Deur : Skriba  /  June 9th, 2014

DS NJ PINKSTERVERLOF

Ds NJ is met verlof v/a 9 – 15 Junie.  Skakel asb met ds Jan gedurende hierdie tyd.

 

PINKSTER 2014 

Baie dankie aan almal wat gehelp het om die Pinkster ‘n wonderlike en smaaklike belewenis te maak – al is dit net u teenwoordigheid of voorbidding.

 

DANKOFFERMAAND

Junie is Dankoffermaand en u kan op enige Sondag gedurende Junie u dankoffer na die kerk bring, enige dag na die kerkkantoor bring of elektronies oorbetaal.

 

KLANK

Baie dankie aan die Eiendomsbediening en gemeentelede wat gehelp en bygedra het om die klank in so ‘n puik toestand te kry.  Jandré Viljoen van Moedergemeente het die installering vir ons gedoen.

 

FAMILIENUUS

Die Familienuus is nou beskikbaar – u ouderling sal dit in u wyk uitdeel.

 

WINTERSTRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening beplan ‘n verkoping vir 14 Junie. Warm klere, beddegoed, gordyne en enige bruikbare artikel kan by die kerkkantoor afgegee word.  Fondse gaan vir doeke vir Silwerkruin.

 

MIDDELBURG SNOEKBRAAI

Ons wil graag gemeentelede saamneem om daar te gaan kuier.  Indien u wil saamgaan, gee asb u naam deur aan Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.  Ons vertrek DV Donderdag 19 Junie en kom weer Sondag 22 Junie terug.

 

BYBELSKOOL 2014

Maandag 30 Junie tot Vrydag 4 Julie Kry die waterbootse, harke en snoeiskêre gereed – Graad R tot 6. Kostes: R160 per kind.  Inskrywingsvorms by die kerkkantoor.

 

KAIROS KURSUS IN MALAWI

As deel van die uitreik na Malawi sal ’n intensiewe weergawe van die  Kairos kursus vir die teologiese studente aangebied word.  Die kursuskoste as sodanig is R300 per student. Ons wil u uitnooi om ons met die aanbieding van die kursus te help deur ’n student vir die kursus te borg.  U kan die kerkkantoor of Ryk van Velden 082 857 4368 in dié verband kontak.

 

MUSIEKBEDIENING

Ons is op soek na ‘n “keybord” begeleier/leidster vir een van ons voorsanggroepe.  Indien u belangstel, skakel asb met Carleen 082 780 3519.

 

WELLINGTON DUVET PROJEK

Help asb!  Ons het mense nodig om 5 bane (wat klaar geknip is) aanmekaar te stik vir die bokante van die duvetoortreksels. Ons het moontlik een naaimasjien om te leen vir iemand.  Wees asb so lief en skakel Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853.

 

WELLINGTON OOS VROUEKAMP 2014

Ons gaan weer kamp v/a 8 – 10 Augustus by Zikomo- woonstelle in die Strand.  Die koste bedra R380-00 pp en daar is slegs 30 plekke beskikbaar.  Die eerste 30 persone wat betaal, is dus verseker van ‘n plek!

 

WILDSFEES

Vrydagaand 1 Augustus & Saterdagoggend 2 Augustus:  Vrydagaand is  wildsprodukte te koop, Wintervrolikheid se stalletjies en die Internasionale etes.  Saterdag word weer wildsprodukte verkoop, Wintervrolikheid se stalletjies en buitelug uitstallings.  Die Saterdag is daar woekergeleenthede vir die basaartafels.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.

 

BASAAR – LEKKERS- EN SPEELGOEDTAFEL

Hulle benodig asb 2de handse speelgoed (veral “soft toys”, maar ook enigiets anders) wat nog in ‘n goeie toestand is.  Dit is nou u kans om die oorvloed speelgoed wat u wil verswelg, uit te sorteer en te skenk vir ‘n goeie doel.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

FINANSIëLE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

 

MA’S-VI-WELLINGTON

Ons wil graag vir al ons kinders by Ma’s-vi-Wellington ‘n sweet­pakkie vir vir die koue win­ter gee.  Vat as­b ons hande en gee vir ‘n seun­tjie of dogtertjie (3 tot 7 jr) ‘n sweetpakkie.  Bring dit na ons kan­toor of gee dit af by die kerkkantoor voor 25 Junie of skenk R60 en ons koop dit namens jou.  Vir navrae  kontak Lizette Ferreira 084 368 7667/ admin.mvw@telkomsa.net  Begunstigde:  Ma’s-vi- Wellington, ABSA, rek 9193220237, bankkode 632005.  Onthou asb om jou e-pos of selfoonr as verwysing te meld.  Gaan besoek ons webwerf www.masviwellington.co.za

 

DEUROFFER:  JEUGWERK

Die visie van die Jeugkommissie is om vir alle generasies ruimte te maak binne die kerk.  Daarvoor doen ons navorsing, fasiliteer gesprekke en ontwerp prosesse wat gemeentes self kan gebruik om in hulle eie konteks hierdie uitdaging die hoof te bied.  Die Jeugkommissie ondersteun dit met materiaal wat ontwikkel word, kursusse wat aangebied word en gestruktureerde bedieninge.  Voorbeelde hiervan is KIX-strukture (Kinderkrans), NOUS clips en verskeie kursusse wat voortdurend ontwikkel en aangebied word. Vir verdere navrae, skakel die Jeugkantoor by 021-957 7199.  Besoek www.gemeentes.co.za vir verdere besonderhede.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 54: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk?

Antwoord: Dat die Seun van God (a) uit die hele menslike geslag (b) vir Hom ’n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is (c), deur sy Gees en Woord (d) in die eenheid van die ware geloof (e) van die begin van die wêreld af tot die einde toe (f) vergader, beskerm en onderhou (g) en dat ek daarvan ’n lewende lid is (h) en ewig sal bly (i).

(a) Ef 5:26;  Joh 10:11;  Hand 20:28;  Ef 4:11-13. (b) Gen 26:4;  Op 5:9. (c) Rom 8:29;  Ef 1:10-13. (d) Jes 59:21;  Rom 1:16;  10:14-l7;  Ef 5:26. (e) Hand 2:42;  Ef4:3-5. (f) Ps 71:17, 18;  Jes 59:21;  1 Kor 11:26. (g) Matt 16:18;  Joh 10:28-30;  Ps 129:1-5. (h) 1 Joh 3:I4, 19-21;  2 Kor 13:5;  Rom 8:l0. (i) Ps 23:6;  1 Kor 1:8, 9;  Joh 10:28;  1 Joh 2:19;  1 Pet 1:5.

In die Nuus