Deur : Skriba  /  June 22nd, 2014

PREDIKANTE VERLOF

Ds NJ is met verlof v/a 26 – 30 Junie. Kontak asb vir ds Jan gedurende hierdie tyd.

 

RUSTENBURG IN NOOD

Indien u ‘n bydrae wil maak vir die mense in nood in Rustenburg, kan u dit by die kerkkantoor inbetaal of elektronies oorbetaal met die verwysing “Rustenburg”.

 

PAPIERHERWINNING

Ons herinner u aan die houer voor Die Sentrum waar u ou tydskrifte, koerante, telefoongidse ens kan gooi. Dit word verkoop tbv die Getuienisfonds.

 

DANKOFFERMAAND

Junie is Dankoffermaand en u kan op enige Sondag gedurende Junie u dankoffer na die kerk bring, enige dag na die kerkkantoor bring of elektronies oorbetaal.

 

MALAWI UITREIK

Daar is vandag v/a 15:00 – 18:00 by Die Sentrum ‘n Toerustingsgeleenheid vir die persone wat saamgaan op die Malawi uitreik.

 

FAMILIENUUS

Die Familienuus is nou beskikbaar – u ouderling sal dit in u wyk uitdeel.

 

BAIE DANKIE

Vreugdediens en Diens van Barmhartigheid sê baie dankie vir die gemeente se ruim bydraes tydens die Pinkster vir Sunfield se Kersfonds en die noodkas.  Dit word opreg waardeer.   

 

BYBELSKOOL 2014: Maandag 30 Junie tot Vrydag 4 Julie 

Kry die waterbootse, harke en snoeiskêre gereed – Graad R (5 jr) tot 6. Kostes: R160 per kind.  Inskrywingsvorms by die kerkkantoor beskikbaar en inskrywings sluit Donderdag 26 Junie.

 

KAIROS KURSUS IN MALAWI

As deel van die uitreik na Malawi sal ’n intensiewe weergawe van die  Kairos kursus vir die teologiese studente aangebied word.  Die kursuskoste as sodanig is R300 per student. Ons wil u uitnooi om ons met die aanbieding van die kursus te help deur ’n student vir die kursus te borg.  U kan die kerkkantoor of Ryk van Velden 082 857 4368 in dié verband kontak.

 

MUSIEKBEDIENING

Ons is op soek na ‘n “keybord” begeleier/leidster vir een van ons voorsanggroepe.  Indien u belangstel, skakel asb met Carleen 082 780 3519.

 

WILDSFEES:  Vrydagaand 1 Augustus & Saterdagoggend 2 Augustus

Vrydagaand is  wildsprodukte te koop, Wintervrolikheid se stalletjies en die Internasionale etes.  Saterdag word weer wildsprodukte verkoop, Wintervrolikheid se stalletjies en buitelug uitstallings.  Die Saterdag is daar woekergeleenthede vir die basaartafels.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.

 

40 DAE MET DIE TEMA “JESUS Sê WAT?!” V/A 3 AUG – 7 SEPT

U kan deel wees deur:

1.  Die eredienste by te woon – die oggenddienste sal gedurende hierdie tyd by die temas aansluit. 

2.  Elke dag ’n dagstukkie te lees. 

3.  Weekliks deel van ’n kleingroep te wees of saam met ’n groot groep in Die Sentrum na ‘n DVD te kyk en daarna in kleiner groepe verdeel.  (Bediening aan kinders is ook op dieselfde tye beskikbaar.) 

Die koste vir die boek is R40-00 en is by die kerkkantoor beskikbaar.  Gratis DVD’s vir kleingroepe is ook by die kerkkantoor beskikbaar.

 

WELLINGTON OOS VROUEKAMP 2014

Ons gaan weer kamp v/a 8 – 10 Augustus by Zikomo-woonstelle in die Strand.  Die koste bedra R380-00 pp en daar is slegs 30 plekke beskikbaar.  Die eerste 30 persone wat betaal, is dus verseker van ‘n plek!

 

NUUS VAN MIRIAM

Sy is terug na haar besoek aan die Noordelike provinsies. Sy glo dat haar optredes by verskeie gemeentes mense se oë oopgemaak het vir die realiteite van wat dit verg om ‘n volgeling van Jesus in sekere lande te wees.  Dit het ook mense se harte aangeraak om vir die uitbreiding van Sy Koninkryk onder alle nasies te bid.  Sy en haar ma het ‘n onderhoud met Radiokansel gehad en dit sal oor  ‘n paar Sondae uitgesaai word – vanaf 8 Junie om 9:30 as “So stuur Ek julle…”  Sy sal van 23 Junie tot 9 Julie in Spanje wees vir hulle Noord-Afrika personeel konferensie.

 

WELLINGTON DUVET PROJEK

Help asb!  Ons het mense nodig om 5 bane (wat klaar geknip is) aanmekaar te stik vir die bokante van die duvetoortreksels. Ons het moontlik een naaimasjien om te leen vir iemand.  Wees asb so lief en skakel Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853. 

 

BASAAR – LEKKERS- EN SPEELGOEDTAFEL

Hulle benodig asb 2de handse speelgoed (veral “soft toys”, maar ook enigiets anders) wat nog in ‘n goeie toestand is.  Dit is nou u kans om die oorvloed speelgoed wat u wil verswelg, uit te sorteer en te skenk vir ‘n goeie doel.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

BASAAR – MARKTAFEL

Hulle benodig klein glasflessies (ongeveer die grootte van ‘n “Peanut Butter” botteltjie) vir die inmaak van produkte. U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

FINANSIëLE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

 

RAMADAN

Indien u meer inligting rondom Ramadan wil hê, skakel die kerkkantoor.

 

MA’S-VI-WELLINGTON

Ons wil graag vir al ons kinders by Ma’s-vi-Wellington ‘n sweet­pakkie vir die koue win­ter gee.  Vat as­b ons hande en gee vir ‘n seun­tjie of dogtertjie (3 tot 7 jr) ‘n sweetpakkie.  Bring dit na ons kan­toor of gee dit af by die kerkkantoor voor 25 Junie of skenk R60-00 en ons koop dit namens jou.  Vir navrae  kontak Lizette Ferreira by admin.mvw@telkomsa.net of by  084 368 7667.  Begunstigde:  Ma’s-vi- Wellington, ABSA, rek 919 322 0237, bankkode 632 005.  Onthou asb om jou e-pos of selfoonr as verwysing te meld.  Gaan besoek ons webwerf www.masviwellington.co.za

 

In die Nuus