Deur : Skriba  /  November 3rd, 2014

Verkose kerkraadslede 2014 – 2015

Ouderlinge

Wyk 19 –  Pieter la Grange

Dukes   – Margaux Reitsma

Onder Berg-en-Dal –  Olivia Keyser

 

Diaken

Onder Berg-en-Dal –  Daniel Matthee

 

Dienswerker

Wyk 31  –  Rita Watson

Leierouderling: Danie Theart

Onderleierouderling:   Hannes Cooper

Leierdiaken:                Chris Olivier

Onderleierdiaken:       Johan Labuschagne

Voorsitters van bediening 2014 – 2015

Gemeentebediening  –  Lennox Ochse

Eiendomme  –  Johan Labuschagne

Getuienisbediening –  Dr Ryk van Velden

Jeugbediening  –  Adell Erasmus

Diensteverhoudinge  –  Nical Sauerman

Finansies  –  Christo Botha

Barmhartigheidsbediening –  Suzanne Fabricius

Aktuelesakebediening  –  Gert Boerssen

WILDSVLEIS

Die volgende wildsvleis (koedoe) is beskikbaar:  Braaiwors @ R60/kg; maalvleis @ R50/kg; patti’s @ R30/pakkie van 4; sirloin @ R100/kg; salami’s R100 elk; bene @ R5/kg.  Bestellings kan by Danie Theart 084 517 2610 / 021 873 1275 geplaas word en kan daagliks tussen 11:00 – 12:00 en 15:00 – 16:00 afgehaal word by Die Sentrum.  Vir afhaal na ure kan u ook met Danie reël.

VERLORE RASPER

Een van ons gemeentelede is op soek na haar rasper wat sy tydens die gemeente ete in die kerkkombuis gebruik het. Indien u per abuis verkeerde rasper huis toe geneem het, kan u dit na die kerkkantoor bring.  Dit sal baie waardeer word.

VROUEDIENS AFSLUITING

Die Vrouediens sluit af op Dinsdag 11 November om 19:00 in die kerksaal.  Almal is baie welkom.  Hou hierdie spasie Sondag 9 November dop vir meer inligting.

SNR BURGER KERSFUNKSIE

Let asb daarop dat hierdie funksie se datum verander v/a 20 na 26 Nov om 19:00.

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2015 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 24 November.  Onthou asb dat die Lig tydskrifte goedkoper raak hoe meer ons bestel.

LUKHANYO BRUGBOUPROGRAM

Hierdie program, bestaande uit ‘n marimba-orkes, sangers en rappers, vorder uitstekend in hulle brugbou-aksies.  Vir die volgende 5 Sondae het hulle reeds afsprake in die Wes-Kaap by verskillende gemeentes.  Ons beplan weer ‘n werkswinkel op Saterdag 8 Nov om die Kersprogram aanmekaar te sit waarmee ons op 9 Nov in Parkegemeente in Kraaifontein afskop.  Die groep, bestaande uit 15 lede, benodig ‘n middag- en aandete vir 9 Nov.  Ek sal so dankbaar wees as 3 persone uit die gemeente vir ons kan help met ‘n lasagne vir 5 mense.  As iemand vir ons broodrolle en weense worsies of vrugte kan skenk, sal dit ons baie help met ons twee etes volgende Saterdag.  ‘n Groot dankie ook aan ons gemeente wat as ondersteuningsbasis van ons Brugbou-aksie in Lukhanyo dien.  Skakel Mariette van Velden 079 881 6861 indien jy op enige manier kan help.

FOTOS

Enigeen wat fotos het van enige gebeurtenis van die kerk, stuur of neem dit asb vir Obie Prins aangesien sy ‘n databasis van fotos vir die kerk byhou.  Haar kontaknrs is 021 864 3253 / 082 566 7867 / obieprins@telkomsa.net  Bring asb ook u fotos van gemeentebedrywighede op ‘n stokkie vir Elize by die kerkkantoor sodat sy dit op ons webwerb kan plaas.

DATAPROJEKTOR

Die dataprojektor benodig 2 persone wat kan help om die rekenaar Sondag- oggende- en aande te beman. Jy sal elke 6de Sondag aan diens wees.  Indien iemand reid is om te help, kontak Andre Visser @ andrev@fabrinox.com

SUNFIELD KERSFUNKSIE

Let asb daarop dat die funksie verskuif v/a 6 na 13 Nov om 19:00.

GRAAD 8 – 12 TIENERKAMP 5 – 8 DES TE POTBERG

Ons gaan lekker kamp en ontspan na die eksamen naby De Hoop Natuurreservaat.   Hou ook hierdie spasie Son 9 Nov dop vir meer inligting.

KERSKAARTJIES VIR DIE GEVANGENES

Baie dankie vir almal wat reeds Kerskaartjies gemaak het.  Ons waardeer elke kaartjie regtig met opregtheid.  Ons het egter nog heelwat nodig – so as dit vir u enigsins moontlik is om nog ‘n paar te maak, sal ons baie dankbaar wees.   Ons  sal weer met die Vrouediens afsluiting kaartjies kan maak – dit was verlede jaar baie gesellig en lekker om so saam te werk.  Merk dus asb.  nou al die datum, 11 NOVEMBER 2014  dat jy nie die aand misloop nie.  Navrae: Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039 of die kerkkantoor.

NOODKAS

Ons verskaf tans maandeliks aan ± 10 gesinne kospakkies.  Ons noodkas is nou feitlik leeg en ENIGE bydrae is welkom en sal baie waardeer word.

DANKOFFERS

Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papierbesparend.  Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar.  Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

GELOOFSBELOFTEVORMS

Ons herinner u aan u Geloofsbeloftevorm om sendelinge finansieel te ondersteun. U kan dit in die kollektebordjies tydens eredienste plaas of by die kerkkantoor ingee.

VRYDAGNUUS

Die kerk se doen en late én rol in die samelewing word steeds druk bespreek en bly onder die vergrootglas.  Een manier om seker te maak dat lidmate (en die publiek wat belang- stel in kerksake) ingelig is oor die jongste gebeure, besluite en nuus vanuit die NG Kerkfamilie, is om hulle die geleentheid te gee om die nuus en inligting eerstehands te ontvang. Enigeen is dus welkom om in te teken op die sinode se elektroniese nuusbrief, VrydagNuusVrydagNuus verskyn weekliks gedurende Wes-Kaapse skoolkwartale en word dan ook op die Wes-en-Suid-Kaapse webblad (www.kaapkerk.co.za) geplaas. Ons nuusbrief versprei nuus en inligting van sinodale, rings- of gemeentelike verband.

NGK STELLENBOSCH MOEDERKERK / KRUISKERK EERSTEJAARSKAMP 2015

Word aan

gebied v/a 18 – 22 Jan 2015 te Bergkroon, Wellington.  Koste beloop R550-00 (etes, verblyf en vervoer ingesluit) en registrasie vind plaas op 18 Jan 2015 by die Kruiskerk, Stellenbosch.  Vir meer inligting sien www.kruiskerk.com of kontak Dawfre Theron by 021 883 3458 / 072 969 5915 / kamp@kruiskerk.com

HAM SKOENDOOSPROJEK

Indien u wil deelneem aan die projek, kontak Elsabe Sauerman by 021 873 3834 of stuur ‘n e-pos aan elsabe@andrewmurray.org.za   Sy sal dan vir u name en ouderdomme van kinders deurgee, asook `n lys van behoeftes.

MOSLEMBEDIENING

Ons nooi al ons gebedsvennote en medewerkers in die Moslembediening en hulle gesinne na ons ‘Celebration ete’ op Sondag 23 November by Drakenstein Gemeente.  Bespreek asb jou en jou familie se plekke by Lona Liebenberg by 082-3820526 teen 17 Nov.   Kom vier saam met ons die vreugde van die goedheid van die Heer.

 HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 71: Waar het Christus ons belowe dat Hy ons net so seker met sy bloed en Gees wil was as wat ons met die doopwater gewas word?

Antwoord: Met die instelling van die doop wat soos volg lui: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees…” (Matt 28:19); en: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word” (Mark 16:16). Hierdie belofte word ook herhaal waar die Skrif die doop die bad van die wedergeboorte en die afwassing van die sondes noem (Tit 3:5;  Hand 22:16).

In die Nuus