Deur : Skriba  /  June 1st, 2014

PINKSTER 2014

Die program vir Pinkster is op ons webwerf beskikbaar.  Daar gaan weer elke aand lekker sop en brood na die diens in die saal wees asook geestelike boeke (behalwe vanaand) te koop ten bate van Madagaskar.  Ons benodig dringend nie-bederfbare produkte, toiletware en skoonmaakmid- dels vir ons noodkas – daar sal gedurende die loop van Pinkster mandjies agter en voor in die kerk wees waarin u dit kan plaas. Die deuroffer v/a Maandag tot Donderdag gaan vir Bybelverspreiding.

 

KINDERPINKSTER 2014

‘n Aardse woning vir ‘n Hemelse Koning!  Maandag 2 Junie tot Donderdag 5 Junie in Die Sentrum om 19:00.  Gr R – 6 almal welkom.  Die Pinksterhelpers meld asb 18:30 by Die Sentrum aan.

 

DANKOFFERSONDAG

Alhoewel vandag Dankoffersondag is, kan u gedurende Junie u dankoffer op enige ander Sondag na die kerk bring, by die kerkkantoor inhandig of elektronies oorbetaal.

 

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 2 – 6 Junie  Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.

 

WINTERSTRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening beplan ‘n verkoping vir 14 Junie. Warm klere, beddegoed, gordyne en enige bruikbare artikel kan by die kerkkantoor afgegee word.  Fondse gaan vir doeke vir Silwerkruin.

 

MIDDELBURG SNOEKBRAAI

Ons wil graag gemeentelede saamneem om daar te gaan kuier.  Indien u wil saamgaan, gee asb u naam deur aan die kerkkantoor.  Ons vertrek DV Donderdag 19 Junie en kom weer Sondag 22 Junie terug.

 

BYBELSKOOL 2014

Maandag 30 Junie tot Vrydag 4 Julie.   Kry die waterbootse, harke en snoeiskêre gereed – Graad R tot 6.  Hou die spasie dop vir volledige inligting.

 

KAIROS KURSUS IN MALAWI

As deel van die uitreik na Malawi sal ’n intensiewe weergawe van die  Kairos kursus vir die teologiese studente aangebied word.  Die kursuskoste as sodanig is R300 per student. Ons wil u uitnooi om ons met die aanbieding van die kursus te help deur ’n student vir die kursus te borg.  U kan die kerkkantoor of Ryk van Velden 082 857 4368 in dié verband kontak.

 

MUSIEKBEDIENING

Ons is op soek na ‘n “keybord” begeleier/leidster vir een van ons voorsanggroepe.  Indien u belangstel, skakel asb met Carleen 082 780 3519.

 

WELLINGTON DUVET PROJEK

Help asb!  Ons het mense nodig om 5 bane (wat klaar geknip is) aanmekaar te stik vir die bokante van die duvetoortreksels. Ons het moontlik een naaimasjien om te leen vir iemand.  Wees asb so lief en skakel Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853.

 

WELLINGTON OOS VROUEKAMP 2014

Ons gaan weer kamp v/a 8 – 10 Augustus by Zikomo- woonstelle in die Strand.  Hou solank die naweek oop en hou hierdie spasie dop vir meer inligiting.

 

WILDSFEES

Vrydagaand 1 Augustus & Saterdagoggend 2 Augustus:  Vrydagaand is  wildsprodukte te koop, Wintervrolikheid se stalletjies en die Internasionale etes.  Saterdag word weer wildsprodukte verkoop, Wintervrolikheid se stalletjies en buitelug uitstallings.  (Die Saterdag is daar woekergeleenthede vir die basaartafels.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.)

 

FINANSIëLE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

 

HAM

Die tienergroep van Huis Andrew Murray hou op Saterdag 7 Junie `n worsbroodjie en wit olifantverkoping voor Moederkerk se kerksaal vanaf 09:00.  Hulle samel fondse in vir `n tienerkamp tydens die Julie skoolvakansie.  Die seuns gaan u voertuig was gedurende dieselfde tyd op Huis Andrew Murray se terrein.  Kom ondersteun hul poging.  Vir verdere navrae, kontak Christelle Oosthuizen by christelle@andrewmurray.org.za of 021 873 3834/5 gedurende kantoorure.

 

MA’S-VI-WELLINGTON

Ons wil graag vir al ons kinders by Ma’s-vi-Wellington ‘n sweet­pakkie vir vir die koue win­ter gee.  Vat as­b ons hande en gee vir ‘n seun­tjie of dogtertjie (3 tot 7 jr) ‘n sweet- pakkie.  Bring dit na ons kan­toor of gee dit af by die kerkkantoor voor 25 Junie of skenk R60 en ons koop dit namens jou.  Vir navrae  kontak Lizette Ferreira 084 368 7667/ admin.mvw@telkomsa.net  Begunstigde:  Ma’s-vi- Wellington, ABSA, rek 9193220237, bankkode 632005.  Onthou asb om jou e-pos of selfoonr as verwysing te meld.  Gaan besoek ons webwerf www.masviwellington.co.za

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS:

Vraag 53: Wat glo jy van die Heilige Gees?

Antwoord: Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God (a). Ten tweede is Hy ook aan my gegee (b) sodat Hy my deur ’n ware geloof deel laat kry aan Christus en al sy weldade, (c) my troos (d) en ewig by my bly (e).

(a) 1 Joh 5:7;  Gen 1:2;  Jes 48:16;  1 Kor 3:16;  6:19;  Hand 5:3, 4. (b) Gal 4:6;  Matt 28:19, 20;  2 Kor 1:22;  Ef 1:13. (c) Gal 3:14;  1 Pet 1:2;  1 Kor 6:17. (d) Joh 15:26;  Hand 9:31. (e) Joh 14:16;  1 Pet 4:14.

In die Nuus