Deur : Skriba  /  October 5th, 2014

Verkose kerkraadslede 2014 – 2015

Ouderlinge

Wyk  5 –  Alet Berry

Wyk 31 – Gert Boerssen (herkies)

Diakens

Wyk 24 –  Pieter van Schalkwyk

VOORGESTELDE WYSIGING VAN ARTIKEL 1

Die kerkraad het Maandagaand 22 Sept eenparig aanbeveel dat Artikel 1 gewysig word soos aanbeveel deur die Sinode.  Die gemeente kan nou vir of teen die aanbeveling van die kerkraad stem op 5, 12, 19 & 26 Okt na die oggenddiens tot en met 12:00.  Die geleentheid om te stem sluit dus 26 Okt om 12:00.  U lidmaatskap moet by hierdie gemeente wees om te mag stem.  Bevestig asb by die kerkkantoor indien u onseker is.  Op 27 Okt stem die kerkraad vir of teen die voorstel van die Sinode om Artikel 1 te wysig.  Beide die  kerkraad en die gemeente moet ‘n 2/3 meerderheid stemme hê ten gunste van die wysiging van Artikel 1 om te kan tel as ‘n “JA” stem.  Ons het nog hulp nodig by die “stembus” op 5, 12 en 19 Okt – skakel asb die kerkkantoor indien u bereid is om diens te doen op een van hierdie 3 Sondae.

VOORGESTELDE NUWE ARTIKEL 1 ( Byvoegings in vetgedruk)

1.      Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God.

2.1    Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, word verwoord in die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius; en die Drie Formuliere van Eenheid, nl die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.

2.2    Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ’n wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ’n belydenisskrif onderskryf nie.

3.      Die Kerk aanvaar dat haar roeping om haar geloof te bely, altyd geld en dat ’n uitbreiding van haar belydenisgrondslag sonder dwang geskied.

PREDIKANTE VERLOF

Ds NJ is met verlof v/a 6 – 10 Okt.

MATRIEKETE 15 OKTOBER 2014

Indien iemand per abuis uitgelaat is en nog nie ‘n uitnodiging ontvang het nie, skakel asb die kerkkantoor en u gee u naam deur.  Ons wil baie graag hê al ons matrieks moet die ete by die kerk kom geniet.

GEBEDSGROEP

Mense wat bereid is om deel te wees van ‘n gebedsketting om te bid vir mense en situasies, ontmoet mekaar op Woensdag 15 Okt om 18:00 in Die Sentrum.

GEMEENTEFEES 2014

Ons hou weer basaar op Saterdag 25 Okt v/a 09:00.  Ons skop reeds die Vrydagaand 18:00 af met ons nou reeds beroemde gemeentekonsert wat voorafgegaan word met treinritte vir die kleingoed en iets te ete en drinke.  Sater om 18:00 sluit ons af met ’n heerlike hoenderbraai @ R55-00 vir volw en R20-00 vir kinders.   U diaken / dienswerker sal u gedurende Okt besoek met etekaartjies vir die hoenderbraai.

POTJIEKOS VIR SENIORS

Let asb daarop dat hierdie geleentheid verskuif vanaf 17 Oktober 2014 na ‘n datum in Februarie 2015.

DANKOFFERS

Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papierbesparend.  Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar.  Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

EMERITI-TEE 2014

Die Wes-en-Suid-Kaap Sinode se moderatuur hou elke twee jaar in die lente ‘n tee vir afgetrede leraars en die weduwees van afgetrede leraars.  Predikante wat in ander sinodes in die bediening gestaan het (of die weduwees van diesulkes), maar in die Wes-en-Suid-Kaap kom aftree het, is ook welkom om die geleentheid by te woon.  Woens 5 Nov om 10:00 by die NG Kerk Strand-Noord.  RSVP asb direk aan Salomi Steenkamp by 021 957 7202 of skriba@kaapkerk.co.za

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa, en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voo kant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!!  Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk  082 774 9039 / 021 864 3175.

BASAAR

Die vlg word benodig by die onderskeie tafels en kan by die kerkkantoor afgegee word:

MANNETAFEL.  Goeie bruikbare artikels wat u nie meer wil gebruik nie.  U kan dit ook afgee by Nico van Zyl Dorisrylaan 49 / 084 619 5507.

  • MARKTAFEL.  Emmelina Gerber vra leë 500 ml gaskoeldrankbotteljies en Hetta Cloete benodig houthangers van enige grootte.
  • KAFEE.  Gebruikte plat “foamalite” bakkies (die waarin vleis verpak word).  Persone wat kan help pannekoeke bak vir ongeveer een uur op die dag van die basaar, skakel asb vir Ronel van Heerden 082 322 3689.
  • TAFEL VIR DIABETE.  Magriet Gerber wil graag ‘n tafel vir diabete begin.  As daar mense is wat kan en bereid is om te help, kontak haar asb by 021 873 3668 / 082 569 3006.

HAM SKOENDOOSPROJEK

Indien u wil deelneem aan die projek, kontak Elsabe Sauerman by 021 873 3834 of stuur ‘n e-pos aan elsabe@andrewmurray.org.za   Sy sal dan vir u name en ouderdomme van kinders deurgee, asook `n lys van behoeftes.

ACVV FYNGOUD DIENSSENTRUM VIER  HUL 30STE BESTAANSJAAR

Met ‘n fees DV 16-19 Okt.  Die verringtinge sal soos volg verloop:  Don 16 Okt – konsert om 19:00 in ons kerksaal.  Die kaartjies vir hierdie konsert is uitverkoop.  maar indien daar mense is wat die kleedrepetisie wil bywoon op Dinsdagaand om 19:00 ook in ons kerksaal, kan dit teen ‘n baie lae tarief doen, nl R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Die kaartjies is dan by die deure te koop.  Vry 17 Okt 08:00 – opedag by die Dienssentrum – uitstalling van kuns, naaldwerk, ens gratis.  ‘n Teetuin @ R25,00 pp.  Sater 18 Okt 08:00 – kermis by Silwerkruin Ouetehuis – baie eetgoed en speletjies vir die almal van 1 tot 90 (bring gerus die kinders en kleinkinders, dit gaan groot pret wees). Daar is ook ‘n teetuin en orkesmusiek. Toegang is gratis!!!!  Kaartjies vir eetgoed sal by die hek te koop wees.  Sondag 19 Okt 10:00 – afsluiting van ons feesnaweek met ‘n kerkdiens by Silwerkruin.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 69: Hoe word jy in die heilige doop daarop gewys en daarvan verseker dat die enige offer van Christus aan die kruis jou ten goede kom?

Antwoord: So: Christus het die uitwendige waterbad ingestel (a). Daarby het Hy beloof (b) dat ek net so seker met sy bloed en Gees van die onreinheid van my siel, dit is, van al my sondes, gewas is (c) as wat ek uitwendig met die water gewas is, wat die vuilheid van die liggaam wegneem.

(a) Matt 28:19. (b) Matt 28:19;  Mark 16:16;  Hand 2:38;  Joh 1:33;  Matt 3:11;  Rom 6:3, 4. (c) 1 Pet 3:21;  Mark 1:4;  Luk 3:3.

In die Nuus