Deur : Skriba  /  July 27th, 2014

VREUGDEDIENS

Vergader Woensdag 30 Julie om 10:00 by Hetta Cloete se huis.

WILDSFEES – Vrydagaand 1 Augustus 17:00 & Saterdagoggend 2 Augustus 08:00

Vrydagaand is wildsprodukte te koop, Wintervrolikheid se stalletjies en iets te ete beskikbaar (Internasionale ete vind ongelukkig nie meer plaas nie).  Saterdag word weer wildsprodukte verkoop, Wintervrolikheid se stalletjies en buitelug uitstallings.  Kredietkaartfasiliteite is beskikbaar vir die aankoop van die wildsprodukte.  Ons het nog akkomodasie nodig vir mense van Middelburg – indien iemand bereid is om daarmee te help, skakel asb vir Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.  ALMAL BETROKKE BY DIE WILDSFEES EN WINTERVROLIKHEID MOET ASB DIE VERGADERING DINS 29 JUL OM 18:00 IN DIE SENTRUM BYWOON VIR FINALE REëLINGS!

40 DAE MET DIE TEMA “JESUS Sê WAT?!” V/A 3 AUG – 7 SEPT

U kan deel wees deur:

1.  Die eredienste by te woon – die oggenddienste sal gedurende hierdie tyd by die temas aansluit.

2.  Elke dag ’n dagstukkie te lees.

3.  Weekliks deel van ’n kleingroep te wees of saam met ’n groot groep in Die Sentrum na ‘n DVD te kyk en daarna in kleiner groepe verdeel.  (Bediening aan kinders is ook op diezelfde tye beskikbaar.)

Die koste vir die boek is R40-00 en is by die kerkkantoor beskikbaar.  Gratis DVD’s vir kleingroepe is ook by die kerkkantoor beskikbaar.

HUWELIK MET VONK

’n Huweliksverrykingskursus word aangebied in Die Sentrum op  Woensdagaande v/a 6 – 27 Aug om 19:00.  Gee asb u naam aan die kerkkantoor deur indien u belangstel om dit by te woon.

WELLINGTON OOS VROUEKAMP 2014

Ons gaan weer kamp v/a 8 – 10 Augustus by Zikomo- woonstelle in die Strand.  Die spreker is dr Elize Morkel met die tema “Vroue met hoop”.  Sy is ‘n kliniese sielkundige met ‘n doktorsgraad in Teologie.  Sy het ‘n praktyk in Somerset-Wes en fokus  op vroue en die randfigure van die samelewing.  Die koste bedra R380-00 pp en daar is slegs 30 plekke beskikbaar.  Die eerste 30 persone wat betaal, is dus verseker van ‘n plek!

NOODKAS

Baie dankie vir al u bydraes.  Tans help ons 15 gesinne met maandelikse kospakkies en ook op ander gebiede soos krag ens.  Toiletware en skoonmaakmiddels sal baie welkom wees.

FINANSIëLE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

AMOS BEDIENING

Oom Koos Malherbe benodig dringens dagstukkie boeke (veral “Uit die Beek”) asook ou vertaling (1953) Bybels.  U kan dit by die kerkkantoor inhandig.

BREIPROJEK

Wol word dringend benodig.  Enige bydrae is welkom.  Kontak asb Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

WELLINGTON DUVET PROJEK

Help asb!  Ons het mense nodig om 5 bane (wat klaar geknip is) aanmekaar te stik vir die bokante van die duvetoortreksels. Ons het moontlik een naaimasjien om te leen vir iemand.  Wees asb so lief en skakel Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853.

GROEN PROJEK

Ons het reeds die spekbome aangeplant (en gaan ook op die basaar verkoop) soos versoek deur Die Sinode.  Indien u nog idees het vir ons “Groen Projek”, skakel asb Hennie Engelbrecht 021 864 1799 / 082 562 3950.

BASAAR – LEKKERS- EN SPEELGOEDTAFEL

Benodig asb. 2de handse speelgoed (veral “soft toys”, maar ook enigiets anders) wat nog in ‘n goeie toestand is asook ook ou klere vir ‘n klere- verkoping op 27 Sept Dit is nou u kans om die oorvloed speelgoed wat u wil verswelg en al die ongebruikte klere uit te sorteer en te skenk vir ‘n goeie doel.  U kan dit by die kerkkantoor inhandig.

BASAAR – MARKTAFEL

Hulle benodig klein glasfessies (ongeveer die grootte van ‘n “Peanut Butter” botteltjie) vir die inmaak van produkte.    U kan dit by die kerkkantoor afgee.

DEUROFFER – HUIS ANDREW MURRAY

Ons sorg vir 150 wetsbestede kinders wat deur ‘n hofbevel by ons geplaas is omdat hulle sorgbehoewend is. Ons voorsien in alle behoeftes – kos, klere, mediese dienste,terapeutiese dienste , toiletware,skoolbenodigdhede, sporttoerusting, sportdeelname. Enige donasie wat ons ontvang word vir hierdie doel aangewend. Indien jy iets spesifieks wil noem – skooltasse, babadoeke, sokkies en onderklere (seuns en meisies) is altyd ‘n behoefte. Ons probeer vir ons kinders ‘n veilige hawe skep waarin hulle  gebalanseerd kan grootword met die nodige liefde en sorg.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 57: Watter troos gee die opstanding van die liggaam aan jou?

Antwoord: Dat nie alleen my siel na hierdie lewe dadelik tot Christus, sy Hoof, opgeneem sal word nie (a), maar ook hierdie selfde liggaam van my, deur die krag van Christus opgewek, weer met my siel verenig en aan die heerlike liggaam van Christus gelykvormig sal word (b).

(a) Luk 16:22;  23:43;  Fil 1:21, 23. (b) Job 19:25, 26;  1 Joh 3:2;  Fil 3:21.

In die Nuus