Deur : Skriba  /  July 6th, 2014

PREDIKANTE VERLOF

Ds NJ is met verlof v/a 14 – 17 Julie en ds Jan v/a 15 – 20 Julie.  Kontak asb  ds George Conradie 083 662 5126 v/a 15 – 17 Julie indien daar enige krisis is.  Ds Jan is ook op die Malawi uitreik v/a 28 Junie – 11 Julie.

G-VOUCHER PROJEK

Dit is vanaf 7 tot 11 Julie Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag om 12:00.  Indien enige person bereid is om te help, skakel asb. vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.

RUSTENBURG IN NOOD

Indien u ‘n bydrae wil maak vir die mense in nood in Rustenburg, kan u dit by die kerkkantoor inbetaal of elektronies oorbetaal met die verwysing “Rustenburg”.

ALIMENTASIE

Baie dankie vir al u bydraes vir die noodfonds.  Tans help ons 15 gesinne met maandelikse kospakkies en ook op ander gebiede soos krag ens.

SPEKBOME

Die Sinode moedig gemeentes aan om spekbome te plant, omdat dit baie suurstof vrystel.  Johan von Wielligh kweek plante wat op die basaar te koop sal wees.  Persone wat wil help, skakel Hennie Engelbrecht 021 864 1799 / 082 562 3950.

PAPIERHERWINNING

Ons herinner u aan die houer voor Die Sentrum waar u ou tydskrifte, koerante, telefoongidse ens kan gooi. Dit word verkoop tbv die Getuienisfonds.

MUSIEKBEDIENING

Ons is op soek na ‘n “keybord” begeleier/-leidster vir een van ons voorsanggroepe.  Indien u belangstel, skakel asb met Carleen 082 780 3519.

WILDSFEES:  Vrydagaand 1 Augustus & Saterdagoggend 2 Augustus

Vrydagaand is wildsprodukte te koop, Wintervrolikheid se stalletjies en die Internasionale etes.  Saterdag word weer wildsprodukte verkoop, Wintervrolikheid se stalletjies en buitelug uitstallings.  Die Saterdag is daar woekergeleenthede vir die basaartafels.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.

40 DAE

Hierdie jaar se 40 DAE  met die tema “JESUS Sê WAT?!” vind plaas v/a  3 Aug – 7 Sept.

U kan deel wees deur:

1.  Die eredienste by te woon – die oggenddienste sal gedurende hierdie tyd by die temas aansluit.

2.  Elke dag ’n dagstukkie te lees.  Die koste vir die boek is R40-00 en is by die kerkkantoor beskikbaar.

3.  Weekliks deel van ’n kleingroep te wees of saam met ’n groot groep op Dinsdae 10:00 of Donderdae 19:00 in Die Sentrum na ‘n DVD te kyk en daarna in kleiner groepe verdeel.  Bediening aan kinders is ook op dieselfde tye beskikbaar.

Gratis DVD’s vir kleingroepe is ook by die kerkkantoor beskikbaar.

WELLINGTON OOS VROUEKAMP 2014

Ons gaan weer kamp v/a 8 – 10 Augustus by Zikomo- woonstelle in die Strand.  Die koste bedra R380-00 pp en daar is slegs 30 plekke beskikbaar.  Die eerste 30 persone wat betaal, is dus verseker van ‘n plek!

WELLINGTON DUVET PROJEK

Help asb!  Ons het mense nodig om 5 bane (wat klaar geknip is) aanmekaar te stik vir die bokante van die duvetoortreksels. Ons het moontlik een naaimasjien om te leen vir iemand.  Wees asb so lief en skakel Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853.

BASAAR – LEKKERS- EN SPEELGOEDTAFEL

Hulle benodig asb 2de handse speelgoed (veral “soft toys”, maar ook enigiets anders) wat nog in ‘n goeie toestand is.  Dit is nou u kans om die oorvloed speelgoed wat u wil verswelg, uit te sorteer en te skenk vir ‘n goeie doel.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

BASAAR – MARKTAFEL

Hulle benodig klein glasflessies (ongeveer die grootte van ‘n “Peanut Butter” botteltjie) vir die inmaak van produkte. U kan dit by die kerkkantoor afgee.

FINANSIëLE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

RAMADAN

Indien u meer inligting rondom Ramadan wil hê, skakel die kerkkantoor.

Soos julle weet is Moslems regoor die wêreld besig om te vas.  Die 27ste dag van Ramadan is die nag van krag; die nag wat hulle glo dat Mohammed sy eerste openbaring van die Koran ontvang het.  Baie Moslems bid deur die nag vir genade, vergifnis en redding.  Elke dag begin met sonsondergang, so volgende Woensdagaand is die begin van die 27ste dag. Julle word uitgenooi om saam te bid volgende Woensdag (23/07 om 7pm) . Ons sal bid vir drome, visioene van Jesus en redding vir Moslems in ons omgewing vir ‘my Noord-Afrika land’.  Indien julle belangstel, kontak Miriam by 0610263486 vir meer inligting.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Vergader weer Woensdag 23 Julie om 19:15 in Moedergemeente se kerksaal.  Die spreker is Fanie Kriel  ~~  Pastorale Sielkundige en sy onderwerp “Bipolêre Gemoedsversteurnig”.  Fanie Kriel is ‘n bekende stem oor RSG in die program “Groeipyne”.  Sy hart klop met liefde vir sy medemens en hy leef sy passie in sy beroep uit. Kom gerus en word ingelig en bemoedig.  Onthou, die aand is oop vir almal, nie net depressievegters nie.  Toegang is gratis, maar ‘n donasie sal baie welkom wees.  Of jy kan ‘n nuwe of 2de handse babakombersie saambring, die provinsiale hospitaal het gròòt nood omdat mammas nie kombersies vir pasgebore babas het nie!  Ek sal sorg dat dit daar afgegee word.  Vir verdere navrae kontak Petro 021 873 4688 / 072 709 8000.

 

DEUROFFER – RAMOT

Ramot is ‘n behandelingsentrum vir alkohol- en ander dwelmverslawing en bestaan reeds vir 43 jaar.  Gedurende hierdie tyd het meer as 160 000 mense direk of indirek hulp ontvang met verslawing aan dwelms; met alkohol steeds die grootste probleem.  Verslawing beteken om oorgegee te wees aan ‘n mag buite jouself met rampspoedige gevolge.  Verslaafdes is om verstaanbare redes nie welkom in die samelewing nie.  Niemand wil hulle hê nie en die wêreld verwerp hulle grootliks.  Maar mag ons as Christene dieselfde doen? Help ons asseblief om Christus se hande en voete te wees vir die verslaafde.  Elke pasiënt ontvang intensiewe persoonlike aandag.  Die kerk kan trots wees op Ramot.  Bid asseblief vir genade en wysheid om meer mense te help teen bekostigbare pryse.

 

GEBEDSIMFONIE

Die Gebedsimfonie (Voorbidders vir herlewing en sendelinge) kom weer op 20 Julie 2014 by Eerste laan 22 bymekaar om 15:30. Ons moet bid vir die werk in Moslemlande, veral in hierdie Ramadan-tyd.  Ons bid ook spesiaal vir Wellington se sendelinge. Almal welkom. Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk 082 557 9796. Bring jou eie gebedsonderwerpe saam.

 

In die Nuus