Deur : Skriba  /  August 10th, 2014

40 DAE MET DIE TEMA “JESUS Sê WAT?!” V/A 3 AUG – 7 SEPT

U kan deel wees deur:

1.  Die eredienste by te woon – die oggenddienste sal gedurende hierdie tyd by die temas aansluit.  2.  Elke dag ’n dagstukkie te lees. 

3.  Weekliks deel van ’n kleingroep te wees of saam met ’n groot groep in Die Sentrum na ‘n DVD te kyk en daarna in kleiner groepe verdeel.  (Bediening aan kinders is ook op dieselfde tye beskikbaar.) 

Die koste vir die boek is R40-00 en is by die kerkkantoor beskikbaar.  Gratis DVD’s vir kleingroepe is ook by die kerkkantoor beskikbaar.  Sien webwerf vir verdere inligting.

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 11 – 15 Aug  Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.

HUWELIK MET VONK

’n Huweliksverrykingskursus word aangebied in Die Sentrum op  Woensdagaande om 19:00 v/a 13 Aug – 10 Sept.  Die kostes bedra R100-00 pp vir die verwerking van die persoonlikheidstoets.  Daar sal ook oppasdiens vir kinders wees.  Inskrywings by die kerkkantoor voor of op 11 Augustus.  Die temas is soos volg:

  1. 13 Aug – Wie is ek?
  2. 20 Aug – Wie is jy?
  3. 27 Aug – Hoe het jy groot geword?
  4.  3 Sept – Luister jy of sê jy?
  5. 10 Sept – Ons liefdestaal

KERRIE EN RYS VERKOPE

Vreugdediens verkoop Vrydag 15 Aug tussen 12:00 en 14:00 kerrie en rys @ R25-00 vanuit die kerkkombuis.  Die prys is nog presies dieselfde as die afgelope 4 jaar!  Kaartjies moet asb vooraf by die kerkkantoor gekoop word voor of op Woens 13 Augustus. 

AUGUSTUS – BARMHARTIGHEIDSMAAND

In dié maand fokus ons op Barmhartigheid (onverdiende liefde).  Jesus sê “Geseënd is die wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartig-heid bewys word.”  Matt 5:7.  U diaken/dienswerker sal u van ’n koevertjie voorsien, waarin u ’n bydrae kan maak op Sondag 24 Aug vir die nood in ons gemeente. 

BESOEK AAN DE LA BAT GEMEENTE OP 24 AUG

Ons vertrek 08:00 vanaf die kerk om ’n erediens van die dowe gemeente op Worcester by te woon.  Belangstellendes skakel asb die kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931 voor of op 19 Augustus.

KURSUS VIR DOOPOUERS

Dinsdagaande (2 – 23 Sept) v/a 19:00 – 20:00 word ’n kursus vir doopouers in Die Sentrum aangebied.  Kerkraad verwag van doopouers om die kursus by te woon.

HOOP VIR KINDERS – LEIERTOERUSTING

19 – 23 Sept (na-ure).  Wie word toegerus?  Onder-wysers, kategete, ouers en elke persoon wat die bediening van die evangelie aan kinders op die hart dra en in hierdie dinamiese bediening in Wellington gemeenskap wil belê.  R350, 00 pp wat lesmateriaal en etes insluit.  Kontak Alida 082 054 6457 vir meer besonderhede.

FAMILIENUUS

U is welkom om bydraes te stuur voor 20 Okt.  Ons verkies foto’s met byskrifte van gebeure en berigte / getuienisse wat nie tydsgebonde is nie.  Stuur asb aan die kerkkantoor.

ARTIKEL 1

Daar is ‘n paar Kerbodes beskikbaar by die kerkkantoor en in die voorportaal met inligting oor die Sinode se besluit ivm die veranderinge aan die geloofsbelydenis vir die van u wat dit self wil lees. Elke  ouderling het ook ‘n Kerkbode gekry en dit kan met wyksbyeenkomste bespreek word. Ons gemeente gaan dan ook later moet stem oor die voorgestelde Sinodale besluit (die datum sal later bekend gemaak word).

NUUS V/A MIRIAM

Daar is ‘n geweldige aanslag teen Christene in die Midde-Ooste – ‘n slagting van die Here se kinders in Irak en ook elders.  Woensdag 13 Aug gaan Christene wêreldwyd vas en bid om die demoniese magte se opmars te stop en vir die Prins van Vrede te vra om oor die gebiede te regeer.  Die oproep om gebed is nie net vir dié wat tans verdruk word nie, maar ook om gehoor te gee aan die waarskuwing van die HG (Ester 4:13,14) dat as ons nie gaan intree nie gaan dit verder na ander gebiede versprei.  As ons intree het ons die geleentheid om te sien hoe die Here ‘n groot oes insamel.  Waar julle ookal Woensdag in groepe bymekaar kom, (vas en) bid asb hiervoor.  Indien julle kan, is julle welkom om Woensdagaand (13/08) 19:00 te Maynardfeenstra laan 10, te kom saambid (bring asb julle Bybels saam). Vir verdere inligting en die volledige e pos, kontak Miriam by 061 026 3486 of oases@highrange.org

NOODKAS

Baie dankie vir al u bydraes.  Tans help ons 15 gesinne met maandelikse kospakkies en ook op ander gebiede soos krag ens.  Toiletware en skoonmaakmiddels sal baie welkom wees.

FINANSIëLE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

BREIPROJEK

Wol word dringend benodig.  Enige bydrae is welkom.  Kontak asb Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.


WELLINGTON DUVET PROJEK

‘n Geldelike bydrae om vir die “inners” te betaal, sal ons baie help. Ons kan dit teen die fabrieksprys van R87-00 per stuk aankoop.  Kontak Elsa Giliomee by 021 8730 110 / 0823735853 of die kerkkantoor as jy op dié manier die projek wil ondersteun. 

GROEN PROJEK

Ons het reeds die spekbome aangeplant (en gaan ook op die basaar verkoop) soos versoek deur Die Sinode.  Indien u nog idees het vir ons “Groen Projek”, skakel asb Hennie Engelbrecht 021 864 1799 / 082 562 3950.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Gevangenes kan oor Kersfees baie broos en afgesonder voel van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie.  Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke ge-vangene in die Hawequa, en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur .   Ons het verlede jaar 858 kaartjies gemaak wat in vier verskillende gevangenisse in die Wes-Kaap uitgedeel is.  Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons weer te help deur ‘n kaartjie of meer te maak.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voo kant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!!  Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk  082 774 9039 / 021 864 3175.

AMOS BEDIENING

Oom Koos Malherbe benodig dringens dagstukkie boeke (veral “Uit die Beek”) asook ou vertaling (1953) Bybels.  U kan dit by die kerkkantoor inhandig.

DRAKENSTEIN GEMEENTE HOU ‘N FONDSINSAMELINGS-ETE VIR SENDELINGE

Waaronder Wessel & Lumé Cronje ook val op Sondag 21 Sept teen R60-00 per kop.  Kaartjies en verdere besonderhede is beskikbaar by Lona Liebenberg sel no 082 382 0526, epos liebies4@absamail.co.za  Kom ondersteun asb die projek.

4 ORGANISTS IN CONCERT – ZORADA TEMMINGH, WINAND GRUNDLING, MARIO NELL EN ERIK DIPPENAAR

Sondag 17 Aug om 16:00 in die  Paarl Boys High – Saal.  Die kaartjies is R80 (volw) en R40 (kinders) by deure te koop.  Vir verdere navrae skakel 074 359 8069.

DEUROFFER – VROUEBEDIENING

Die Sinodale Kommissie vir Vrouelidmate onderwsteun, inspirer en begelei gemeentes en vrouebedieninge in hulle unieke bediening aan vroueldmate.  Die kommissie fokus op toerusting, skep van netwerke, ontwikkeling en voorsiening van hulpmiddels en beskikbaarstelling van inligting oor kerklike werksaamhede.  ‘n Kwartaalblad, Interaksie word ook versprei.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 59: Maar wat baat dit jou nou dat jy dit alles glo?

Antwoord: Dat ek in Christus voor God geregverdig en ’n erfgenaam van die ewige lewe is (a).

(a) Hab 2:4;  Rom 1:17;  Joh 3:36.

In die Nuus