Deur : Skriba  /  September 21st, 2014

Verkose kerkraadslede 2014 – 2015

Ouderlinge

Wyk  5 –  Vakant

Wyk  9 –  Vakant

Wyk 15 –  Dries v/d Merwe

Wyk 16 –  Emmelina Gerber (herkies)

Wyk 22 –  Stephen le Roux (Geestelike versorger)

Wyk 31 – Vakant

Hertzog –  Rudolph Venter

Les Huguenots A –  Lieze Ferreira

 

Diakens

Wyk 1 Suid –  Pieter du Toit (dienswerker)

Tinus Broodryk (dienswerker)

Wyk  3 –  Louise Olivier (dienswerker)

Wyk  4 –  Johan Dreyer

Wyk  9 –  Vakant

Wyk 22 –  Willem Lucas (herkies d/werker)

Wyk 24 –  Vakant

Wyk 29 –  Chris Botha

Richelieu –  Duan Rossouw

VOORGESTELDE ARTIKEL 1 VAN DIE KERKORDE

Slegs ingeskrewe lidmate van die gemeen- te (u lidmaatskap moet by Wellington-Oos wees) kan stem of die Belydenis van Belhar ook deel kan word van die belydenisgrondslag van die Kerk.  Op so ’n wyse dat daar ruimte is vir diegene wat dit as belydenisskrif aanvaar, sowel as vir die wat dit nie as ’n belydenisskrif aanvaar nie.  Vir meer inligting besoek die webwerf van die Sinode by http://kaapkerkadmin.co.za

BASAARLYSTE

U ouderling sal u gedurende Sept besoek met die basaarlys.  Ons sal waardeer as die manne kontant gee en die vrouens produkte of bestandele vir die tafels.  Indien u ouderling u nie besoek nie, skakel asb die kerkkantoor of basaarsameroepster van u groep (sien kalender).

HOENDERBRAAI KAARTJIES

U diaken/dienswerker sal u gedurende Okt besoek met etekaart-jies vir die hoenderbraai.  Dit is ‘n heerlike saamkuier die aand van 25 Okt.

FIETSTOER 3 – 5 OKT

Ons gaan die pragtige “Canola” roete ry om Pieter-Jan Geldenhuys en Michelle Munnik finansieel te ondersteun tydens hulle siekte.  Elke fietsryer moet asb R400-00 insamel.  Ons ry v/a die kerk via Riebeek-Kasteel en Malmesbury en weer terug na Wellington.  Fietstoervorms is beskikbaar by ds NJ, die kerkkantoor en die hoërskool en moet weer terug wees teen 25 September.

FIETSTOERVERGADERING

Al 3 Wellingtongemeentes se helpers met die fietstoer vergader Maandag 29 Sept om 18:00 in Die Sentrum.

BASAARSAMEROEPTSTERS

Vergader Dinsdag 30 Sept om 18:00 in die konsistorie om te besin oor 2015 se Wildsfees.  Al is jy nie meer konvenor in 2015 nie wil ons nog altyd baie graag jou insette hoor.

WELLINGTON OOS WEBWERF

Ons herinner u net weer aan ons webwerf vir inligting rondom ons gemeente aktiwiteite – www.wellingtonoos.co.za

DANKOFFERS

Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papierbesparend.  Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar.  Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

NUUS VAN MIRIAM

Miriam het veilig aangeland in Spanje.  Hulle het 5 studente en wil ‘n nuwe poging aanwend deur huiskerke  te begin in samewerking met die Spaanse kerke  en “Discovery Bible Study”” – dan kan eenvoudige Bybelstudiegroepe  daaruit ontstaan.  Volgende week gaan sy na Malta vir ‘n byeenkoms van ander organisasies wat ook betrokke is by haar Noord-Afrika land.   Sy vra dat ons asb moet bid vir haar Nigeriese vriendin wat nog in aanhouding is met al hoe meer verslegtende omstandighede in die tronk – bv net een keer per dag word kos voorsien.

EMERITI-TEE 2014

Die Wes-en-Suid-Kaap Sinode se moderatuur hou elke twee jaar in die lente ‘n tee vir afgetrede leraars en die weduwees van afgetrede leraars.  Predikante wat in ander sinodes in die bediening gestaan het (of die weduwees van diesulkes), maar in die Wes-en-Suid-Kaap kom aftree het, is ook welkom om die geleentheid by te woon.  Woens 5 Nov om 10:00 by die NG Kerk Strand-Noord.  RSVP asb direk aan Salomi Steenkamp by 021 957 7202 of skriba@kaapkerk.co.za

DUVET PROJEK

‘n Groot dankie aan al die flinke vroue wat met die laswerk van die bane gehelp het.  Ons maak nou die duvetslope vir 2015 se winter en as jy daarmee kan help, het jy tyd tot volgende jaar April.  Bel my asseblief!  Elsa Giliomee 021 873 0110 / 082 373 5853.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa, en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voo kant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!!  Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk  082 774 9039 / 021 864 3175.

KLEINGROEP

Adele Visser soek lede vir haar kleingroep – u kan haar kontak by 082 802 0130 of vir ds NJ.

BASAAR – KAFEE

Hulle benodig gebruikte plat “foamalite” bakkies (die waarin vleis verpak word).  Dit kan by die kerkkantoor afgegee word.

HAM SKOENDOOSPROJEK

Indien u wil deelneem aan die projek, kontak Elsabe Sauerman by 021 873 3834 of stuur ‘n e-pos aan elsabe@andrewmurray.org.za   Sy sal dan vir u name en ouderdomme van kinders deurgee, asook `n lys van behoeftes.   

ACVV FYNGOUD DIENSSENTRUM VIER  HUL 30STE BESTAANSJAAR

Met ‘n fees DV 17-19 Okt.  Die verringtinge sal soos volg verloop:  Vry 17 Okt 08:00 – opedag by die Dienssentrum – uitstalling van kuns, naaldwerk, ens gratis.  ‘n Teetuin @ R25,00 pp.  Sater 18 Okt 08:00 – kermis by Silwerkruin Ouetehuis – baie eetgoed en speletjies vir die almal van 1 tot 90 (bring gerus die kinders en kleinkinders, dit gaan groot pret wees). Daar is ook ‘n teetuin en orkesmusiek. Toegang is gratis!!!!  Kaartjies vir eetgoed sal by die hek te koop wees.  Sondag 19 Okt 10:00 – afsluiting van ons feesnaweek met ‘n kerkdiens by Silwerkruin.

GEBEDSIMFONIE

Kom weer op Sondag 21 Aug om 15:30 bymekaar by Eerstelaan 22.  Almal welkom. Ons bid vir Wellington se gemeentes en hulle  sendelinge. Vars nuus beskikbaar. Bring jou eie gebedsake ook saam.   Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk  082 557 9796.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 67: Is die Woord en die sakramente albei daarvoor bestem om ons geloof op die offer van Christus wat aan die kruis as die enigste grond van ons saligheid te wys?

Antwoord: Ja, seker, want die Heilige Gees leer ons in die evangelie en verseker ons deur die sakramente dat ons volle saligheid op die enige offer van Christus rus, wat aan die kruis vir ons volbring is (a).

(a) Rom 6:3;  Gal 3:27.

In die Nuus