Deur : Skriba  /  May 18th, 2014

ONDERLEIEROUDERLING

Danie Theart is op ‘n kerkraadsvergadering van 5 Mei 2014 verkies tot leierouderling.  Ons wens hom sterkte toe.

 

AANDAG OUERS MET KINDERS 2 & 3 JAAR

Die Peuterkerk is Sondae spesiaal vir hierdie klein maatjies gedurende die erediens.  Marina Botha, Lucy Rossouw en Antoinette Venter is die mamma’s wat die lessies aanbied en hulle doen baie moeite.  Wag net ‘n paar oomblikke indien daar nog nie iemand is nie, hulle is BAIE getrou.

 

BELYDENISKLAS 2013

Kom kuier en geniet iets lekker saam op ds NJ se stoep vanoggend net na die oggenddiens.

 

OSBRAAI

Kom geniet ‘n heerlike ete (wit- en rooiwyn, spitgebraaide beesvleis, gegeurde rys, heerlike patatrol, Hawaise groenteslaai, roosterkoek, tradisionele koejawelpoeding en lekkerrrr koffie) saam op Saterdag 24 Mei by die kerk.  Ons skep op v/a 18:00 – 20:00.  Kaartjies is nou te koop @ R60-00 pp by die kerkkantoor of u diaken.  Dit is ‘n aansitete, maar u kan u kos ook wegneem indien u sou verkies.

 

DANKOFFERSONDAG 1 JUNIE

Die koeverte word gedurende Mei deur die diakens in die wyke uitgedeel.  Indien u nie ‘n koevert ontvang het nie, kontak u diaken of kry dit by kerkkantoor.  U bring u dankoffer op Sondag 1 Junie na die kerk of enige ander Sondag gedurende Junie.  U kan dit ook by die kerkkantoor inhandig gedurende Junie.

 

PINKSTER 2014 – “Leef met ‘n passie”

V/a Donderdag 29 Mei tot Sondag 8Junie.  Voorbidding vir Pinkster v/a 26 – 28 Mei om 06:30 – 07:00 in die konsistorie.  Kom ons vra die Heilige Gees om ons innerlik te vernuwe sodat ons voluit vir God kan leef.

 

KINDERPINKSTER 2014

‘n Aardse woning vir ‘n Hemelse Koning! “  Sondag 25 Mei Kinderkerk en Junior Kategese skop af.  Maandag 2 Junie tot Donderdag 5 Junie in Die Sentrum om 19:00. Gr R – 6 almal welkom.  Graad 7’s en seniors kom meld asb vroegtydig aan as hulp!

 

WINTERSTRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening beplan ‘n verkoping vir 14 Junie. Warm klere, beddegoed, gordyne en enige bruikbare artikel kan by die kerkkantoor afgegee word.  Fondse gaan vir doeke vir Silwerkruin.

 

MIDDELBURG SNOEKBRAAI 21 JUNIE

Ons wil graag gemeentelede saamneem om daar te gaan kuier.  Indien u wil saamgaan, gee asb u naam deur aan die kerkkantoor.  Ons vertrek DV Donderdag 19 Junie en kom weer Sondag 22 Junie terug.

 

BYBELSKOOL 2014

Kry die waterbootse, harke en snoeiskêre gereed – Graad R tot 6.  Hou die spasie dop vir volledige inligting.  Maandag 30 Junie tot Vrydag 4 Julie.  Ons nooi alle tieners, studente, jongmense en volwassenes wat graag wil deel wees as leier en/of helper om jou besonderhede deur te gee.  Tannie Adell 082 925 7190 / adellerasmus@gmail.com

 

KAIROS KURSUS IN MALAWI

As deel van die uitreik na Malawi sal ’n intensiewe weergawe van die  Kairos kursus vir die teologiese studente aangebied word.  Die kursuskoste as sodanig is R300 per student. Ons wil u uitnooi om ons met die aanbieding van die kursus te help deur ’n student vir die kursus te borg.  U kan die kerkkantoor of Ryk van Velden 082 857 4368 in dié verband kontak. 

 

WILDSFEES

Vrydagaand 1 Augustus & Saterdagoggend 2 Augustus:  Vrydagaand is  wildsprodukte te koop, Wintervrolikheid se stalletjies en die Internasionale etes.  Saterdag word weer wildsprodukte verkoop, Wintervrolikheid se stalletjies en buitelug uitstallings.  (Die Saterdag is daar woekergeleenthede vir die basaartafels.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.)

 

FINANSIëLE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

 

MUSIEKBEDIENING

Ons is op soek na ‘n “keybord” begeleier/leidster vir een van ons voorsanggroepe.  Indien u belangstel, skakel asb met Carleen 082 780 3519.

 

WELLINGTON-OOS T-HEMDE

Ons wil u graag aanmoedig om een van ons eie T-hemde (blou, ligblou of grys) aan te skaf @ R60-00 by die kerkkantoor.  Kom ons dra dit by die gemeentestap, basaar, Wildsmark,  Malawi uitreik, busuitstappie na Middelburg, tydens Getuienisnaweek, Winter Bybelskool, Vroue- en Mannekampe, ons 4 X 4 dag, op die gesinstrein en sommer oral waar ons as gemeente saam verkeer.

 

G VOUCHER PROJEK

Hierdie projek benodig dringend enige 2de handse klere.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

DRIES VOLSCHENK IN MADAGASKAR

Die Getuienisbediening wil graag almal van harte bedank wat gereageer het op die uitnodiging om fondse by die kerkkantoor in te betaal om Dries Volschenk in Madagaskar te help met die groot uitgawes wat hy moes aangaan ten opsigte van sy voertuig waarsonder hy nie kan funksioneer nie. Ons kon R 12 500-00 aan hom oorbetaal.

 

DEUROFFER – BYBELGENOOTSKAP

Hul doelstelling is om die Bybel beskikbaar te stel, sonder enige dogmatiese aantekening of kommentaar, aan elke leser in sy eie taal teen ‘n prys wat dit binne bereik van die armste bring.  Hul gereelde werksaamhede sluit vertaling, produksie en verspreiding in.  Hul word gefinansier deur kerke, organisasies, skole en individue.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Woens 21 Mei om  9:15 Moedergemeente se kerk-saal.  Die spreker dr Gert van Niekerk, ‘n psigiater, en die onderwerp “Depressie en Slaap”.  Ons gaan nie ‘n slaperige aand hê nie, maar sal op-en-wakker sit en luister om later met genoeg kennis in die bed te gaan klim.  Onthou, ons is nie net vir depressievegters nie, almal is welkom. Kennis is mag en op dié manier kan ons onsself bewapen om teen die swart hond te veg. Bywoning is gratis,  maar ‘n donasie is welkom.  Vir meer inligting, kontak Petro by 072 709 8000 of  021 873 4688.

 

GEBEDSIMFONIE

Hierdie interkerklike bidgroep vir herlewing en sendelinge kom weer vanmid- dag bymekaar by Eerstelaan 22 om 15:30. Ons bid saam vir spesifieke persone en sak sake. Bring jou eie gebedsonderwerpe saam. Vir meer inligting skakel ds Attie van Wijk, 082 557 9796.

 

CURVES WELLINGTON LIEFDADIGHEIDSPROJEK

Curves loods op ‘n gereelde basis ‘n liefda-digheidsprojek vir ‘n spesifieke doel.  Gedurende Mei samel hulle nie-bederfbare produkte in vir NORSA.  U kan dit by die kerkkantoor afgee of by Curves self.

 

PAARLBERG GEMEENTE GAWEMARK

Paarlberg Gemeente hou vanaf 23 tot 31 Mei hul jaarlikse Gawemark. Daar sal oor die 40 uitstallers wees met geskenke, juweliersware, gebak, kuns, pragtige handwerk en vele meer.  Die mark vind plaas by die kerksaal langs die kerk in Bo-Langstraat, Noorder-Paarl en sal oop wees op weeksdae vanaf 10:00 tot 18:30 en Saterdae vanaf 09:00 tot 15:00. Kontak die kerkkantoor by 021 872 8072 vir meer besonderhede.

 

DRAKENSTEIN SE GETUIENISBEDIENING

Hou ‘n Getuienis-Aangee-ete tbv onder andere hulle sendelinge (waaronder Wessel Cronje) op 1 Junie 2014.  Die koste is R60 pp.  Wegneemetes  is ook beskikbaar teen dieselfde prys.  Kaartjies is verkrygbaar by Drakenstein se kerkkantoor tot en met 25 Mei.  Vir navrae kontak Lona Liebenberg by 082 382 0526.

 

VROUE WAT GLO INSPIRASIE UUR SAAM MET FINESSE

Sat 24 Mei 2014 by NGK Stellenberg v/a 12:30 – 13:30.  Maak seker jy kom vroeg om ’n goeie sitplek te kry aangsien sitplekke nie vooraf bespreek word nie.  Deure maak reeds om 11:30 oop. Koste is slegs R100-00 pp wat koffie, tee en verversings insluit. Gaan na www.vrouewatglo.co.za vir meer besonderhede.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 48: Maar as die mensheid nie oral is waar die Godheid is nie, word die twee nature in Christus dan nie van mekaar geskei nie?

Antwoord: Nee, glad nie. Die Godheid kan immers deur niks ingeperk word nie en is orals teenwoordig (a).

Hieruit moet volg dat die Godheid wel buite sy aangenome mensheid (b) is, maar tog ook daarin is en persoonlik daarmee verenig bly.

(a) Jer 23:24;  Hand 7:49. (b) Kol 2:9; Joh 3:13;  11:15;  Matt 28:6.

In die Nuus