Deur : Skriba  /  September 28th, 2014

Verkose kerkraadslede 2014 – 2015

Ouderlinge 

Wyk  5 –  Alet Berry                                                     

Wyk  9 –  Vakant                                                           

Wyk 15 –  Dries v/d Merwe                                           

Wyk 16 –  Emmelina Gerber (herkies)                       

Wyk 22 –  Stephen le Roux (Geestelike versorger) 

Wyk 31 – Gert Boerssen (herkies)                             

Hertzog –  Rudolph Venter                                            

Les Huguenots A –  Lieze Ferreira                            

                                                                                     

Diakens

Wyk 1 Suid –  Pieter du Toit (dienswerker)

                         Tinus Broodryk (dienswerker)

Wyk  3 –  Louise Olivier (dienswerker)

Wyk  4 –  Johan Dreyer  

Wyk  9 –  Vakant

Wyk 22 –  Willem Lucas (herkies d/werker)

Wyk 24 –  Pieter van Schalkwyk

Wyk 29 –  Chris Botha

 Richelieu –  Manie Hugo (herkies)

 

 

 

VOORGESTELDE WYSIGING VAN ARTIKEL 1:

Die kerkraad het Maandagaand 22 Sept eenparig aanbeveel dat Artikel 1 gewysig word soos aanbeveel deur die Sinode.  Die gemeente kan nou vir of teen die aanbeveling van die kerkraad stem op 5, 12, 19 & 26 Okt na die oggenddiens tot en met 12:00.  Die geleentheid om te stem sluit dus 26 Okt om 12:00.  U lidmaatskap moet by hierdie gemeente wees om te mag stem.  Bevestig asb by die kerkkantoor indien u onseker is.  Op 27 Okt stem die kerkraad vir of teen die voorstel van die Sinode om Artikel 1 te wysig.  Beide die  kerkraad en die gemeente moet ‘n 2/3 meerderheid stemme hê ten gunste van die wysiging van Artikel 1 om te kan tel as ‘n “JA” stem.

VOORGESTELDE NUWE ARTIKEL 1 (Byvoegings in vetgedruk)

1. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God.

2.1 Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, word verwoord in die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius; en die Drie Formuliere van Eenheid, nl die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.

2.2 Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ’n wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ’n belydenisskrif onderskryf nie.

3. Die Kerk aanvaar dat haar roeping om haar geloof te bely, altyd geld en dat ’n uitbreiding van haar belydenisgrondslag sonder dwang geskied.

EREDIENSTYE:  

Vanaf Sondag 5 Okt verander die oggenddiens se tyd na 09:00.  Die aanddiens se tyd bly onveranderd.

BASAARLYSTE: 

U ouderling sal u gedurende Sept besoek met die basaarlys.  Ons sal waardeer as die manne kontant gee en die vrouens produkte of bestandele vir die tafels.  Indien u ouderling u nie besoek nie, skakel asb die kerkkantoor of basaarsameroepster van u groep (sien kalender).

FIETSTOER 2014: 

Almal wat wil saamgaan, bevestig asb met die kerkkantoor voor Maandag 29 Sept om 14:00 ter wille van getalle.  Die donasievorms moet @ 30 Sept by die kerkkantoor wees.

BASAARSAMEROEPTSTERS: 

Vergader Dinsdag 30 Sept om 18:00 in die konsistorie om te besin oor 2015 se Wildsfees.  Al is jy nie meer konvenor in 2015 nie wil ons nog altyd baie graag jou insette hoor.

GEMEENTEFEES 2015: 

Ons hou weer basaar op Sater 25 Okt v/a 09:00.  Ons skop reeds die Vrydagaand 18:00 af met ons nou reeds beroemde gemeentekonsert wat voorafgegaan word met treinritte vir die kleingoed en iets te ete en drinke.  Sater om 18:00 sluit ons af met ’n heerlike hoenderbraai @ R55-00 vir volw en R20-00 vir kinders.   U diaken / dienswerker sal u gedurende Okt besoek met etekaartjies vir die hoenderbraai. 

DANKOFFERS: 

Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papierbesparend.  Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar.  Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

EMERITI-TEE 2014: 

Die Wes-en-Suid-Kaap Sinode se moderatuur hou elke twee jaar in die lente ‘n tee vir afgetrede leraars en die weduwees van afgetrede leraars.  Predikante wat in ander sinodes in die bediening gestaan het (of die weduwees van diesulkes), maar in die Wes-en-Suid-Kaap kom aftree het, is ook welkom om die geleentheid by te woon.  Woens 5 Nov om 10:00 by die NG Kerk Strand-Noord.  RSVP asb direk aan Salomi Steenkamp by 021 957 7202 of skriba@kaapkerk.co.za

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES: 

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa, en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voo kant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!!  Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk  082 774 9039 / 021 864 3175.

BASAAR – KAFEE: 

Benodig gebruikte plat “foamalite” bakkies (die waarin vleis verpak word).  Dit kan by die kerkkantoor afgegee word.  Hulle benodig ook dringend persone wat kan help pannekoeke bak vir ongeveer een uur op die dag van die basaar.  Skakel asb Ronel van Heerden 082 322 3689 indien u bereid is om te help.

HUGENOTE HOËRSKOOLKOOR 2014 GALAKONSERT:   

Goodnow Hall, Wellington, 2 Okt om 19:00 @ R30-00 (volwassenes) en R10-00 (kinders).  Kaartjies is te koop by die Hoërskool.  .

Navrae aan  Johann Enslin 021 873 2111 of jenslin@hugenoteskool.co.za

HAM SKOENDOOSPROJEK: 

Indien u wil deelneem aan die projek, kontak Elsabe Sauerman by 021 873 3834 of stuur ‘n e-pos aan elsabe@andrewmurray.org.za   Sy sal dan vir u name en ouderdomme van kinders deurgee, asook `n lys van behoeftes.   

ACVV FYNGOUD DIENSSENTRUM VIER  HUL 30STE BESTAANSJAAR:

Met ‘n fees DV 17-19 Okt.  Die verringtinge sal soos volg verloop:  Vry 17 Okt 08:00 – opedag by die Dienssentrum – uitstalling van kuns, naaldwerk, ens gratis.  ‘n Teetuin @ R25,00 pp.  Sater 18 Okt 08:00 – kermis by Silwerkruin Ouetehuis – baie eetgoed en speletjies vir die almal van 1 tot 90 (bring gerus die kinders en kleinkinders, dit gaan groot pret wees). Daar is ook ‘n teetuin en orkesmusiek. Toegang is gratis!!!!  Kaartjies vir eetgoed sal by die hek te koop wees.  Sondag 19 Okt 10:00 – afsluiting van ons feesnaweek met ‘n kerkdiens by Silwerkruin.

DEUROFFER – BEDIENING AAN DIE JODE:    

Bid asseblief vir ds Francois Wessels en me Cecilia Burger wat na Jode uitreik met die evangelie, asook vir die Messiaans-Joodse gemeente Beit Ariel in Kaapstad.  Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is, dit wil sê Christen-Jode.  Die Beit Ariel gemeente het Joodse en nie-Joodse lidmate.  Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer kom.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS: 

Vraag 68: Hoeveel sakramente het Christus in die Nuwe Verbond of Testament ingestel?

Antwoord: Twee, naamlik die heilige doop en die heilige nagmaal.

In die Nuus