Deur : Skriba  /  August 17th, 2014

VAKANTE WYKE: 

Nominasies vir vakante wyke moet asb in wees @ 21 Aug.  Diaken vir wyk 12 is ook vakant.

 

DS NJ KURSUS: 

Ds NJ is met kursus op 19 & 20 Aug.

 

AUGUSTUS – BARMHARTIGHEIDSMAAND: 

In dié maand fokus ons op Barmhartigheid (onverdiende liefde).  Jesus sê “Geseënd is die wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartig-heid bewys word.”  Matt 5:7.  U diaken/dienswerker sal u van ’n koevertjie voorsien, waarin u ’n bydrae kan maak op Sondag 24 Aug vir die nood in ons gemeente. 

 

BESOEK AAN DE LA BAT GEMEENTE OP 24 AUG: 

Ons vertrek 08:00 vanaf die kerk om ’n erediens van die dowe gemeente op Worcester by te woon.  Belangstellendes skakel asb die kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931 voor of op 20 Augustus.

 

KURSUS VIR DOOPOUERS: 

Dinsdagaande (2 – 23 Sept) v/a 19:00 – 20:00 word ’n kursus vir doopouers in Die Sentrum aangebied.  Kerkraad verwag van doopouers om die kursus by te woon.

 

FIETSTOER 3 – 5 OKT: 

Ons gaan die pragtige “Canola” roete ry.  Ons ry v/a die kerk via Riebeek-Kasteel en Malmesbury en weer terug na Wellington.  Fietstoervorms v/a Son 27 Aug beskikbaar.

 

HOOP VIR KINDERS – LEIERTOERUSTING: 

19 – 23 Sept (na-ure).  Wie word toegerus?  Onder-wysers, kategete, ouers en elke persoon wat die bediening van die evangelie aan kinders op die hart dra en in hierdie dinamiese bediening in Wellington gemeenskap wil belê.  R350, 00 pp wat lesmateriaal en etes insluit.  Kontak Alida 082 054 6457 vir meer besonderhede.

 

NUUS VAN MIRRIAM: 

Mirriam vertrek DV begin Sept na Spanje om te help met die 3 mnde ‘Foundations for Intercultural Studies” (‘n kursus om werkers op te lei en toe te rus vir Noord-Afrika). Sy sal ook ‘n onderhoud in Malta bywoon vir haar Noord-Afrika  land.   Bid asb vir wysheid vir elke besluit wat sy moet neem en dat sy vlgs die wil van die Here sal optree.

 

FAMILIENUUS:   

U is welkom om bydraes te stuur voor 20 Okt.  Ons verkies foto’s met byskrifte van gebeure en berigte / getuienisse wat nie tydsgebonde is nie.  Stuur asb aan die kerkkantoor.

 

ARTIKEL 1: 

Daar is ‘n paar Kerbodes beskikbaar by die kerkkantoor en in die voorportaal met inligting oor die Sinode se besluit ivm die veranderinge aan die geloofsbelydenis vir die van u wat dit self wil lees. Elke  ouderling het ook ‘n Kerkbode gekry en dit kan met wyksbyeenkomste bespreek word. Ons gemeente gaan dan ook later moet stem oor die voorgestelde Sinodale besluit (die datum sal later bekend gemaak word).

 

NOODKAS: 

Baie dankie vir al u bydraes.  Tans help ons 15 gesinne met maandelikse kospakkies en ook op ander gebiede soos krag ens.  Toiletware en skoonmaakmiddels sal baie welkom wees.

 

FINANSIëLE NOOD VAN SENIOR BURGERS: 

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

 

BREIPROJEK: 

Wol word dringend benodig.  Enige bydrae is welkom.  Kontak asb Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

WELLINGTON DUVET PROJEK

‘n Geldelike bydrae om vir die “inners” te betaal, sal ons baie help. Ons kan dit teen die fabrieksprys van R87-00 per stuk aankoop.  Kontak Elsa Giliomee by 021 8730 110 / 0823735853 of die kerkkantoor as jy op dié manier die projek wil ondersteun. 

 

GROEN PROJEK

Ons het reeds die spekbome aangeplant (en gaan ook op die basaar verkoop) soos versoek deur Die Sinode.  Indien u nog idees het vir ons “Groen Projek”, skakel asb Hennie Engelbrecht 021 864 1799 / 082 562 3950.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES: 

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa, en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voo kant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!!  Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk  082 774 9039 / 021 864 3175.

 

AMOS BEDIENING: 

Oom Koos Malherbe benodig dringens dagstukkie boeke (veral “Uit die Beek”) asook ou vertaling (1953) Bybels.  U kan dit by die kerkkantoor inhandig.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP: 

Vergader weer Woens 20 Aug om 19:15 in Moeder- gemeente se kerksaal.  Die spreker is Dawie Theron ~~  Direkteur FHBC en die onderwerp Stres en Finansies”.  Kom luister hoe om finansies en stres te hanteer.  Kom geniet ‘n koppie koffie en gooi ‘n vrywillige donasie in ons blikkie.  Kontak Petro  021 873 4688 / 072 7098 000.

 

DIE GEBEDSIMFONIE: 

(Intergemeentelike biduur vir herlewing en sending)  Ontmoet weer van-middag 15:30 by Eerstelaan 22.  Hannes van Wijk bring nuus uit die Midde-Ooste.  Almal welkom.  Bring ook jou eie gebedsonderwerpe saam.  Vir meer inligting bel ds Attie van Wijk 082 557 9796.

 

4 ORGANISTS IN CONCERT – Zorada Temmingh, Winand Grundling, Mario Nell en Erik Dippenaar: 

Sondag 17 Aug om 16:00 in Paarl Boys High – Saal, Auretstraat.  Kaartjies kos R80 (volw) en R40 (kinders) by deure te koop.  Navrae:  074 359 8069.

 

NG KERK WELLINGTON-NOORD BASAARVLEIS: 

Fantastiese plaaslike “free-range” hoender, ongelooflike gehalte maalvleis en wors asook verskeie snitte skaap- en beesvleis beskikbaar by ons basaar Sat 6 Sept teen winskopiepryse.   Voorafbestellings van  wors, maalvleis en hoender kan geplaas word en sal beskikbaar wees vanaf Woensdag 27 Aug 2014.  Bestelvorms beskikbaar by Wellington-Oos se kerkkantoor.

 

DRAKENSTEIN GEMEENTE HOU ‘N FONDSINSAMELINGS-ETE VIR SENDELINGE: 

Waaronder Wessel & Lumé Cronje ook val op Sondag 21 Sept teen R60-00 per kop.  Kaartjies en verdere besonderhede is beskikbaar by Lona Liebenberg sel no 082 382 0526, epos liebies4@absamail.co.za  Kom ondersteun asb die projek.

 

VLEG GAPJAAR @ VREDELUST GEMEENTE: 

Basiese opleiding in Bybelse beginsels met praktiese bediening volgens gawes en belangstelling.  Die DIENSJAAR beloop R400-00 pm en verblyf kan gereël word @ R1 200-00 pm.  Vir enige verdere navrae kontak Tertius v/d Berg 021 949 0096 / tertius@churchadventure.co.za   Sluitingsdatum vir aansoeke is 30 Sept 2014.

 

DEUROFFER – JAN KRIEL INSTITUUT:   

Jan Kriel Instituut bestuur die deernis en omgee van die Kerk (en ander persone) by Jan Krielskool, waar leerders met spesiale onderwys behoeftes gehelp word. Vyfhonderd-en-tagtig (580) kinders van graad R tot Matriek wat met verskeie gestremdhede moet saam leef o.a. weens disleksie, epilepsie, siektes, ongelukke en spesiale leerbehoeftes, kry hier spesialis onderwys. Gemeentes en gelowiges se liefdegawes, donasies en borgskappe word deur die Instituut bymekaar gemaak en verantwoordelik aangewend. Die Vader se Voorsienigheid, Jesus se liefde vir kinders en gestremdes, die Gees se vorming en ons voorgeslagte se ywer (sedert 1937) is ons inspirasie. Kom leef ons leuse en “Gee ʼn Kind ʼn Kans”.

 

 HEIDELBERGSE KATEGISMUS:

Vraag 60: Hoe is jy regverdig voor God?

Antwoord: Slegs deur ’n ware geloof in Jesus Christus (a); so dat al kla my gewete my aan dat ek teen al die gebooie van God swaar gesondig het en nie een daarvan gehou het nie (b) en dat ek nog gedurigdeur tot alle kwaad geneig is (c), God nogtans (d) aan my sonder enige verdienste van my kant (e), uit louter genade (f) die volkome genoegdoening (g), geregtigheid en heiligheid van Christus skenk (h). Dit reken Hy my toe asof ek nooit sonde gehad of gedoen het nie, asof ek self al die gehoorsaamheid volbring het wat Christus vir my volbring het (i). Aan hierdie weldaad het ek deel vir sover ek dit met ’n gelowige hart (j) aanneem.

(a) Rom 3:21, 22, 24;  5:1, 2;  Gal 2:16;  Ef 2:8, 9;  Fil 3:9. (b) Rom 3:9. (c) Rom 7:23. (d) Rom 4:4;  2 Kor 5:19. (e) Tit 3:5;  Deut 9:6;  Eseg 36:22. (f) Rom 3:24;  Ef 2:8. (g) 1 Joh 2:2. (h) 1 Joh 2:1. (i) 2 Kor 5:21. (j) Rom 3:22;  Joh 3:18.

In die Nuus