Deur : Skriba  /  September 8th, 2014

SPES UK VERGADERING

Maan 8 Sept om 19:00 in Die Sentrum ivm datums rondom Artikel 1.

 

SPESIALE KERKRAADSVERGADERING (VERKIESING)

Son 14 Sept direk na oggenddiens in die konsistorie.

 

KURSUS VIR DOOPOUERS

Dinsdagaande (2 – 23 Sept) v/a 18:00 – 20:00 word ’n kursus vir doopouers in Die Sentrum aangebied.  Kerkraad verwag van doopouers om die kursus by te woon.  Die temas is as volg:

v  09 Sept – Wat beteken my doop?

v  16 Sept – Hoe laat ons reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop

v  23 Sept – Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei

 

FIETSTOER 3 – 5 OKT

Ons gaan die pragtige “Canola” roete ry om Pieter-Jan Geldenhuys en Michelle Munnik finansieel te ondersteun tydens hulle siekte.  Elke fietsryer moet asb R400-00 insamel.  Ons ry v/a die kerk via Riebeek-Kasteel en Malmesbury en weer terug na Wellington.  Fietstoervorms is beskikbaar by ds NJ, die kerkkantoor en die hoërskool.

 

4 X 4 ROETE OOR PORSELEINBERG 13 SEPTEMBER

Ons vertrek 08:00 v/a Die Sentrum (op Wellington-Oos kerkgronde).  Die koste beloop R200-00 per voertuig tbv barmhartigheid.  As u aan die einde wil braai, bring net u eie eet- en drinkgoed.  Navrae aan Bennie Smith 083 651 3305.

 

WELLINGTON OOS WEBWERF

Ons herinner u net weer aan ons webwerf vir inligting rondom ons gemeente aktiwiteite – www.wellingtonoos.co.za

 

HOOP VIR KINDERS – LEIERTOERUSTING

19 – 23 Sept (na-ure).  Wie word toegerus?  Onderwysers, kategete, ouers en elke persoon wat die bediening van die evangelie aan kinders op die hart dra en in hierdie dinamiese bediening in Wellington gemeenskap wil belê.  R350, 00 pp wat lesmateriaal en etes insluit.  Kontak Alida 082 054 6457 vir meer besonderhede.

 

DUVET PROJEK

‘n Groot dankie aan al die flinke vroue wat met die laswerk van die bane gehelp het.  Ons maak nou die duvetslope vir 2015 se winter en as jy daarmee kan help, het jy tyd tot volgende jaar April.  Bel my asseblief!  Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa, en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voo kant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!!  Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk  082 774 9039 / 021 864 3175.

 

BASAAR – KAFEE

Hulle benodig gebruikte plat “foamalite” bakkies (die waarin vleis verpak word).  Dit kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

HERLEWINGSDIENSTE

Let asb op dat daar slegs Sondag 14 Sept by Moedergemeente 2 dienste is (nie v/a 14 – 16 Sept soos op ons kalender aangedui nie).  Die oggend preek dr Francois Carr en die aand ds Dirkie van der Spuy

 

ARBEIDSBEDIENING OPLEIDING

Aanbieder is Johan Crous – “Hoe neem ek leiding wanneer spanning en dit wat op die spel is hewig is”.  Datum is 17 September v/a 08:30 – 16:30 by NGK Wellington Noord.  Middagete word voorsien.  Vir meer inligting skakel Johan Crous 021 873 7024/
072 289 0842.

 

POTPOURRI MUSIEK WAT STORIES VERTEL

Sangdiens Sondag, 14 Sept 09:30 NGK Wellington-Noord met Hugenote Hoërskoolkoor, Hugo Rust Seniorkoor, Ighnus Grobler, Jacques Lamprecht, Johann Enslin, Michael Grobler, Jan Olivier en Rejeanne Louw.

 

DRAKENSTEIN GEMEENTE HOU ‘N FONDSINSAMELINGS-ETE VIR SENDELINGE

Waaronder Wessel & Lumé Cronje ook val op Sondag 21 Sept teen R60-00 per kop.  Kaartjies en verdere besonderhede is beskikbaar by Lona Liebenberg sel no 082 382 0526, epos liebies4@absamail.co.za  Kom ondersteun asb die projek.

 

DEUROFFER – NASIONALE INSTITUUT VIR DOWES

Die Nasionale Instituut vir Dowes is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om die Dowes se stilte en afgesonderdheid te verbreek deur vir hulle taal aan te leer, die Woord van God te leer, en alles-omvattende dienste te verskaf.

Dowes en persone met erge gehoorverlies se gehoor is in so ‘n mate aangetas is dat dit nie as primêre middel van kommunikasie gebruik kan word nie. As sulks moet Dowes enorme kommuni- kasieuitdagings en ongelykhede trotseer wanneer hulle dienste en gemeenskaps prosesse, net vir alledaagse prosesse moet bereik.  Vandag, 133 jaar later, is die Nasionale Instituut vir Dowes ver- antwoordelik vir Volwasse meervoudig-gestremde Dowes wie nie selfstandig kan funksioneer nie en residensiële sorg en beskermde werkswinkels binne ‘n terapeutiese omgee-gemeenskap ont- vang. Twee tehuise vir bejaardes op Worcester en in Bellville skep ‘n veilige en gemaklike omge- wing vir Dowes asook liggaamlik gestremde Dowes en Doof-blinde persone. Die NID Akademie bied ‘n verskeidenheid steundienste waaronder maatskaplike en terapeutiese ondersteuning aan persone met gehoorverlies. NID Kollege bied verskeie ge-akkrediteerde beroepsopleidings- programme vir dowe studente aan.  Tans word Dowes ook as predikante en pastore opgelei by Deaf Christian Ministry Africa by NID om die meer as 400 000 moeilik bereikbare Dowes in Suid-Afrika te bedien met die Woord.  Vir verdere inligting kontak  023 342 5555 / pa.deputy@nid.org.za of besoek ons webwerf: www.nid.org.za

In die Nuus