Deur : Skriba  /  August 24th, 2014

KURSUS VIR DOOPOUERS

Dinsdagaande (2 – 23 Sept) v/a 19:00 – 20:00 word ’n kursus vir doopouers in Die Sentrum aangebied.  Kerkraad verwag van doopouers om die kursus by te woon.

FIETSTOER 3 – 5 OKT

Ons gaan die pragtige “Canola” roete ry om Pieter-Jan Geldenhuys en Michelle Munnik finansieel te ondersteun tydens hulle siekte.  Ons ry v/a die kerk via Riebeek-Kasteel en Malmesbury en weer terug na Wellington.  Fietstoervorms is v/a Maan 28 Aug beskikbaar by ds NJ, die kerkkantoor en die hoërskool.

HOOP VIR KINDERS – LEIERTOERUSTING

19 – 23 Sept (na-ure).  Wie word toegerus?  Onder-wysers, kategete, ouers en elke persoon wat die bediening van die evangelie aan kinders op die hart dra en in hierdie dinamiese bediening in Wellington gemeenskap wil belê.  R350, 00 pp wat lesmateriaal en etes insluit.  Kontak Alida 082 054 6457 vir meer besonderhede.

ARTIKEL 1

Daar is ‘n paar Kerbodes beskikbaar by die kerkkantoor en in die voorportaal met inligting oor die Sinode se besluit ivm die veranderinge aan die geloofsbelydenis vir die van u wat dit self wil lees. Elke  ouderling het ook ‘n Kerkbode gekry en dit kan met wyksbyeenkomste bespreek word. Ons gemeente gaan dan ook later moet stem oor die voorgestelde Sinodale besluit (die datum sal later bekend gemaak word).

NOODKAS

Baie dankie vir al u bydraes.  Tans help ons 15 gesinne met maandelikse kospakkies en ook op ander gebiede soos krag ens.  Toiletware en skoonmaakmiddels sal baie welkom wees.

FINANSIëLE NOOD VAN SENIOR BURGERS

Ons kom agter dat senior burgers al hoe moeiliker met hul pensioen deurkom.  Indien u graag ‘n persoon of egpaar finansieël of andersins wil ondersteun, skakel asb die leraars.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa, en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voo kant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!!  Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk  082 774 9039 / 021 864 3175.

AMOS BEDIENING

Oom Koos Malherbe benodig dringens dagstukkie boeke (veral “Uit die Beek”) asook ou vertaling (1953) Bybels.  U kan dit by die kerkkantoor inhandig.

NG KERK WELLINGTON-NOORD BASAAR VLEIS

Fantastiese plaaslike “free-range” hoender, ongelooflike gehalte maalvleis en wors asook verskeie snitte skaap- en beesvleis beskikbaar by ons basaar Sat 6 Sept teen winskopiepryse.   Voorafbestellings van  wors, maalvleis en hoender kan geplaas word en sal beskikbaar wees vanaf Woensdag 27 Aug 2014.  Bestelvorms beskikbaar by Wellington-Oos se kerkkantoor.

ARBEIDSBEDIENING OPLEIDING

Aanbieder is Johan Crous – “Hoe neem ek leiding wanneer spanning en dit wat op die spel is hewig is”.  Datum is 17 September v/a 08:30 – 16:30 by NGK Wellington Noord.  Middagete word voorsien.  Vir meer inligting skakel Johan Crous 021 873 7024/
072 289 0842.

DRAKENSTEIN GEMEENTE HOU ‘N FONDSINSAMELINGS-ETE VIR SENDELINGE

Waaronder Wessel & Lumé Cronje ook val op Sondag 21 Sept teen R60-00 per kop.  Kaartjies en verdere besonderhede is beskikbaar by Lona Liebenberg sel no 082 382 0526, epos liebies4@absamail.co.za  Kom ondersteun asb die projek.

WEEK VAN GEBED V/A 1 – 7 SEPT

“Call to Prayer for Revival”  Alle belangstellendes is welkom om die vergadering in die Martasaal op Dinsdag 26 Augustus om 17:00 by te woon.

MA’S-VI-WELLINGTON

“Ons het gevra vir sweetpakkies vir ons kinders en toe kom die Hemelse Vader en gee soveel meer as wat ons kon voor vra of droom …..  Elkeen van ons 250 kinders het ‘n sweetpak gekry, maar ook waterstewels, sokkies, mus, serp, sepie, rugsakkie en kombers vir die koue winter!  Weereens dankie dat Wellington-Oos ook gehelp het om Jesus se liefde vir hierdie kinders te wys!!!  Groete van Ma’s-vi-Wellington.

4×4 ROETE OOR PORSELEINBERG

4 X 4 Roete oor Porseleinberg op Saterdag 13 September saam met Jan Serdyn. Koste R150 ten bate van Barmhartigheid. Inskrywings 8:00 by Wellington – Oos kerkgronde voor die Sentrum. Navrae : Bennie Smith 0836513305

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 61: Waarom sê jy dat jy slegs deur die geloof regverdig is?

Antwoord: Nie dat ek op grond van die waarde van my geloof vir God aanneemlik is nie, maar omdat slegs die genoegdoening, geregtigheid en heiligheid van Christus my geregtigheid voor God is (a). En dit kan ek nie anders as slegs deur die geloof aanneem en my eie maak nie (b).

(a) 1 Kor 1:30;  2:2. (b) 1 Joh 5:10

In die Nuus