Deur : Skriba  /  May 25th, 2014

PINKSTER 2014

Die program vir Pinkster is op ons webwerf beskikbaar.  Daar gaan weer elke aand lekker sop en brood na die diens in die saal wees asook geestelike boeke (behalwe Sondagaand) te koop ten bate van Madagaskar.  Ons benodig dringend nie-bederfbare produkte, toiletware en skoonmaakmiddels vir ons noodkas – daar sal gedurende die loop van Pinkster mandjies agter in die kerk wees waarin u hierdie produkte kan plaas. Die deuroffer v/a Maandag tot Donderdag gaan vir Bybelverspreiding.

 

BELYDENISKLAS 2013

Kom kuier en geniet iets lekker saam met ds NJ op sy stoep vanoggend net na die oggenddiens.

 

DANKOFFERSONDAG 1 JUNIE

Die koeverte word gedurende Mei deur die diakens in die wyke uitgedeel.  Indien u nie ‘n koevert ontvang het nie, kontak u diaken of kry dit by kerkkantoor.  U bring u dankoffer op Sondag 1 Junie na die kerk of enige ander Sondag gedurende Junie.  U kan dit ook by die kerkkantoor inhandig gedurende Junie.

 

KINDERPINKSTER 2014

‘n Aardse woning vir ‘n Hemelse Koning! “  Sondag 25 Mei Kinderkerk en Junior Kategese skop af.  Maandag 2 Junie tot Donderdag 5 Junie in Die Sentrum om 19:00.

Gr R – 6 almal welkom.  Graad 7’s en seniors kom meld asb vroegtydig aan as hulp!

 

WINTERSTRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening beplan ‘n verkoping vir 14 Junie. Warm klere, beddegoed, gordyne en enige bruikbare artikel kan by die kerkkantoor afgegee word.  Fondse gaan vir doeke vir Silwerkruin.

 

MIDDELBURG SNOEKBRAAI 21 JUNIE

Ons wil graag gemeentelede saamneem om daar te gaan kuier.  Indien u wil saamgaan, gee asb u naam deur aan die kerkkantoor.  Ons vertrek DV Donderdag 19 Junie en kom weer Sondag 22 Junie terug.

 

BYBELSKOOL 2014

Kry die waterbootse, harke en snoeiskêre gereed – Graad R tot 6.  Hou die spasie dop vir volledige inligting.  Maandag 30 Junie tot Vrydag 4 Julie.  Ons nooi alle tieners, studente, jongmense en volwassenes wat graag wil deel wees as leier en/of helper om jou besonderhede deur te gee.  Tannie Adell 082 925 7190 / adellerasmus@gmail.com

 

KAIROS KURSUS IN MALAWI

As deel van die uitreik na Malawi sal ’n intensiewe weergawe van die  Kairos kursus vir die teologiese studente aangebied word.  Die kursuskoste as sodanig is R300 per student. Ons wil u uitnooi om ons met die aanbieding van die kursus te help deur ’n student vir die kursus te borg.  U kan die kerkkantoor of Ryk van Velden 082 857 4368 in dié verband kontak. 

 

WILDSFEES

Vrydagaand 1 Augustus & Saterdagoggend 2 Augustus:  Vrydagaand is  wildsprodukte te koop, Wintervrolikheid se stalletjies en die Internasionale etes.  Saterdag word weer wildsprodukte verkoop, Wintervrolikheid se stalletjies en buitelug uitstallings.  (Die Saterdag is daar woekergeleenthede vir die basaartafels.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.)

 

WELLINGTON DUVET PROJEK

Help asb!  Ons het mense nodig om 5 bane (wat klaar geknip is) aanmekaar te stik vir die bokante van die duvetoortreksels. Ons het moontlik een naaimasjien om te leen vir iemand.  Wees asb so lief en skakel Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853.

 

FINANSIELE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

 

MUSIEKBEDIENING

Ons is op soek na ‘n “keybord” begeleier/leidster vir een van ons voorsanggroepe.  Indien u belangstel, skakel asb met Carleen 082 780 3519.

 

PAARLBERG GEMEENTE GAWEMARK

Paarlberg Gemeente hou vanaf 23 tot 31 Mei hul jaarlikse Gawemark. Daar sal oor die 40 uitstallers wees met geskenke, juweliersware, gebak, kuns, pragtige handwerk en vele meer.  Die mark vind plaas by die kerksaal langs die kerk in Bo-Langstraat, Noorder-Paarl en sal oop wees op weeksdae vanaf 10:00 tot 18:30 en Saterdae vanaf 09:00 tot 15:00. Kontak die kerkkantoor by 021 872 8072 vir meer besonderhede.

 

DRAKENSTEIN SE GETUIENISBEDIENING

Hou ‘n Getuienis-Aangee-ete tbv onder andere hulle sendelinge (waaronder Wessel Cronje) op 1 Junie 2014.  Die koste is R60 pp.  Wegneemetes  is ook beskikbaar teen dieselfde prys.  Kaartjies is verkrygbaar by Drakenstein se kerkkantoor tot en met 25 Mei.  Vir navrae kontak Lona Liebenberg by 082 382 0526.

 

DEUROFFER – STRAATWERK

Straatwerk is ‘n Christen organisasie wat uitreik na mense in nood in Kaapstad.  Ons reik onder andere uit na: vroue vasgevang in prostitusie (en hulle kinders), hawelose mense en diegene wat betrokke is in die nagklubkultuur van ons stad (dwelmhandelaars, mans betrokke in prostitusie, nagklubgangers, ens).  Ons hoofdoel is om die Goeie Nuus van Jesus Christus met hulle te deel en om hulle te help hoe dit ookal moontlik is (voedsel, klere,  basiese medeise hulp, krisis-verblyf)  Met Projek OPRUIM / Jesus Saves word hawelose mense ‘n geleentheid gebied om ‘kontant in die hand’ te verdien en met die Waardevol vir Jesus Veldtog  is ons poging om voorkomend op te tree teen prostitusie, pornografie en misbruik.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

 Vraag 49: Watter nut het die hemelvaart van Christus vir ons?

Antwoord: Ten eerste dat Hy in die hemel ons Voorspraak by die Vader is (a). Ten tweede dat ons ons menslike natuur in die hemel as ’n betroubare waarborg het dat Hy, as die Hoof; ook ons, sy lede, na Hom toe sal neem (b). Ten derde dat Hy sy Gees as waarborg na ons toe stuur (c) deur wie se krag ons soek na wat daar bo is, waar Christus is en aan die regterhand van God sit, en nie na wat op die aarde is nie (d).

(a) 1 Joh 2:1;  Rom 8:34. (b) Joh 14:2;  17:24;  20:17 2:6. (c) Joh 14:16;  16:7;  Hand 2:33;  2 Kor 1:22;  5:5 (d) Kol 3:1.

In die Nuus