Deur : Skriba  /  November 9th, 2014

Verkose kerkraadslede 2014 – 2015

Ouderlinge                                                                  

Wyk 19                           –  Pieter la Grange                                                 

Dukes                            –  Margaux Reitsma                                         

Onder Berg-en-Dal      –  Olivia Keyser                            

Leierouderling:             Danie Theart

Onderleierouderling:  Hannes Cooper

 Diakens                      

Onder Berg-en-Dal        –  Daniel Matthee     

Leierdiaken:                –  Chris Olivier

Onderleierdiaken:    –  Johan Labuschagne

Dienswerker 

Wyk 31                            – Rita Watson      

    

Voorsitters van bedieninge 2014 – 2015

Gemeentebediening          –  Lennox Ochse           

Eiendomme                          –  Johan Labuschagne

Getuienisbediening          –  Dr Ryk van Velden   

Jeugbediening                     –  Adell Erasmus

Diensteverhoudinge         –  Nical Sauerman         

Finansies                                –  Christo Botha

Barmhartigheidsbediening –  Suzanne Fabricius   

Aktuelesakebediening –  Gert Boerssen

 

DS JAN LANGVERLOF: 

Ds Jan neem langverlof v/a 10 November – 26 Desember 2014.  Ons wens hom ‘n aangename rustyd toe.

 

KATEGESE UITSTAPPIE/AFSLUITING VIR GR 4 – 10: 

Sondag 30 Nov by Tweede Tol.  Ons verskaf hotdogs en sap.  Bring swemklere, handdoeke en snoepgoed.  Die kostes is R20-00 per kind en ons vertrek almal saam om 08:30 v/a die kerk.  Navrae aan Adell Erasmus 082 925 7190.

 

GRAAD 8 – 12 TIENERKAMP NA DIE EKSAMEN!! 

Ons gaan lekker kamp by De Hoop Natuurreservaat (Potberg) v/a 5 – 8 Des.   Ons vertrek Vrydag 10:00 en sal DV Maandag ± 13:00 terug wees.  Koste is R360-00 pp wat etes en verblyf insluit.  Neem asb ‘n geldjie en/of “padkos” saam vir die pad soontoe en terug.  Inskrywingsvorms beskikbaar by ds NJ, oom Charl en die kerkkantoor.  Inskrywings moet asb voor of op Woensdag 26 Nov by die kerkkantoor wees.

 

WILDSVLEIS: 

Die vl wildsvleis (koedoe) is beskikbaar:  Braaiwors R60/kg; maalvleis  R50/kg; patti’s R30/pakkie van 4; sirloin R100/kg; salami’s R120 elk en skenkels R40-00/kg.  Bestellings kan by Danie Theart 084 517 2610 / 021 873 1275 geplaas word en kan daagliks tussen 11:00 – 12:00 en 15:00 – 16:00 afgehaal word by Die Sentrum.  Vir afhaal na ure kan u ook met Danie reël.

 

GEMEENTEFEES 2014: 

Ons het tot dusver die mooi bedrag van R285 000-00 ge-ïn.  Baie dankie aan almal wat gehelp en ondersteun het.  Ons versoek u vriendelik om enige u/s bedrae (basaarlyste & etekaartjies) so gou as moontlik in te betaal.

 

NUUS VAN MIRIAM  NOV 2014: 

Mirriam is veilig terug in Spanje na die ‘Intensive counseling and Membercare seminar” in Turkye. Dit was vir haar ‘n besonderse leersame ondervinding.  Sy gaan nou voort om te help met die FIS kursus (Foundations for Intercultural Studies).  Oor 2 weke moet sy klasgee oor die lyding, risiko’s, en veiligheid op die sendingvelde.  Die doel is nie net om studente beter voor te berei vir verskillende (uitdagende) situasies nie, maar ook om hulle te fokus op Jesus as die Een wat  hulle en ons veilige plek is.  Sy sal julle gebede hiervoor baie waardeer vir die week (18-21 November). Haar grootste behoefte is om ‘n Afrikaanse vertaler te vind vir die Jaar van Gebed vir ‘haar Noord-Afrika land”.  Bid asb saam hiervoor en ook vir voorbidders en kerke om geroep te word tot gebed sodat die land aangeraak en verander kan word deur Jesus.  Die situasie in die land raak al hoe slegter.  Ons gebede kan hul toekoms verander.

 

NOODKAS: 

Baie dankie vir al die bydraes wat ons ontvang het!  Die situasie met ons noodkas lyk nou soos volg:  ons het voldoende rys en pasta, maar ons benodig nog spesifiek margarien, konfyt, grondboontjiebotter, blikkies vleis (bully beef), vis en groente, kookolie, 2 Min Noodles (is lekker goedkoop en vullend vir die kinders), boksies langlewe melk en Oats pap.

 

VERLORE RASPER: 

Een van ons gemeentelede is op soek na haar rasper wat sy tydens die gemeente ete in die kerkkombuis gebruik het. Indien u per abuis verkeerde rasper huis toe geneem het, kan u dit na die kerkkantoor bring.  Dit sal baie waardeer word.

 

SNR BURGER KERSFUNKSIE:

Let asb daarop dat die datum verander v/a 20 na 26/11 om 19:00.

 

LIG & KERKBODE: 

Indien u sou belangstel om vir 2015 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 24 November.  Onthou asb dat die Lig tydskrifte goedkoper raak hoe meer ons bestel.

 

FOTOS: 

Enigeen wat fotos het van enige gebeurtenis van die kerk, stuur of neem dit asb vir Obie Prins aangesien sy ‘n databasis van fotos vir die kerk byhou.  Haar kontaknrs is 021 864 3253 / 082 566 7867 / obieprins@telkomsa.net  Bring asb ook u fotos van gemeentebedrywighede op ‘n stokkie vir Elize by die kerkkantoor sodat sy dit op ons webwerb kan plaas.

 

DATAPROJEKTOR: 

Die dataprojektor benodig 2 persone wat kan help om die rekenaar Sondag- oggende- en aande te beman. Jy sal elke 6de Sondag aan diens wees.  Indien iemand bereid is om te help, kontak Andre Visser  021 877 5000 / 082 775 1062 / andrev@fabrinox.com

 

SUNFIELD KERSFUNKSIE: 

Let asb daarop dat die funksie verskuif v/a 6 na 13 Nov om 19:00.

 

KERSKAARTJIES VIR DIE GEVANGENES: 

Baie dankie vir almal wat reeds Kerskaartjies gemaak het.  Ons waardeer elke kaartjie regtig met opregtheid.  Ons het egter nog heelwat nodig – so as dit vir u enigsins moontlik is om nog ‘n paar te maak, sal ons baie dankbaar wees.   Ons  sal weer met die Vrouediens se afsluiting kaartjies kan maak – dit was verlede jaar baie gesellig en lekker om so saam te werk.  Merk dus asb  nou die datum, 11 NOVEMBER 2014  dat jy nie die aand misloop nie.  Navrae Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039 of die kerkkantoor.

 

DANKOFFERS: 

Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papierbesparend.  Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar.  Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

 

GELOOFSBELOFTEVORMS:

Ons herinner u aan u Geloofsbeloftevorm om sendelinge finansieel te ondersteun. U kan dit in die kollektebordjies tydens eredienste plaas of by die kerkkantoor ingee.

 

VRYDAGNUUS: 

Die kerk se doen en late én rol in die samelewing word steeds druk bespreek en bly onder die vergrootglas.  Een manier om seker te maak dat lidmate (en die publiek wat belang- stel in kerksake) ingelig is oor die jongste gebeure, besluite en nuus vanuit die NG Kerkfamilie, is om hulle die geleentheid te gee om die nuus en inligting eerstehands te ontvang. Enigeen is dus welkom om in te teken op die sinode se elektroniese nuusbrief, VrydagNuusVrydagNuus verskyn weekliks gedurende Wes-Kaapse skoolkwartale en word dan ook op die Wes-en-Suid-Kaapse webblad (www.kaapkerk.co.za) geplaas. Ons nuusbrief versprei nuus en inligting van sinodale, rings- of gemeentelike verband.

 

NGK STELLENBOSCH MOEDERKERK / KRUISKERK EERSTEJAARSKAMP 2015: 

Word aan-gebied v/a 18 – 22 Jan 2015 te Bergkroon, Wellington.  Koste beloop R550-00 (etes, verblyf en vervoer ingesluit) en registrasie vind plaas op 18 Jan 2015 by die Kruiskerk, Stellenbosch.  Vir meer inligting sien www.kruiskerk.com of kontak Dawfre Theron by 021 883 3458 / 072 969 5915 / kamp@kruiskerk.com

 

HAM SKOENDOOSPROJEK: 

Indien u wil deelneem aan die projek, kontak Elsabe Sauerman by 021 873 3834 of stuur ‘n e-pos aan elsabe@andrewmurray.org.za   Sy sal dan vir u name en ouderdomme van kinders deurgee, asook `n lys van behoeftes.

MOSLEMBEDIENING: 

Ons nooi al ons gebedsvennote en medewerkers in die Moslembedien- ing en hulle gesinne na ons ‘Celebration ete’ op Sondag 23 November by Drakenstein Gemeente.  Be- spreek asb jou en jou familie se plekke by Lona Liebenberg by 082-3820526 teen 17 Nov.   Kom vier saam met ons die vreugde van die goedheid van die Heer.

In die Nuus