantoor.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 by die kerkkantoor.  Kom ons dra dit by die gemeentestap, basaar, Wildsmark,  Malawi uitreik, busuitstappie na Middelburg, tydens Getuienisnaweek, Winter Bybelskool, Vroue- en Mannekampe, ons 4 X 4 dag, op die gesinstrein en sommer oral waar ons as gemeente saam verkeer.

 

AKKERS

Ons wil u aanmoedig om akkers op te tel en na die kerkkantoor te bring sodat dit  verkoop kan word – die fondse gaan vir ons uitreik na Makhathini.

 

WINTERSTRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening beplan ‘n verkoping vir 14 Junie. Warm klere, beddegoed, gordyne en enige bruikbare artikel kan by die kerkkantoor afgegee word.  Fondse gaan vir doeke vir Silwerkruin.

G VOUCHER PROJEK

Hierdie projek benodig dringend enige 2de handse klere.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

VRUG OP DIE GELOOFSOFFER

Free to Serve” het die eerste kerk in Sjina geplant.  Ons ondersteuning deur ons geloofsoffer het dus ‘n bydrae gemaak tot hierdie wonderlike kerkplanting onder onbereikte mense. 

 

VROUE WAT GLO INSPIRASIE UUR SAAM MET FINESSE

Sat 24 Mei 2014 by NGK Stellenberg v/a 12:30 – 13:30.  Maak seker jy kom vroeg om ’n goeie sitplek te kry aangsien sitplekke nie vooraf bespreek word nie.  Deure maak reeds om 11:30 oop. Koste is slegs R100-00 pp wat koffie, tee en verversings insluit. Gaan na www.vrouewatglo.co.za vir meer besonderhede.

 

DEUROFFER – CHRISTELIKE LEKTUURFONDS

CLF voorsien reeds ‘n halfeeu gratis lektuur aan mense om die Boodskap van die Bybel aan hul te bring in hul eie taal.  Lektuur, in pamfletvorm, dek verskillende temas soos geloofsekerheid, maar spreek ook sosiale kwessies soos dwelm- en alkoholmisbruik aan asook mishandeling en geweld.  Ander temas word omsluit in pamflette oor huweliksverryking, lewenskeuses, depressie, selfmoord, hoe om die dood van ‘n geliefde te verwerk en nog vele meer.  Hierdie is ‘n kragtige evangelisasie instrument vir gemeentes.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 47: Is Christus dan nie by ons tot die einde van die wêreld soos Hy ons beloof het nie (a)?

Antwoord: Christus is ware mens en ware God. Wat sy menslike natuur betref, is Hy nie meer op aarde nie (b), maar wat sy Godheid, majesteit, genade en Gees betref, gaan Hy nooit meer van ons af weg nie (c)

(a) Matt 28:20. (b) Heb 8:4;  Matt 26:11;  Joh 16:28; 17:11;  Hand 3:21. (c) Joh 14:18;  Matt 28:20

In die Nuus