Deur : Skriba  /  August 3rd, 2014

WILDSFEES 2014

Dankie vir almal wat gehelp en onderusteun het, om van die Wildsfees ‘n heerlike saamkuier geleentheid te kon maak.

40 DAE MET DIE TEMA “JESUS Sê WAT?!” Vanaf 3 AUG – 7 SEPT

U kan deel wees deur:

1.  Die eredienste by te woon – die oggenddienste sal gedurende hierdie tyd by die temas aansluit.

2.  Elke dag ’n dagstukkie te lees.

3.  Weekliks deel van ’n kleingroep te wees of saam met ’n groot groep in Die Sentrum na ‘n DVD te kyk en daarna in kleiner groepe verdeel.  (Bediening aan kinders is ook op dieselfde tye beschikbaar.)

Die koste vir die boek is R40-00 en is by die kerkkantoor beskikbaar.

Gratis DVD’s vir kleingroepe is ook by die kerkkantoor beskikbaar.  Sien webwerf vir verdere inligting.

HUWELIK MET VONK

’n Huweliksverrykingskursus word aangebied in Die Sentrum op  Woensdagaande om 19:00 v/a 6 Aug – 3 Sept.  Die kostes bedra R100-00 pp vir die verwerking van die persoonlikheidstoets.  Daar sal ook oppasdiens vir kinders wees.  Inskrywings by die kerkkantoor voor of op 4 Augustus.  Die temas is soos volg:

  1.   6 Aug – Wie is ek?
  2. 13 Aug – Wie is jy?
  3. 20 Aug – Hoe het jy groot geword?
  4. 27 Aug – Luister jy of sê jy?
  5.  3 Sept – Ons liefdestaal

AUGUSTUS – BARMHARTIGHEIDSMAAND

In dié maand fokus ons op Barmhartigheid (onverdiende liefde).  Jesus sê “Geseënd is die wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartig-heid bewys word.”  Matt 5:7.  U diaken/dienswerker sal u van ’n koevertjie voorsien, waarin u ’n bydrae kan maak vir die nood in ons gemeente.

BESOEK AAN DE LA BAT GEMEENTE OP 24 AUG

Ons vertrek 08:00 vanaf die kerk om ’n erediens van die dowe gemeente op Worcester by te woon.  Belangstellendes skakel asb die kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931 voor of op 19 Augustus.

KURSUS VIR DOOPOUERS

Op Dinsdagaande (2 – 23 Sept) v/a 19:00 – 20:00 word ’n kursus vir doopouers in Die Sentrum aangebied.

FIETSTOER 3 – 5 OKT

Volwassenes wat wil help, ontmoet asb vir ds NJ Maandag 4 Aug om 18:00 by Die Sentrum.

FAMILIENUUS

U is welkom om bydraes te stuur voor 20 Okt.  Ons verkies foto’s met byskrifte van gebeure en berigte / getuienisse wat nie tydsgebonde is nie.  Stuur asb aan die kerkkantoor.

ARTIKEL 1

Daar is ‘n paar Kerbodes beskikbaar by die kerkkantoor met inligting oor die Sinode se besluit ivm die veranderinge aan die geloofsbelydenis vir die van u wat dit self wil lees. Elke  ouderling het ook ‘n Kerkbode gekry en dit kan met wyksbyeenkomste bespreek word. Ons gemeente gaan dan ook later moet stem oor die voorgestelde Sinodale besluit (die datum sal later bekend gemaak word).

NOODKAS

Baie dankie vir al u bydraes.  Tans help ons 15 gesinne met maandelikse kospakkies en ook op ander gebiede soos krag ens.  Toiletware en skoonmaakmiddels sal baie welkom wees.

FINANSIëLE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

AMOS BEDIENING

Oom Koos Malherbe benodig dringens dagstukkie boeke (veral “Uit die Beek”) asook ou vertaling (1953) Bybels.  U kan dit by die kerkkantoor inhandig.

BREIPROJEK

Wol word dringend benodig.  Enige bydrae is welkom.  Kontak asb Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

WELLINGTON DUVET PROJEK

Help asb!  Ons het mense nodig om 5 bane (wat klaar geknip is) aanmekaar te stik vir die bokante van die duvetoortreksels. Ons het moontlik een naaimasjien om te leen vir iemand.  ‘n Geldelike bydrae om vir die “inners” te betaal, sal ons ook baie help. Ons kan dit teen die fabrieksprys van R87-00 per stuk aankoop.  Kontak Elsa Giliomee by 021 8730 110 / 0823735853 of die kerkkantoor as jy op enige manier die projek wil ondersteun.

GROEN PROJEK

Ons het reeds die spekbome aangeplant (en gaan ook op die basaar verkoop) soos versoek deur Die Sinode.  Indien u nog idees het vir ons “Groen Projek”, skakel asb Hennie Engelbrecht 021 864 1799 / 082 562 3950.

BASAAR – MARKTAFEL

Hulle benodig klein glasfessies (ongeveer die grootte van ‘n “Peanut Butter” botteltjie) vir die inmaak van produkte.    U kan dit by die kerkkantoor afgee.

BASAAR – LEKKERS- EN SPEELGOEDTAFEL

Benodig asb 2de handse speelgoed (veral “soft toys”, maar ook enigiets anders) wat nog in ‘n goeie toestand is asook ook ou klere vir ‘n klereverkoping op 27 Sept.  Dit is nou u kans om die oorvloed speelgoed wat u wil verswelg en al die ongebruikte klere uit te sorteer en te skenk vir ‘n goeie doel.  U kan dit by die kerkkantoor inhandig.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Gevangenes kan oor Kersfees baie broos en afgesonder voel van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie.

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa, en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur .   Ons het verlede jaar 858 kaartjies gemaak wat in vier verskillende gevangenisse in die Wes-Kaap uitgedeel is.  Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons weer te help deur ‘n kaartjie of meer te maak.

Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voor kant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!!  Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk  082 774 9039 / 021 864 3175.

DRAKENSTEIN GEMEENTE HOU ‘N FONDSINSAMELINGS-ETE VIR SENDELINGE waaronder Wessel & Lumé Cronje ook val op Sondag 21 Sept teen R60-00 per kop.  Kaartjies en verdere besonderhede is beskikbaar by Lona Liebenberg sel no 082 382 0526, epos liebies4@absamail.co.za .  Kom ondersteun asb die projek.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 58: Watter troos skep jy uit die artikel van die ewige lewe?

Antwoord: Dat, aangesien ek nou alreeds die begin van die ewige vreugde in my hart ervaar (a), ek na hierdie lewe volkome saligheid sal besit – ’n saligheid wat geen oog gesien, geen oor gehoor en in die hart van geen mens ooit opgekom het nie – om God daarin ewig te prys (b).

(a) 2 Kor 5:2, 3. (b) 1 Kor 2:9.

 

In die Nuus