Deur : Skriba  /  November 16th, 2014

DS JAN LANGVERLOF

Ds Jan neem langverlof tot 26 Desember 2014.  Ons wens hom ‘n aangename rustyd toe.

 

KATEGESE UITSTAPPIE/AFSLUITING VIR GR 4 – 10

Sondag 30 Nov by Tweede Tol.  Ons verskaf hotdogs en sap.  Bring swemklere, handdoeke en snoepgoed.  Die kostes is R20-00 per kind en ons vertrek almal saam om 08:30 v/a die kerk.  Navrae aan Adell Erasmus 082 925 7190.

 

GRAAD 8 – 12 TIENERKAMP NA DIE EKSAMEN!!

Ons gaan lekker kamp by De Hoop Natuurreservaat (Potberg) v/a 5 – 8 Des.   Ons vertrek Vrydag 10:00 en sal DV Maandag ± 13:00 terug wees.  Koste is R360-00 pp wat etes en verblyf insluit.  Neem asb ‘n geldjie en/of “padkos” saam vir die pad soontoe en terug.  Inskrywingsvorms beskikbaar by ds NJ, oom Charl en die kerkkantoor.  Inskrywings moet asb voor of op Woensdag 26 Nov by die kerkkantoor wees.

 

WILDSVLEIS

Die vlg wildsvleis (koedoe) is beskikbaar:  Braaiwors R60/kg; maalvleis  R50/kg; patti’s R30/pakkie van 4; sirloin R100/kg; salami’s R120 elk en skenkels R40-00/kg.  Bestellings kan by Danie Theart 084 517 2610 / 021 873 1275 geplaas word en kan daagliks tussen 11:00 – 12:00 en 15:00 – 16:00 afgehaal word by Die Sentrum.  Vir afhaal na ure kan u ook met Danie reël.

 

SOPKOMBUIS

Hulle benodig baie dringend kontant donasies en/of pakkies sopmengsels om hulle in staat te stel om sop te kan maak tot die einde van die jaar.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

NOODKAS

Baie dankie vir al die bydraes wat ons ontvang het!  Die situasie met ons noodkas lyk nou soos volg:  ons het voldoende rys en pasta, maar ons benodig nog spesifiek margarien, konfyt, grondboontjiebotter, blikkies vleis (bully beef), vis en groente, kookolie, 2 Min Noodles (is lekker goedkoop en vullend vir die kinders), boksies langlewe melk en Oats pap.

 

OP SOEK NA WERK

Een van ons gemeentelede, ‘n gestremde vrou (sy het ‘n kunsbeen) is dringend op soek na werk (admin en/of ontvangs).  Indien u haar in diens kan neem, skakel haar asb by 072 186 0560.

 

VERLORE GOEDERE

Een van ons gemeentelede is op soek na haar rasper wat sy tydens die gemeente ete in die kerkkombuis gebruik het. Indien u per abuis verkeerde rasper huis toe geneem het, kan u dit na die kerkkantoor bring.  Nog ‘n gemeentelid soek haar swart skêr wat sy verloor het met die maak van die Kerskaarte op die Vrouediensafsluiting.  U kan dit ook na die kerkkantoor bring indien u dit per abuis geneem het.  Dit sal baie waardeer word.

 

SNR BURGER KERSFUNKSIE

Let asb daarop dat die datum verander v/a 20 na 26/11 om 19:00.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2015 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 24 November.  Onthou asb dat die Lig tydskrifte goedkoper raak hoe meer ons bestel.

 

KERSKAARTJIES VIR DIE GEVANGENES

Baie, baie  dankie aan elkeen wat vanjaar op u eie unieke manier Kerskaartjies vir die Gevangenes gemaak het of koeverte en seëls geskenk het.    Ons waardeer regtig u samewerking en bereidwilligheid om vir iemand wat in ‘n baie onbenydenswaardige posisie is, iets te beteken sodat hulle op  hul beurt met hul geliefdes kan kontak maak oor die Kerstyd.  Baie dankie aan die Vrouediens wat 480 kaartjies gemaak het, die Kategese kinders wat 270  gemaak het en die gemeente wat 240 kaartjies gemaak het, ‘n totaal van 990 kaartjies!!!!!  Ons kan nog kaartjies of donasies vir seëls ontvang tot 23 November 2014 sodat ons dit voor die einde van die maand aan die verskillende Gevangenisse kan oorhandig.

 

DANKOFFERS

Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papierbesparend.  Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar.  Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

 

GELOOFSBELOFTEVORMS

Ons herinner u aan u Geloofsbeloftevorm om sendelinge finansieel te ondersteun. U kan dit in die kollektebordjies tydens eredienste plaas of by die kerkkantoor ingee.

 

HAM SKOENDOOSPROJEK

Indien u wil deelneem aan die projek, kontak Elsabe Sauerman by 021 873 3834 of stuur ‘n e-pos aan elsabe@andrewmurray.org.za   Sy sal dan vir u name en ouderdomme van kinders deurgee, asook `n lys van behoeftes.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Woens 19 Nov om 19:15 in Moedergemeente se kerksaal.  Die spreker is Alta Cloete, ‘n bekende wat o.a. die boek “Beveg depressie en leef voluit” geskryf.  Die boek sal te koop wees @ R70-00.  Kom luister gerus na die gesprek en bring sommer ‘n vraag saam sodat jy met kennis gewapen kan wees om die swart hond ‘n harde hou op die neus te gee.  ‘n Donasie is altyd welkom. Vir verdere inligting kontak Petro 021 873 4688 / 072 709 8000.

 

NGK STELLENBOSCH MOEDERKERK / KRUISKERK EERSTEJAARSKAMP 2015

Word aan-gebied v/a 18 – 22 Jan 2015 te Bergkroon, Wellington.  Koste beloop R550-00 (etes, verblyf en vervoer ingesluit) en registrasie vind plaas op 18 Jan 2015 by die Kruiskerk, Stellenbosch.  Vir meer inligting sien www.kruiskerk.com of kontak Dawfre Theron by 021 883 3458 / 072 969 5915 / kamp@kruiskerk.com

 

MOSLEMBEDIENING

Ons nooi al ons gebedsvennote en medewerkers in die Moslembediening en hulle gesinne na ons “Celebration ete” op Son 23 Nov by Drakenstein Gemeente.  Bespreek asb jou en jou familie se plekke by Lona Liebenberg by 082 382 0526 @ 17 Nov Kom vier saam met ons die vreugde van die goedheid van die Heer.

 

G PROJEK NUUS VIR VOOR KERSFEES: 

  • Ons kry saam met raadslid, dr Thys Smith, ‘n  besoek van die Munisipaliteit Neumarkt in Bavaria, Duitsland op Don 27 Nov om te kyk hoe ons die haweloses kos en klere gee en geestelik bearbei en die projek uitvoer. Wie weet, miskien is daar ‘n Euro of twee beskikbaar vir die projek.
  • Moederkerk se kerkraad het gisteraand goedkeuring verleen vir die ontwikkeling van ‘n boorgat op die kerkterrein wat gratis water vir die G- tuin sal kan lewer. Strome van seëninge van onder!
  • Cliffard Asia en sy span het gister begin om self die kos voor te berei by punt van diens (agter NG Moederkerk) nadat die logistiek van kos vanuit Paarl ons gekortwiek het. Ons kan dus nou kosskenkings direk ontvang soos bv pasta, blikkies vis, visolie en enigiets waarmee ons sop en bredies en pastas kan maak. Ons het ‘n yskas.  U kan dit enige weeksdag om 12:00 by die dienspunt kom aflewer.  DIT SAL KOOK as u enige bydraes kan maak!  Ons bring binnekort ‘n G Voucher resepteboek uit wat beskikbaar sal wees by Writeshoppe.(hul hou ook G Vouchers aan).  Groete en weereens dankie vir u ondersteuning.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 73: Waarom noem die Heilige Gees die doop dan die bad van die wedergeboorte en die afwassing van die sondes?

Antwoord: God sê dit nie sonder gewigtige rede nie. Hy wil ons naamlik daarmee leer dat die bloed en Gees van Christus ons sondes so wegneem soos die water die vuilheid van die liggaam wegneem. Verder wil Hy ons veral deur hierdie Goddelike waarborg en teken verseker dat ons net so werklik geestelik van ons sondes gewas is as wat ons liggaam uitwendig met water gewas word.

In die Nuus