Deur : Skriba  /  September 12th, 2014

PROGRAM VIR DIE RES VAN DIE WEEK
Maandag:
17:30 – Herfsvreugdekoor oefen
Dinsdag:
07:30 – Bybelstudie
10:00 – 40 Dae – Kerk – As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Matt 6:14
18:00 – Doopkategese – Die Sentrum – Hoe laat ek reg geskied aan die betekenis van ons kind se doop
– Wyksbyeenkomste in alle wyke
– Leraarsbidure – Wyke 30, 31, 25 & 34
Woensdag:
09:00 – Gebedsgroep – Konsistorie
19:00 – Sang- en Musiekbediening vergader – Konsistorie
Donderdag:
05:30 – Bybelstudie – Barlinkastraat 25

VOORGESTELDE ARTIKEL 1 VAN DIE KERKORDE:
Slegs ingeskrewe lidmate van die gemeente kan stem of die Belydenis van Belhar ook deel kan word van die belydenisgrondslag van die Kerk. Op so ’n wyse dat daar ruimte is vir diegene wat dit as belydenisskrif aanvaar, sowel as vir die wat dit nie as ’n belydenisskrif aanvaar nie. Vir meer inligting sien ingeslote inligtingsblad of besoek die webwerf van die Sinode by http://kaapkerkadmin.co.za

SPES KERKRAADSVERGADERING:
Maan 22 Sept om 19:00 in die kerk om ’n aanbeveling te maak tov die wysiging van Kerkorde Artikel 1 asook om stemprosedure vir gemeente te bepaal. Die huidige asook nuutverkose kerkraadslede moet asb teenwoordig wees.

G-VOUCHER PROJEK:
Dit is v/a 15 – 19 Sept Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00. Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.

BASAARLYSTE:
U ouderling sal u gedurende Sept besoek met die basaarlys. Ons sal waardeer as die manne kontant gee en die vrouens produkte of bestandele vir die tafels. Indien u ouderling u nie besoek nie, skakel asb die kerkkantoor of basaarsameroepster van u groep (sien kalender).

FIETSTOER 3 – 5 OKT:
Ons gaan die pragtige “Canola” roete ry om Pieter-Jan Geldenhuys en Michelle Munnik finansieel te ondersteun tydens hulle siekte. Elke fietsryer moet asb R400-00 insamel. Ons ry v/a die kerk via Riebeek-Kasteel en Malmesbury en weer terug na Wellington. Fietstoervorms is beskikbaar by ds NJ, die kerkkantoor en die hoërskool.

WELLINGTON OOS WEBWERF:
Ons herinner u net weer aan ons webwerf vir inligting rondom ons gemeente aktiwiteite – www.wellingtonoos.co.za

DANKOFFERS:
Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papierbesparend. Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar. Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

HOOP VIR KINDERS – LEIERTOERUSTING:
19 – 23 Sept (na-ure). Wie word toegerus? Onder-wysers, kategete, ouers en elke persoon wat die bediening van die evangelie aan kinders op die hart dra en in hierdie dinamiese bediening in Wellington gemeenskap wil belê. R350,00 pp wat lesmateriaal en etes insluit. Kontak Alida 082 054 6457 vir meer besonderhede.

EMERITI-TEE 2014:
Die Wes-en-Suid-Kaap Sinode se moderatuur hou elke twee jaar in die lente ‘n tee vir afgetrede leraars en die weduwees van afgetrede leraars. Predikante wat in ander sinodes in die bediening gestaan het (of die weduwees van diesulkes), maar in die Wes-en-Suid-Kaap kom aftree het, is ook welkom om die geleentheid by te woon. Woens 5 Nov om 10:00 by die NG Kerk Strand-Noord. RSVP asb direk aan Salomi Steenkamp by 021 957 7202 of skriba@kaapkerk.co.za

DUVET PROJEK:
‘n Groot dankie aan al die flinke vroue wat met die laswerk van die bane gehelp het. Ons maak nou die duvetslope vir 2015 se winter en as jy daarmee kan help, het jy tyd tot volgende jaar April. Bel my asseblief! Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES:
Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa, en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur. Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voo kant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier. Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit. Baie, baie dankie by voorbaat!!! Kontak: Kerkkantoor of Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

BASAAR – KAFEE:
Hulle benodig gebruikte plat “foamalite” bakkies (die waarin vleis verpak word). Dit kan by die kerkkantoor afgegee word.

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP:
Woens 17 Sept om 19:15 in Moedergemeente se kerksaal. Die spreker is Carlin Havenga ~~ ‘n arbeidsterapeut en die onderwerp “Depressie en Arbeidsterapie” – inligting oor Serenokliniek, ‘n plek waarvan ons nog net gehoor het. Kom drink ‘n koppie koffie of tee en eet ‘n stukkie beskuit saam met ons. ‘n Vrywillige donasie sal waardeer word. Vir meer inligting kontak Petro 021 873 4688 / 072 709 8000.

ARBEIDSBEDIENING OPLEIDING:
Aanbieder is Johan Crous – “Hoe neem ek leiding wanneer spanning en dit wat op die spel is hewig is”. Datum is 17 September v/a 08:30 – 16:30 by NGK Wellington Noord. Middagete word voorsien. Vir meer inligting skakel Johan Crous 021 873 7024/
072 289 0842.

TRAP VIR BYBELS FIETSTOER: 22 – 25 Sept v/a Wellington na Hartenbos. Trap vir Bybels is ‘n nie-winsgewende organisasie wat fondse genereer vir Bybelgenootskap. Indien u ‘n finansiële bydrae wil maak, kan u dit direk in Die Bybelgenootskap se rekening inbetaal. Skakel kerkkantoor vir verdere inligting en die bankbesonderhede.

DRAKENSTEIN GEMEENTE HOU ‘N FONDSINSAMELINGS-ETE VIR SENDELINGE: Waaronder Wessel & Lumé Cronje ook val op Sondag 21 Sept teen R60-00 per kop. Kaartjies en verdere besonderhede is beskikbaar by Lona Liebenberg sel no 082 382 0526, epos liebies4@absamail.co.za Kom ondersteun asb die projek.

DEUROFFER – PAARL SKOOL:
Daar is tans 320 kinders wat by Paarl Skool vir neural gestremde kinders te Brackenfell skoolgaan. Kinders met serebraal-, fisiese en leerafwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer is. Met die hulp van spraak-, arbeids- en fisioterapeute en sielkundiges, ‘n verpleegsuster en spesiaal opgeleide onderwysers word elke kind geëvalueer en kry individuele aandag volgens hul onderskeie behoeftes. Vervoer in spesiaal aangepasde busse word vir 90% van die kinders voorsien. Alhoewel die skool die normale kurrikulum van die Onderwysdepartement volg, word gespesialiseerde toerusting soos rystoele, opvoedkundige programme en spesiale rekenaars gebruik. Gemeentes se ondersteuning word waardeer.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS: Vraag 66: Wat is sakramente?
Antwoord: Dit is heilige, sigbare tekens en seëls wat God ingestel het om ons deur die gebruik daarvan die belofte van die evangelie nog beter te laat verstaan en dit te beseël. Hierdie belofte is dat God vanweë die enige offer van Christus wat aan die kruis volbring is, vergewing van die sondes en die ewige lewe uit genade skenk (a).
(a) Gen 17:11; Rom 4:11; Deut 30:6; Lev 6:25; Heb 9:7-9, 24; Eseg 20:12; Jes 6:6, 7; 54:9.

In die Nuus