Deur : Skriba  /  June 29th, 2014

PREDIKANTE VERLOF

Ds NJ is met verlof v/a 14 – 17 Julie en ds Jan v/a 15 – 20 Julie.  Kontak asb  ds George Conradie 083 662 5126 v/a 15 – 17 Julie indien daar enige krisis is.  Ds Jan is ook op die Malawi uitreik v/a 28 Junie – 11 Julie.

 

RUSTENBURG IN NOOD

Indien u ‘n bydrae wil maak vir die mense in nood in Rustenburg, kan u dit by die kerkkantoor inbetaal of elektronies oorbetaal met die verwysing “Rustenburg”.

 

ALIMENTASIE

Baie dankie vir al u bydraes vir die noodfonds.  Tans help ons 15 gesinne met maandelikse kospakkies en ook op ander gebiede soos krag ens.

 

SPEKBOME

Die Sinode moedig gemeentes aan om spekbome te plant, omdat dit baie suurstof vrystel.  Johan von Wielligh kweek plante wat op die basaar te koop sal wees.  Persone wat wil help, skakel Hennie Engelbrecht 021 864 1799 / 082 562 3950.

 

PAPIERHERWINNING

Ons herinner u aan die houer voor Die Sentrum waar u ou tydskrifte, koerante, telefoongidse ens kan gooi. Dit word verkoop tbv die Getuienisfonds.

 

MUSIEKBEDIENING

Ons is op soek na ‘n “keybord” begeleier/-leidster vir een van ons voorsanggroepe.  Indien u belangstel, skakel asb met Carleen 082 780 3519.

 

WILDSFEES:  Vrydagaand 1 Augustus & Saterdagoggend 2 Augustus

Vrydagaand is wildsprodukte te koop, Wintervrolikheid se stalletjies en die Internasionale etes.  Saterdag word weer wildsprodukte verkoop, Wintervrolikheid se stalletjies en buitelug uitstallings.  Die Saterdag is daar woekergeleenthede vir die basaartafels.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.

 

40 DAE MET DIE TEMA “JESUS Sê WAT?!” V/A 3 AUG – 7 SEPT

U kan deel wees deur:

1.  Die eredienste by te woon – die oggenddienste sal gedurende hierdie tyd by die temas aansluit. 

2.  Elke dag ’n dagstukkie te lees. 

3.  Weekliks deel van ’n kleingroep te wees of saam met ’n groot groep in Die Sentrum na ‘n DVD te kyk en daarna in kleiner groepe verdeel.  (Bediening aan kinders is ook op dieselfde tye beskikbaar.) 

Die koste vir die boek is R40-00 en is by die kerkkantoor beskikbaar.  Gratis DVD’s vir kleingroepe is ook by die kerkkantoor beskikbaar.

 

WELLINGTON OOS VROUEKAMP 2014

Ons gaan weer kamp v/a 8 – 10 Augustus by Zikomo- woonstelle in die Strand.  Die koste bedra R380-00 pp en daar is slegs 30 plekke beskikbaar.  Die eerste 30 persone wat betaal, is dus verseker van ‘n plek!

 

WELLINGTON DUVET PROJEK

Help asb!  Ons het mense nodig om 5 bane (wat klaar geknip is) aanmekaar te stik vir die bokante van die duvetoortreksels. Ons het moontlik een naaimasjien om te leen vir iemand.  Wees asb so lief en skakel Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853.

 

BASAAR – LEKKERS- EN SPEELGOEDTAFEL

Hulle benodig asb 2de handse speelgoed (veral “soft toys”, maar ook enigiets anders) wat nog in ‘n goeie toestand is.  Dit is nou u kans om die oorvloed speelgoed wat u wil verswelg, uit te sorteer en te skenk vir ‘n goeie doel.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

BASAAR – MARKTAFEL

Hulle benodig klein glasflessies (ongeveer die grootte van ‘n “Peanut Butter” botteltjie) vir die inmaak van produkte. U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

FINANSIëLE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

 

RAMADAN

Indien u meer inligting rondom Ramadan wil hê, skakel die kerkkantoor.

 

PIETERMARITZBURG MIDDELLANDE JEUGKOOR

Tree op olv William Silk in Wellington-Noord kerk op Dins 1 Julie v/a 18:00 – 19:00.  Toegang is gratis – die koorsang en musiek is van hoogstaande gehalte.  Kom maak julle harte warm met dié mooi musiek – hulle sing oa die bekende Missa Criolla.  Daar is ook bekende oud Drakies wat as soliste sal optree.  Vir meer inligting kontak Rykie Boeke 021 300 1050 / 083 330 7950 / rykieboeke@gmail.com

 

DEUROFFER – TEOLOGIESE KWEEKSKOOL

Die Kweekskool vorm die fakulteit van Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch.  Sedert 1859 word predikante van die NG Kerk-familie hier opgelei.  U voorbidding word gevra vir die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, veral hulle wat met hulle gemeentejaar besig is.  Die dekaan, dosente en personeel moet ook aan God opgedra word, sowel as die nuwe studente wat tot die bediening geroep mag word.

In die Nuus